Leierskap vir Verandering Program

Beskrywing: Tuisblad Foto Sleutelwoorde: Leierskap vir Verandering Program

Agtergrond

Die UV – soos instellings wêreldwyd – staar uitdagings van sosiale integrasie, vooroordeel en uitsluiting in die gesig. As oplossing vir hierdie probleem, het die UV nuwe strategieë vir eenwording ontwikkel. Een van hierdie strategieë is die Leierskap vir Verandering-program, wat gedurende 2010 geloods is.

Die Leierskap vir Verandering-program bied aan eerstejaarstudente internasionale blootstelling by topuniversiteite regoor die wêreld. Die doel is om ‘n nuwe kampuskultuur aan te moedig wat studenteverhoudinge oor grense heen tot stand sal bring.

Die program is een van die pronkstuk-intervensies van die Universiteit van die Vrystaat en is die hoeksteen van verskeie verbintenisse tot studenteontwikkeling. Dit is ‘n kortstondige buitelandse studie/internasionale program wat beskikbaar is aan studente van alle etniese groeperings, wat hulle in staat stel om persoonlik modelle van integrasie oor kultuur-, kleur- en taalgrense te ervaar. Hierdie leierskapontwikkelingsprogram is ingestel op eerstejaars met die oog daarop om nuwe vlakke van denke en betrokkenheid by studente van uiteenlopende agtergronde te vestig.


Deel die bladsy
Print
essence_afr
© 2000 - UV, Bloemfontein Terme en Voorwaardes Privaatheidsbeleid Toegang tot Inligting Ontwikkel deur IKT-dienste