Privaatheidsbeleid

Dankie dat jy die webwerf van die Universiteit van die Vrystaat (UV) besoek. Die privaatheid van individue wat ons webwerf besoek, is vir ons van die allergrootste belang. Lees gerus hierdie hele Privaatheidsverklaring voordat jy hierdie webwerf gebruik of enige inligting via hierdie webtuiste indien. Let wel: wanneer jy ook al inligting via hierdie webwerf indien, stem jy in tot die insameling, gebruik en bekendmaking van inligting in ooreenstemming met hierdie Privaatheidsverklaring. Hierdie Privaatheidsverklaring is van toepassing op al die amptelike webwerwe van die UV.

Insameling van persoonlike inligting

As jy slegs die webwerf deurblaai of die soekfunksie gebruik, lê ons nie enige data vas wat jou kan identifiseer of enige persoonlike inligting kan blootlê nie. Die enigste persoonlike inligting wat verkry word, is persoonlike inligting wat vrywillig deur jou voorsien word wanneer jy die webwerf besoek. Let wel dat jy slegs persoonlike inligting sal voorsien wanneer daar van jou verwag word om 'n boodskap vanaf die webwerf te stuur, 'n vorm of vraelys in te vul of vrae te beantwoord, en in welke gevalle sal dit gevolg word deur 'n vrywaring wat stipuleer dat, deur die indien van sulke inligting, jy instem tot die gebruik van sulke inligting deur die UV in ooreenstemming met die voorsienings van hierdie Privaatheidsverklaring. As jy besluit om persoonlike inligting op enige ander manier aan die UV bekend te maak, onderneem die UV om slegs sulke inligting te gebruik om te reageer op 'n vraag of ander versoeke om inligting of vir ander doelwitte wat jy goedgekeur het, tensy jou toestemming verkry is of andersins deur die wet vereis word.

Insameling van tegniese inligting

Tegniese inligting verwys na inligting wat nie vanself 'n spesifieke individu kan identifiseer nie. Terwyl jy op ons webwerf rondsnuffel, sal sekere tegniese inligting dalk passief deur die webbediener van die UV ingesamel word met behulp van 'koekies' en/of 'bedienerjoernale'.

Koekies:

'n Koekie is 'n lêer wat op jou hardeskyf gestoor word en sekere inligting bevat oor die voorkeure wat jy gedurende vorige besoeke aan die webwerf gestel het. Koekies help ons om jou aanlyn-ondervinding te verpersoonlik. Die meeste weblesers aanvaar koekies outomaties, maar jy kan koekies weier, of selektief sekere koekies aanvaar, deur die voorkeure in jou webleser se instellings aan te pas. Gebruik van 'n koekie is geensins gekoppel aan enige persoonlike inligting terwyl jy op hierdie webwerf rondsnuffel nie.

Bedienerjoernale:

Die UV sal dalk bedienerjoernale gebruik om inligting in te samel aangaande jou Internetkonneksie en algemene inligting in verband met jou besoek aan hierdie webwerf. Hierdie inligting kan gebruik word om tendense te ontleed; om opsommingstatistiek te skep met die doel om tegniese ontwerp-spesifikasies vas te stel; en om stelsel-werkverrigting of probleemgebiede te bepaal.

Bekendmaking van inligting

Alle persoonlike inligting wat jy indien of voorsien, sal vertroulik behandel word en die UV sal jou persoonlike inligting nie aan ander verkoop, verhuur, of bekend maak nie. Die UV sal slegs jou persoonlike inligting bekend maak nadat jou toestemming verkry is of as dit deur die wet vereis word.

Sekuriteit

Om jou persoonlike data te beveilig, word alle elektroniese berging en oordrag van persoonlike inligting met gepaste sekuriteitstegnologieë en -beleide beveilig. Verder sal die UV alle redelike strewes gebruik om die integriteit, sekuriteit en vertroulikheid te verseker van alle persoonlike inligting wat deur jou ingedien word of van jou af verkry word, onderhewig aan die voorsiening dat geen data-oordrag oor die Internet 100% veilig kan wees nie, en die UV kan nie die sekuriteit van enige inligting wat jy van of na hierdie webwerf stuur waarborg nie, en jy doen dit op eie risiko. Die UV sal nie onder enige omstandighede aanspreeklik gehou word as sulke inligting in gevaar gestel word, versprei word of andersins bekend gemaak word deur gedrag wat buite die UV se beheer is, soos kuberkrakery, infeksie deur virusse, Trojaanse Perde of enige ander rekenaar-programmeringsroetines of programmatuur wat bedoel is om enige stelsel, data of inligting skade aan te rig, skadelik daarmee in te meng, dit ongesiens te onderskep of te onteien.

Skakels

Hierdie webwerf bevat skakels na ander ander webwerwe wat deur derde partye bedryf en in stand gehou word. Die UV is nie verantwoordelik vir die privaatheidsgebruike of inhoud van sulke webwerwe nie. Hierdie skakels word gerieflikheidshalwe voorsien en impliseer nie goedkeuring of enige aanvaarding van hulle inhoud deur die UV nie. Lees altyd die privaatheidsbeleid van 'n gekoppelde webwerf voordat jy die gekoppelde webwerf gebruik of enige persoonlike inligting op so 'n webwerf bekend maak.

Veranderinge aan beleid

Die UV behou die reg voor om hierdie beleid van tyd tot tyd te verander, te wysig of by te werk. Die UV sal hierdie Privaatheidsverklaring aanhoudend bywerk om te verseker dat jy bewus is van ontwikkelings op hierdie gebied. Ons sal daardie veranderinge hier opsit sodat jy altyd weet watter inligting ons aanlyn insamel, hoe ons dit gebruik en watter keuses jy in hierdie verband het.

Kontak ons

Die UV wil graag jou kommentare en vrae in verband met hierdie Privaatheidsverklaring, die gebruike van hierdie webwerf of jou interaksie met hierdie webwerf hoor. Jy kan die UV-webmeester kontak by webmaster@ufs.ac.za

Deel die bladsy
Print
essence_afr
© 2000 - UV, Bloemfontein Terme en Voorwaardes Privaatheidsbeleid Toegang tot Inligting Ontwikkel deur IKT-dienste