Afrikaans Nederlands Pull-up 02

Het jy geweet dat Afrikaans:

Met sowat 7 miljoen huistaalsprekers, die derde mees gebruikte moedertaal in Suid-Afrika is. Deur 10,3 miljoen leerders in Suid-Afrikaanse skole as tweede taal gebruik word. Steeds deur ‘n groot aantal inwoners van Namibië verstaan en gebruik word.

Het jy geweet dat Nederlands:

Die moedertaal is van mense in Nederland en Vlaandere, wat kleiner as die Vrystaat is, maar een van die mees vooruitstrewende lande ter wêreld? Nederland is byvoorbeeld die tweede grootste voedseluitvoerder ter wêreld en sy mense is van die beste spaarders op die planeet!

German Pull-up AFR 

Het jy geweet dat Duits:

Die taal is wat die meeste in Europa gepraat word? Feitlik 24% van die Europese Unie se inwoners praat Duits as moedertaal en 31% kan dit praat en verstaan. Deur 40% van alle wetenskaplikes in die VSA vir studente aanbeveel word? In Japan leer 68% van alle Japannese studente om Duits te praat.

FRANS_banner_2017

Het jy geweet dat Frans:

Wêreldwyd deur 150 miljoen mense gepraat word en naas Engels die taal met die grootste verspreiding op aarde is? Deur 30 miljoen mense in Afrikalande as die taal van regeringsbestuur, handel en onderwys gebruik word, terwyl ’n verdere 40,6 miljoen Afrikane soms Frans gebruik?

Afdeling Afrikaans en Nederlands

Afrikaans vandag

Wat het skrywers soos Karel Schoeman, Antjie Krog, Alexander Strachan en Jaco Jacobs gemeen?

Hulle is almal oudstudente van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Afrikaans en Nederlands en daarom deel van ʼn trotse tradisie wat terugstrek tot 1919 toe die skrywer D.F. Malherbe die heel eerste professor in Afrikaans in die land geword het. Jy kan ook deel van hierdie tradisie word! As jy lief is vir taal- en letterkunde is Afrikaans en Nederlands die kursus vir jou.

Lees Meer

Afdeling Duits

Die aanleer van ’n nuwe taal is ’n opwindende en verrykende ervaring. Dit is ook ’n belegging vir die toekoms. ’n Goeie kennis van Duits kan jou ’n voorsprong gee in die wêreld van:

  • Internasionale en Konstitusionele Reg
  • Internasionale Handel en Ekonomie
  • Diplomatieke Dienste en Buitelandse Sake
  • Wetenskap en Tegnologie
  • Kommunikasie en Joernalistiek
  • Vertaling en Tolkwerk
  • Filosofie en Teologie
  • Musiek en Kuns
  • Toerisme en Reis

Lees Meer

Afdeling Frans

Die Afdeling Frans bestaan reeds onder verskillende name sedert 1912 (toe as deel van die departement Duits). Die Departement Frans is in 1959 amptelik ingestel. Alhoewel die meeste aandag steeds aan taal, kultuur en letterkunde bestee word, is daar ook ’n sterk besigheidskomponent.

Lees Meer


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block