Tuis Kontak Ons Web uitleg
Kategorie:
Sleutelwoord:
 Fakulteit Tuisblad
  Kontak ons
 Dekaan
  Toelating
  Finansiële Steun
  Sentrums
  Departemente
  Programme
  Bybelse Spiritualiteit
  Loopbaanmoontlikhede
  Navorsing
  E-grade
  Sola Gratia
  Intranet
 Jaarverslag 2009
  Verbind tot anti-rassisme 17 Augustus
  Stigtingsvergadering
 Jaarboek 2010
 Jaarboek 2009
 Afrika: UV
  Inwyding
 Post Reformation Digital Library
  International Congress on Calvin Research
  Inwyding: Jonathan Edwards Sentrum
  Teologiese dag 2010
  Konferensie: Geloof en die Publieke Universiteit
  Publikasie oor Spiritualiteit
  Acta Theologica
 Teologie@Kovsies
 Kredietdraende en Nie-kredietdraende
  Nuwe sertifikaat program
Druk
Bybelse Spiritualiteit

MAGISTERGRAAD IN BYBELSE SPIRITUALITEIT

 

NUWE INNAME: 2010-2011

 

Algemene inligting

Aansoeke word tans ingewag vir ’n groep van maksimum tien studente vir die Magistergraad in Bybelse Spiritualiteit.

 

Spiritualiteit is al dekades lank ’n navorsingsterrein binne die Teologie. Daar het egter onlangs ’n heeltemal nuwe navorsingsterrein in spiritualiteit oopgegaan toe die navorsingsfokus verruim is om ook aan Bybelse spiritualiteit aandag te gee. Bybelse spiritualiteit fokus spesifiek op die verhouding tussen die Bybel en spiritualiteit. As navorsingsterrein staan Bybelse spiritualiteit tans nog in die kinderskoene en daarom is daar opwindende navorsingsgeleenthede vir studente wat in dié rigting belangstel.

 

Die kursusleier is prof Pieter de Villiers. Hy is deur die Fakulteit Teologie aan die UV aangestel as Buitengewone Professor in Bybelse Spiritualiteit, met die spesifieke opdrag om navorsing oor Bybelse Spiritualiteit te doen en leiding aan nagraadse studente te gee. Hy werk ook saam met internasionale navorsingsinstansies oor spiritualiteit, byvoorbeeld die wêreldbekende Titus Brandsma Instituut in Nijmegen, Nederland. Proff Kees Waaijman en Jos Huls van laasgenoemde instansie tree ook as dosente van die kursus op. Hierbenewens is dosente van die Fakulteit, naamlik proff Rian Venter, Fanie Snyman, Francois Tolmie en Hermie van Zyl, ook betrokke.

 

Wat behels die kursus?

Die kursus bestaan uit vier modules wat op ’n deeltydse basis oor ’n periode van 2 jaar aangebied word. Module 1: Inleiding tot Spiritualiteit, en Spirituele Hermeneutiek. Module 2: Die Spiritualiteit van ’n spesifieke Bybelboek/Bybelkorpus. Module 3: ’n Kort navorsingskripsie oor enige aspek wat binne die studieterrein val. Module 4: Die Mistieke en Spirituele Resepsie van ’n Bybelboek/Bybelkorpus.

 

Waar word die kursus aangebied?

Die kursus word semi-residensieel in Bloemfontein aangebied, dit wil sê daar word van studente verwag om drie kontakgeleenthede, een vir elkeen van die drie teoretiese modules, in Bloemfontein by te woon. Elke geleentheid duur drie tot vyf dae. Hierbenewens word ’n mondelinge eksamen aan die einde van ’n betrokke semester ook in Bloemfontein afgeneem. Studente wat ver van Bloemfontein af woon, kan egter die eksamen skriftelik by ’n goedgekeurde sentrum naby hulle aflê. Module 3 (skripsie) word by wyse van selfstudie voltooi. Met die oog hierop sal studente die Universiteitsbiblioteek in Bloemfontein (of ’n ander een nader aan studente) moet besoek. Studieleiding word deurlopend aan die student verskaf.

 

Hoeveel kos die kursus?

Die klasgelde vir 2010 is nog nie gefinaliseer nie, maar die volgende kan as riglyn gebruik word: Registrasiegelde: Ongeveer R700, jaarliks betaalbaar. Klasgelde: Studente betaal elke jaar slegs vir die modules van daardie jaar. Die totaal oor twee jaar beloop ongeveer R13 000.

 

Studente is verder self verantwoordelik vir reiskoste na en verblyfkoste in Bloemfontein.

 

Die Fakulteit het beurse van ongeveer R3500 per jaar beskikbaar vir M-studente. Dit word gewoonlik in Februarie van die bepaalde akademiese jaar toegeken.

 

Toelatingsvereistes

Om toegelaat te word tot die kursus moet ’n student beskik oor ten minste vier jaar teologiese opleiding. Aangesien die klem op Bybelse spiritualiteit val, sal kennis van Grieks en Hebreeus ’n sterk aanbeveling wees.

 

Sluitingsdatum vir aansoeke

Aansoeke vir 2010 sluit op 15 November 2009. Stuur aansoeke aan: Prof H C van Zyl, Dept Nuwe Testament, UV, Posbus 339, BLOEMFONTEIN, 9300, of faks dit na 051 401 3508, of e-pos dit na vzylhc.stg@ufs.ac.za. Navrae kan ook aan prof Van Zyl gerig word by genoemde e-posadres, of by 051 401 3023 (w) of 083 697 5695 (sel). Aansoeke moet vergesel word van ’n kort motivering waarin die belangstelling vir die kursus uiteengesit word (twee tot drie paragrawe), ’n verkorte CV (maksimum twee bladsye) en ’n volledige studierekord. Let wel: bogenoemde aansoekprosedure is ’n interne keuringsproses van die Fakulteit. Suksesvolle kandidate sal in kennis gestel word van die formele aansoekprosedure by die Universiteit. Sluitingsdatum vir laasgenoemde is 30 November 2009.

 

 

Hoofnuus

Nuus

Nuusargief
Publikasies
Nuusbriewe
Kamera op Kampus
Darwin-potgooie

Kalender

Eksamenrooster
Kunstedagboek
MBA Gassprekers
Semesterdatums
Gradeplegtigheid
Kopiereg © 2010, Terme en voorwaardes , Privaatheidsbeleid . Ontwikkel deur IKT-dienste .0.27 sec