| Landbou-ekonomie
|
|

Prof. Johan Willemse
Departmental Chairperson
|
| Landbou-ekonomie – 'n Moderne loopbaan met internasionale geleenthede!! |
'n Kovsiegraad in hierdie departement kan jou sleutel wees tot 'n loopbaanin:
- Agribesigheid.
- Bemarking.
- In- en uitvoere.
- Bankwese.
- Versekering.
- Besproeiingsbestuur.
- Koöperasiebestuur.
- Boerderybestuur.
- Menslike Hulpbronbestuur.
- Navorsing en Ontwikkeling.
- Ons internasionaal erkende studierigtings berei ons studente voor vir beroepe waarvoor hulle professionele, kompeterende vergoeding kan ontvang.
- Ons studente is wêreldwyd ewe gesog in die landbou- sowel as sakeomgewing en is 'n gewilde keuse as dit by werksaanbiedinge kom.
- Uitruilooreenkomste bied opwindende geleenthede vir studente om by geselekteerde universiteite in die buiteland te gaan studeer.
- Ons het 'n ryke tradisie geskoei op uitnemendheid en gevestigde waardes.
- Ons is toeganklik, gerieflik sentraal geleë en ons onmiddellike omgewing is 'n spieëlbeeld van die grootste deel van die landbousektor in Suidelike Afrika.
- Die bruisende studentelewe en kampuskoshuise bied aan elkeen die geleentheid om hom- of haarself ten volle te kan uitleef in sport, kultuur, godsdiens, studentepret en ook opleidingsverwante uitstappies en projekte.
Kovsies behoort om hierdie redes jou nommer een keuse te wees!
- 'n Vierjaar- B.Sc.Agric.-graad in Landbou-ekonomie (landbou- en handelsvakke).
- 'n Driejaar- B.Com.--graad in Landbou-ekonomie (handelsvakke).
- 'n Driejaar- B.Agric.-graad in Landboubestuur.
- 'n Driejaar- B.Agric.-graad in Besproeiingsbestuur.
- 'n Tweejaar Diploma in Landboubestuur.
- Toelating tot universiteitstudie is 'n matrikulasievrystelling.
- Die verdere vereistes vir toelating tot die B.Sc.Agric.-graad is Graad 12 Wiskunde met ten minste 'n slaagsyfer van 40%.
- Vir toelating tot die B.Agric.-graad moet jy Graad 12 Wiskunde op standaardgraad of Wiskunde N4 slaag.
- Vir toelating tot die Dipl.Agric. moet jy minstens 'n Graad 12-sertifikaat of M-telling van minimum 28 verkry het.
Elkeen van hierdie grade kan opgevolg word met honneurs-, meesters- of doktorsgrade. Hierdie nagraadse kwalifikasies maak ons studente uiters mededingend in die internasionale mark. |
|
|
| Hoofnuus |
|
|
 |
|