| Pediatrie en Kindergesondheid
|
MISSIE
Die missie van die Department van Pediatrie en Gesondheidsorg is die bevordering van kindergesondheid, groei en ontwikkeling binne die bestek van die Akademiese Gesondheidskompleks deur:
Die bevordering van 'n volledige benadering tot pediatriese praktyke insluitende die voorkoming van siektes
Die lewer van uitstaande mediese dienste aan ons patiënte
Die opvoed en oplei van alle kategorieë gesondheidswerkers
Voorspraak vir die reg van kinders te maak
Relevante pediatriese navorsing te bevorder
Met die vyf-en-twintigste herdenking van ons spesialis opleidingsprogram, is dit belangrik om kennis te neem dat ons 'n nuwe era betree ten opsigte van die wyse waarop ons 'n diens aan kinders in gemeenskappe lewer en ons studente oplei. Die totstandkoming van ons Akademiese Kinderfonds (ACT) is slegs een van ons Departement se vele inisiatiewe om die uitdagings van die toekoms aan te durf. Dis ons wens dat familielede, kollegas, die gemeenskap en die industrie hierdie geleentheid om die Trust te ondersteun met ope arms verwelkom en ons daardeur instaat stel om ons missie te vervul.
|
|
|
| Hoofnuus |
|
|
 |
|