Foto: Stephen Collett

Suid-Afrika vind dit toenemend moeilik om gestand te doen aan die uitdagings wat dit as nasie in die gesig staar weens die land se onvermoë om te voldoen aan sy demokratiese ideale en moontlikhede, vrede en gebrek aan selfgeloof.

Dit, volgens bekende geestelike en voormalige politieke aktivis Dr Allan Boesak, wat onlangs die CR Swart-gedenklesing, die oudste gedenklesing by die Universiteit van die Vrystaat (UV), gelewer het. Sy lesing het gehandel oor die onderwerp Creating moments, sustaining momentum.

Hy het gesê dat Suid-Afrika talle geleenthede gehad het om aan die hele wêreld te toon wat moontlik is wanneer al die mense van hierdie land hande vat en saam werk om ’n ware verenigde samelewing te bou. Hy het egter bygevoeg dat die land om die een of ander rede dit sonder uitsondering regkry om sy weg uit hierdie wonderlike geleenthede te vind.

Hy het gebeure van historiese betekenis uitgelig, soos Kodesa, die inhuldiging van Nelson Mandela as die eerste demokratiese president van Suid-Afrika, die sluipmoord op die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Partyleier, Chris Hani, en die rugby- en sokkerwêreldbekers.

Om sy standpunt omtrent hierdie klaaglike mislukking van die land om “momentum te handhaaf”, tuis te bring, het hy verwys na die huidige staking deur staatsamptenare wat geleidelik besig om die staatsdiens lam te lê.

“Die staatsamptenare se staking was nie onverwags nie, maar ook nie heeltemal ongeregverdig nie. Die meeste van ons het begrip vir die frustrasie van onderwysers en gesondheidswerkers. Hulle eise weerklink in die meeste van ons, en ek dink dat dit ’n skande is dat SAKP “fat cats” vir werkers durf sê om “op te hou om soos babas te huil”, het hy bygevoeg.

Hy het ook die kritiek onderstreep oor die veel gewraakte besluit van die regering om biljoene rand van belastingbetalers se geld daaraan te bestee om wapens te koop, terwyl daar “geen merkbare militêre bedreiging” vir die land bestaan nie. Volgens hom is die grootste bedreiging vir die land se sekuriteit armoede, ongelykheid en ’n gebrek aan maatskaplike kohesie.

“Wat betref die argument dat wapenverkope buitelandse valuta vir die land verdien – hoe kan ons instrumenteel wees in die moord op armes elders ter wille daarvan om ons armes te voed en dan verryk ons onregmatig-verworwe wins slegs diegene wat reeds oorgenoeg het?” het hy gevra.

“Sien ons dan nie die hopelose teenstelling, die totale onmoontlikheid daarvan om sowel die apostel van vrede sowel as die handelaar van die dood te wees nie?”

Hy het ook die beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) veroordeel wat volgens hom slegs diegene verbonde aan die politieke aristokrasie bevoordeel.

“Dit hang saam met die skaamtelose, blatante vertoon van rykdom deur die bevoorregte elite in hierdie land, die growwe materialisme van die sogenaamde “bling generation”, en die argelose lughartigheid waarmee beloftes aan die armes gemaak en hanteer word. Dit is bloot die openbare simptoom van die diepgewortelde minagting wat ons politici vir die armes voel,” het hy gesê.

Die regering se minagting van die armes was besig om ons “toekoms aan die brand te steek”.

“Die woede van mense op voetsoolvlak kan nie langer geïgnoreer of ontken word nie, en stadig maar seker is die leierskap wat hierdie woede verwoord en aanvoer besig om vervreemd te raak van die polities verkose leierskap en, selfs nog meer verontrustend, van ons demokratiese prosesse,” het hy gesê.

Hy het verder verklaar dat die land se onvermoë om rassekwessies en rassisme aan te spreek, is besig om die versoeningsproses wat net so ’n bietjie meer as ’n dekade gelede deur Mandela begin is, te bedreig.


FACULTY CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Neliswa Emeni-Tientcheu: +27 51 401 2536
Phyllis Masilo: +27 51 401 9683

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept