| DiMTEC hou tweede konferensie oor ramprisikovermindering |
|
|
Dr. Anthony Turton, die Direkteur: TouchStone Resources (Pty) Ltd., het die openingstoespraak by vanjaar se tweedaglange jaarlikse internasionale kongres oor ramprisikovermindering gelewer. Hierdie konferensie is deur die Rampbestuuropleidingsentrum vir Afrika (DiMTEC) aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied.
In sy aanbieding getiteld: Sitting on the horns of a dilemma: South Africa and its strategic water supply, het hy gesê: “Ons het die perk van ons waterhulpbronne in Suid-Afrika bereik. Aan die een kant hanteer ons die kwaliteitsdilemma in terme van strategiese waterberging. Suid-Afrika en Zimbabwe tel onder die top 20 lande in die wêreld in terme van damme gebou. Ons kan slegs omtrent tien meer damme bou.
“Aan die ander kant moet ons die kwantiteitskwessie hanteer. Vorige oplossings is nie oplossings vir die toekoms nie. Wanneer water hersirkuleer word, word hormone soos estrogeen nie opgelos nie. Ons moet kreatief raak en iets anders probeer,” het hy gesê.
“Die wetenskap kan 'n verskil maak. Die UV is goed geplaas in terme van sy grondwaternavorsing. Universiteite moet belê in die nodige tegnologie omdat die toetsing van gifstowwe essensieel is. Ons moet maniere vind om te verhoed dat gifstowwe die watersiklus binnegaan,” sê hy.
'n Aantal internasionale sprekers soos dr. Fabrice Renaud, Mede-direkteur van die United Nations University se Institute for Environment and Human Security (UNU-EHS) in Bonn, Duitsland, dr. Eugene Poolman, Hoofvoorspeller: Ramprisikovermindering by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, en prof. Rob Bragg van die UV se Departement Mikrobiese, Biochemiese en Voedselbiotegnologie, het die konferensie bygewoon, sowel as afgevaardigdes van 11 verskillende lande.
By die konferensie was, van links: mnr. Andries Jordaan, Direkteur: DiMTEC aan die UV; dr. Ing Jörn Birkmann, Hoof van die afdeling: Vulnerability Assessment by die United Nations University se Institute for Environment and Human Security (UNU-EHS); dr. Anthony Turton, Direkteur: TouchStone Resources (Pty) Ltd.; en dr. Fabrice Renaud, Mede-direkteur: UNU-EHS.
Foto: Verskaf |
|
|
|
|
|
|