Oor die UV

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is een van die oudste instellings van hoër onderwys in Suid-Afrika. Sy deure is in 1904 op die Bloemfontein-kampus geopen met slegs ses studente in Geesteswetenskappe. Sedertdien het ons instelling tot meer as 37 851 studente, versprei oor sewe fakulteite op drie kampusse, gegroei.

Bloemfontein Campus entrance

Benewens die stigtingskampus, het die universiteit ook ‘n Suid-kampus in Bloemfontein. Hierdie kleiner kampus bied alternatiewe toegang tot hoër onderwys vir belowende studente wat nie die vereiste punte in hulle eindeksamen op skool behaal het nie. Ons lewendige Qwaqwa-kampus in die Oos-Vrystaat bedien ‘n snelgroeiende aantal plattelandse studente uit die onmiddellike omgewing en die omliggende provinsies.

Die veranderinge wat by die universiteit plaasvind, gryp steeds oral die verbeelding van mense aan, onder meer die internasionale media, sowel as ons groeiende basis van internasionale universiteite.

Inspireer uitnemend. Verander lewens. Hierdie doelwitte is die dryfkrag aan die hart van die UV. Deur middel van ons Menslike en Akademiese Projekte, is ons ‘n universiteit wat internasionaal erken word vir menslike versoening en deernis, asook vir uitnemendheid in akademiese prestasie.


Akademiese Projek
Een van die redes vir die uitgebreide belangstelling in die UV, is ons uiters openbare verbintenis tot die hoogste akademiese standaarde. Dit is die kern van ons Akademiese Projek. Die UV is ‘n sterk akademiese instelling wat gekenmerk word deur onderskeiding in onderrig, navorsing en openbare vakkundigheid. Die Akademiese Projek behels streng akademiese toelatingsvereistes vir eerste studente, verhoogde standaarde vir die professoraat, die transformasie van voorgraadse kurrikulums, die werwing van wêreldklas-professors, en die identifisering en bevordering van die volgende generasie professore.

Menslike Projek
Die UV bly egter steeds bewus van sy verantwoordelikheid om idees om te skakel na aksie, om navorsing te laat tel in die lewens van gewone mense, en om ‘n gees van diens deur middel van vakkundigheid onder ons studente te kweek. Deur ons Menslike Projek poog die UV om die onderrig en navorsing aan die universiteit te laat saamhang met die verbetering van mense se lewens. Ons wetenskap van diens, met behulp van ‘n menigte projekte en inisiatiewe, maak die belangrike verbintenis tussen kampus en gemeenskap moontlik deur die produksie en verspreiding van kennis. In hierdie strewe, is menslike versoening een van die grondbeginsels van die universiteit se missie.

South Campus

UV met ‘n oogopslag
•    113 jaar oud
•    37 851 studente
•    2 388 fakulteits- en steunpersoneel
•    3 kampusse
•    7 fakulteite
•    122 departemente

Lees ‘n gedetailleerde lys van feite en syfers.

Kom meer te wete oor ons universiteit se visie, missie en waardes.

Deel die bladsy
Print
essence_afr
© 2000 - UV, Bloemfontein Terme en Voorwaardes Privaatheidsbeleid Toegang tot Inligting Ontwikkel deur IKT-dienste