Baie geluk aan die student wat die Gesellig Afrikaans Taalaanleer kortleerprogram van die eerste semester van 2019 geslaag het! Gesellig Afrikaans (GA) word elke semester aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans. Daar is twee kursusse, GA1 vir beginners en vreemdetaalsprekers, en GA2, vir derdetaal- en vreemdetaalsprekers met ‘n voorkennis van Afrikaans.
Gesellig Afrikaans word Maandae en Woensdae (GA2) en Dinsdae en Donderdae (GA1) van 17:00 tot 18:00 in die Flippie Groenewoudt-gebou, Blok B, k. 201 aangebied. Volgende semester se eerste ontmoetingsvergadering word gehou op Woensdag 24 Julie 2019, dieselfde tyd en plek. Vir meer inligting, kontak Karen Combrinck by combrinckk@ufs.ac.za.
Op die foto is van links: Alison Stander, fasiliteerder van GA2, Liso Rashe, Makobane Mogashoa, Vladimir Azov en Tsaletseng Ntsekhe, wat die gevorderde krusus geslaag het, Ida Meiring, fasiliteerder van GA1, Karen Combrinck, kursus-administreerder, en Ana Luiza Silva wat GA1 voltooi het. Drew Kiser (GA1) verskyn nie op die foto nie, maar het ook die GA1-kursus geslaag.