Short Learning Programme Candidates 2018
Gesellig Afrikaans 1
Gesellig Afrikaans 2
Facilitators 2018

Leer (aanlyn) Afrikaans praat

Vir die eerste keer in die geskiedenis kan mense wat Afrikaans wil bemeester, die taal volledig aanlyn aanleer.

Die geakkrediteerde kortleerprogram (en aanlynprogram) van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is ʼn eerste vir Afrikaans.

Vanaf Januarie 2018 word die geakkrediteerde kortleerprogram Gesellig Afrikaans 1 en 2 met die ondersteuning van VivA (Die Virtuele Instituut vir Afrikaans) aanlyn aangebied en kan mense van regoor die wêreld Afrikaans as ʼn vreemdetaal aanleer.

Twee kursusopsies bestaan, nl. die kontakgebaseerde opsie (by die UV) of die aanlynopsie via die VivA-webblad.

ʼn Basiese en ʼn gevorderde kursus, albei geakkrediteerde kortleerprogramme, word reeds ’n geruime tyd op die UV-kampus as akademiese dienslewering aan besoekende internasionale studente, belangstellende voorgraadse studente, navorsers, UV-personeel, ens. aangebied.

Belangstellendes wat die kontakkursus aan die UV wil bywoon, sal onderrig ontvang deur middel van ʼn gemengde leermodelopsie wat kontaksessies insluit. Die kursus duur 13 weke. Inskrywings geskied jaarliks in Februarie en Julie via die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans (UV/UFS).

Die aanlyn kursus se registrasie geskied jaarliks vanaf Januarie tot Mei en dit duur 20 weke, insluitend die formele assessering. Die aanlyn kursus bevat geen kontaksessies nie.

Vir ʼn blik op die kursusstruktuur vir die aanlynprogram, besoek gerus http://www.gesellig-afrikaans.org/.

Die onderrigmedium is in alle gevalle Engels. Ter sake talige ondersteuningsmateriaal soos Afrikaanse films, musiek, uitspraakriglyne en deurlopende selfstudie-assessering maak deel uit van die kursusmateriaal.

Basiese grammatika-konstrukte word verduidelik aan die hand van toerismetekste (in Afrikaans en Engels) waarmee ʼn oorsig van sowel Afrikaans as die toeristiese landskap van Suid-Afrika aangebied word.

Meer inligting is beskikbaar by prof Angelique van Niekerk (vnieka@ufs.ac.za), of stuur navrae na geselligafrikaans@gmail.com.

Kyk ook na ʼn suksesstorie: https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/kyk-fransman-gooi-afrikaans-alte-gesellig-20171122.


Fakulteitkontakte

T: +27 51 401 2240 of humanities@ufs.ac.za

Nagraads:
Marica Coetsee: +27 51 401 2369

Voorgraads:

Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block