Populêre lesingreeks: Die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, in samewerking met die Departement Filosofie (UV), bied ongeveer een keer per maand so ’n populêre en informele lesing aan.

Uitnodigings geskied via die webblad en die departement se verspreidingslys. Kontak ons gerus op e-pos via die UV-webblad indien jy die uitnodigings wil ontvang.


Marion Holm

Of jou hart warm of lou brand vir die poësie, die aktrise Marion Holm sal daardie vlam aanblaas. Sy lees Vrydag 6 Februarie om 11:00 op die Kovsie-kampus van die mooiste Afrikaanse gedigte voor. Die voorlesing vind plaas in die Flippie Groenewoud-gebou, lesinglokaal 183, en dit kan gratis deur enige belangstellende bygewoon word.

So skryf Marion self oor haar voorlesing: Ek begin deur te praat oor die feit dat daar net 3 mense in SA is wat gedigte lees na afloop van hulle skool- of tersiêre opleiding.  Hoekom?  Want almal dink dis too high to come by en DAARDIE mite wil ek nek omdraai. Ek wil vir mense wys ons het in Afrikaans van die mooiste poësie in die wêreld en dat dit boonop so toeganklik is soos ‘n lekker bord huiskos. Dit is dus die mees informele voorLEES, sodat almal gemaklik en ontspanne voel en ontvanklik is vir die gedigte.  Ek vra niks deelname van geeneen;  al wat jy hoef te doen, is om jou brein af te skakel en met jou hart en emosies te luister.



Verskeidenheid sprekers as huldiging aan AP Brink

Die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans nooi jou hartlik uit na 'n mini-seminaar ter gedagtenis aan die lewe en werk van die skrywer André P Brink.

Die seminaar sal bestaan uit 'n reeks 5 minute-aanbiedings deur belangstellendes, liefhebbers en kenners uit 'n verskeidenheid van dissiplines en lewensfere. Aan die hand van anekdotes, besinnings en voorlesings sal ons nadink oor die kultuurtradisie waarin ons werk en ook Brink se groot bydrae daartoe.

Tyd: Vrydag 13 Februarie om 11:00
Plek: Flippie Groenewoud-gebou, lokaal 183.

Almal is welkom – dosente, studente en ook enigeen van buite die universiteit wat op hierdie wyse 'n kosbare erflating wil huldig. Die seminaar sal in Afrikaans aangebied word.



Francois Smith oor Fifty Shades of Grey (2015)

Die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en die Departement Filosofie nooi u uit na ’n kritiese bespreking van die boek en nou film, Fifty Shades of Grey. Die bespreking sal plaasvind op Vrydag, 27 Februarie, van 12:00 tot 13:30 in FGG 183.

Vrae wat bespreek sal word, sluit in:

  • Is Fifty Shades of Grey ’n nuwe pleidooi vir vroulike bevryding of vroulike verslawing?
  • Wat sê Fifty Shades of Grey oor gender- en magsverhoudinge tussen man en vrou?
  • Is Fifty Shades of Grey vir of teen die belange van die eietydse kapitalisme?
  • Waarom is Fifty Shades of Grey so gewild?

Sprekers sluit in dr Kate Law van die Sentrum vir Genderstudies, dr Johann Rossouw van die Departement Filosofie, dr Francois Smith van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en me Dionne van Reenen van die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid. Die gesprek sal sowel in Afrikaans as Engels plaasvind, met tolkdienste tussen die twee tale beskikbaar.


CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept