RSG Blokraaitoernooi in samewerking met die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans (UV) en XWord – 2017

Die baie gewilde RSG Blokraaitoernooi is in Julie 2017 vir die tweede keer by die Vrystaat Kunstefees aangebied.

Dit is die enigste Afrikaanse kompetisie van sy soort, en bied die geleentheid vir woord- en taalliefhebbers om hulle kennis van Afrikaans en spoed teen ander mededingers te toets. Hierdie jaar is daar ook vir die eerste keer terselfdertyd 'n blokraaitoernooi op RSG se webwerf beskikbaar gestel, vir mense wat nie in Bloemfontein kon wees vir die toernooi nie.

RSG Logo
Humanities Logo
xword
RSGBlokraai1

Die semi-finaliste saam met die XWord-span en ook prof Angelique van Niekerk, hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat. Baie geluk aan Ilse van Hemert wat vir die tweede agtereenvolgende jaar loshande die titel ingepalm het. In die tweede plek was Willie Pretorius, met Efraim van der Walt derde.

Die gedagte aan so 'n toernooi het ontstaan by Anina Roux van XWord, ‘n maatskappy wat die afgelope meer as dertig jaar al blokraaie vir verskeie koerante, tydskrifte en webwerwe saamstel.  Nadat die XWord-span ‘n paar jaar gelede die dokumentêre rolprent Wordplay, wat oor die New York Times se jaarlikse blokkiesraaitoernooi in die VSA handel, gesien het, is begin met beplanning om iets soortgelyks in Afrikaans te doen. En verlede jaar het die geleentheid uiteindelik opgeduik by die Vrystaat Kunstefees.

RSGBlokraai2
RSGBlokraai3
RSGBlokraai4

Die RSG Blokraaitoernooi word met die hulp van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die UV, en deur RSG op die universiteit se kampus aangebied. Die projek word ondersteun deur die Dagbreek Trust. Tydens verskeie uitdunrondtes moes deelnemers elk drie verskillende soorte blokkiesraaisels, wat deur XWord saamgestel is, het invul. Punte is toegeken volgens ‘n formule waar korrektheid en spoed gemeet word. Die Top Tien deelnemers het deurgedring na die semi-finaal, waarna 3 finaliste gekies is om in die Groot Eindstryd teen mekaar te staan te kom.

RSGBlokraai5
RSGBlokraai6
RSGBlokraai7

'n Mens kan wel “oefen” vir so ‘n toernooi deur vooraf so veel as moontlik blokkiesraaisels in te vul en te probeer om dit so vinnig moontlik te doen. Waar spoed deurslaggewend is, is dit belangrik vir die invuller van ‘n blokraaisel om nie by moeilike leidrade vas te haak nie, maar om eers die makliker antwoorde in te vul. Met die ingevulde blokkies wat dan mekaar kruis, is die kans groter om ook die moeiliker antwoorde te kry.

Navrae:
Albe Grobbelaar
+27 82 447 1900
albe@bfn.co.za

Literatuurfees by NALN (17-21 Julie 2017)

Hulde aan helde: Adam Small, Thomas Mofolo en Dot Serfontein

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is ’n trotse Literatuurfeesvennoot met die aanbieding van vyf uithalerproduksies.

Dit vind plaas in samewerking met Theo Kemp (programbestuurder) en Alma Struwig (Exclusive Books) in die NALN-ouditorium, vanaf 17 tot 21 Julie 2017, elke aand om 18:00, as deel van die Vrystaat-kunstefeesprogram.

Bespreek by Computicket (@ R20, ’n glas wyn ingesluit).

Die program verskyn op die webwerwe VSKunstefees2017 en www.vrystaatkunstefees.co.za.

NALN is geleë op die hoek van President Brand- en Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat). Daar is parkeerplekke beskikbaar op die teerblad langs die NALN-gebou, vanuit Miriam Makebastraat.

  • Spikkels en spatsels uit Bloemfontein se verlede. Hannes Haasbroek, Marianna Botes en Kobus du Preez op 2017-07-17, om 18:00 by NALN @ R20 (60 min., Afrikaans).
    Bloemfontein – ’n vervelige plek? Of dat die stad ’n vervelige geskiedenis het? Inteendeel, hierdie sentrale stad in Suid-Afrika wemel van die snaaksste, interessantste en mees bisarre historiese verhale wat die wenkbroue sal laat lig. Soos sy voorganger, Splinters en dorings uit die Rosestad se verlede, wil hierdie historiese bundel, Spikkels en spatsels uit Bloemfontein se verlede, die leser op reis neem deur die stad se verlede met al sy pyn en vreugde.
  • Hulde aan helde: Adam Small / Celebrating heroes: Adam Small. Frazer Barry, Deniel Berry (Tribal Echo) en Abraham de Vries op 2017-07-18, om 18:00 by NALN @ R20 (90 min., Afrikaans).
    Ons salueer in hierdie program die lewe en werk van die uitsonderlike digter, Adam Small, met ’n dokumentêre rolprent, gevolg deur toonsettings deur een van die mees progressiewe Afrikaanse kunstenaarsgroepe, Tribal Echo, wat ’n heel nuwe klank aan Adam Small se werke verleen.
  • Die reis gaan inwaarts – Karel Schoeman. Cas Wepener, Rob van der Veer en Rian Venter op 2017-07-19, om 18:00 by NALN @ R20 (60 min., Afrikaans, Nederlands/Dutch).
    Met rituele as invalshoek, word in Die reis gaan inwaarts gekyk hoe karakters wat die kuns van sterwe hanteer, uitgebeeld word in die oeuvre van Karel Schoeman. Dit is betekenisvol om hierdie nuwe publikasie juis ook in Bloemfontein bekend te stel; nie alleen omdat Schoeman in die stad gewoon het nie, maar ook omdat sy werke wat in Die reis gaan inwaarts bespreek word, in die Vrystaat afspeel.
  • Hulde aan helde: 110 Jaar Mofolo / Celebrating heroes: 110 Years Mofolo. Chris Swanepoel, Limakatso Chaka en Antjie Krog op 2017-07-20, om 18:00 by NALN @ R20 (60 min., Afrikaans, Engels, Suid-Sotho).
    Elegieë, profesieë en prysliedere uit Thomas Mofolo se klassieke roman Chaka, uitgevoer deur Limakatso Chaka en Antjie Krog, met die verskyning van Chris Swanepoel se nuwe Afrikaanse vertaling van Mofolo se bekroonde werk. Kom luister na ’n seldsame versnyding van Suid-Sotho en Afrikaans in ’n program saamgestel en aangebied deur die vertaler. Die agtergrondsketse is in Engels, terwyl die voordragte telkens in sowel Suid-Sotho as Afrikaans gelewer word.
  • Hulde aan helde: Dot Serfontein. Susan Samuel en Leana Lategan. Voorlesings deur Antoinette Kellerman op 2017-07-21, om 18:00 by NALN @ R20 (60 min., Afrikaans).
    Die geliefde Afrikaanse skrywer Dot Serfontein, wat in 2016 oorlede is, is een van die eerstes wat kontreiverhaalkuns in Afrikaans beoefen het en lewer hiermee ’n belangrike bydrae tot die vernuwing in die vertelkuns. Sy slaag daarin om in haar essays op onderhoudende wyse en met oorspronklike beelding ’n leefwyse en gewoontes uit te beeld wat tot die verlede behoort.
VS-Kunstefees

Die 2017 Vrystaat-kunstefees beloof om kreatiewe bande te smee. Maak seker jy is deel daarvan; hier is die 2017-program.

2017 Filmfees by Vrystaat-kunstefees

2017 is Rodin Year: he died a hundred years ago, in 1917. In France, a new film to commemorate this year has just been released, but is not yet available on DVD. Instead, we will treat you to the memorable performances of Gérard Dépardieu (encore lui!) and Isabelle Adjani in her prime, as Camille Claudel. This film introduced the female sculptor Camille Claudel to the outside world; many biographies, studies, and films followed. And at last, in 2017, she now has her own museum in Nogent-sur-Seine. This extraordinary film will be shown on 15 August 2018. In July, because of the Free State Arts Festival, there is no Ciné Club.

And what an incredible offering you have this year – and at a price that cannot be beaten anywhere in the world.

Een van die films waarmee daar besprekingsprobleme was by Computicket, is Gloria. Hierdie film spreek ‘n nuwe, interessante tema in films wêreldwyd aan, dié van die lewe van middeljarige vrouens ná ‘n egskeiding (of die dood van hul eggenoot). Op die afgelope Cannes-fees was daar ‘n soortgelyke Franse film met Juliette Binoche, Un beau soleil intérieur. Dit is ‘n fassinerende tema waarin veral vroue sal belangstel, maar miskien behoort mans wat hul visier uitsluitlik op veel jonger meisies stel, ook te gaan kyk om te sien wat hulle misloop! Gloria verloor nooit moed of hoop nie en is ‘n absolute bron van inspirasie, al loop dinge meesal vir haar verkeerd.

Hiermee die volledige lys films, indien u nog nie bespreek het nie (dankie Braam Muller, vir die keuse, bestellings en opsommings):

 

Filmfees/Film Festival

Venue: Film Studio
Toegang: R30
Samesteller: Braam Muller

Alle flieks het Engelse onderskrifte, behalwe Verspeelde Lente./All movies have English subtitles, except Verspeelde Lente.

 

Cinderella

Verenigde Koninkryk/United Kingdom, 2011, ballet, 108 min, met Royal Ballet Birmingham

‘n Nuwe, dog tradisionele weergawe van Prokofiëf se ballet gegrond op die bekende sprokie. Aspoestertjie kry tog kans om die prins se bal by te woon waar hy moet vrou kies. Maar teen middernag moet sy vlug en al wat hy het, is een van haar glasskoene wat sy agtergelaat het. Groot pret met haar stiefsusters en bose stiefma, en die diere kry ook kans om te dans. Genotvol met uitstekende dansers van Brittanje se Royal Ballet – vir oud en jonk.

Tyd: 22 Jul 09:30

 

Force majeure

Swede/Sweden, 2014, drama, 120 min, PG16 (S), regie: Ruben Östlund, met Johannes Kuhnke, Lisa Loven Kongsli

Tydens ’n Sweedse gesin se ski-vakansie, keer ’n sneeustorting by ’n berghangrestaurant alles omvêr. Terwyl restaurantgangers vlug, roep moeder Ebba na haar man, Tomas, terwyl sy hul kinders probeer beskerm, maar Tomas vlug vir sy lewe. Die gesin se wêreld is tot in hul fondamente geskud.  Die huwelik hang in die weegskaal terwyl Tomas desperaat probeer om sy rol as patriarg in sy gesin te herbevestig. Wenner van die Cannes Un Certain Regard-jurietoekenning.

During a Swedish family’s skiing holiday, an avalanche turns everything upside down at a mountainside restaurant. With diners fleeing, mother Ebba calls for her husband Tomas as she tries to protect their children, but Tomas is running for his life. The family's world has been shaken to its core. The marriage hangs in the balance as Tomas struggles desperately to reclaim his role as family patriarch. Winner of the Cannes Un Certain Regard Jury Award.

Tye: 18 Jul 12:00; 20 Jul 17:30

 

Gloria

Chili/Chile, 2013, komedie/drama, 108 min, 16 (S,N,L), regie: Sebastian Lellio, met Paulina García, Sergio Hernández

Gloria - Film Festival

Gloria is ‘n “vrou van ‘n sekere ouderdom” maar sy voel nog jonk. Al is sy eensaam, maak sy die beste van ‘n moeilike saak en bring haar nagte deur op soek na liefde in dansklubs vir enkellopers. Haar brose geluk verander die dag toe sy Rodolfo ontmoet. Hul intense passie laat haar fladder tussen hoop en wanhoop, tot sy ‘n nuwe krag ontdek en besef dat sy in haar goue jare helderder as ooit kan skitter. Wenner: Beste aktrise, Berlynse Filmfees.

Gloria is a "woman of a certain age" but still feels young. Though lonely, she makes the best of her situation and spend her nights seeking love at social dance clubs for single adults. Her fragile happiness changes the day she meets Rodolfo. Their intense passion leaves her vacillating between hope and despair – until she uncovers a new strength and realises that, in her golden years, she can shine brighter than ever.  Winner: best actress, Berlin Film Festival.

Tye: 17 Jul 19:30; 19 Jul 15:00

 

Lion’s den

Argentinië/Argentina, 2008, drama, 113 min, 13 (N,L,V), regie: Pablo Trapero, met Martina Gusman, Elli Medeiros, Rodrigo Santoro

Julia, a 25 year-old university student, some weeks pregnant, with no criminal record, is sent to prison. Julia murdered the father of her child. This story addresses maternity, jail and justice; confinement, guilt and solitude; but above all it deals with Julia and her son, Tomas, born inside an Argentinean prison.

Tye: 18 Jul 17:30; 20 Jul 12:00

 

The lunchbox

Indië/India, 2013, komedie, 104 min, A, regie: Ritesh Batra, met Irrfan Khan, Nimrat Kaur

’n Foutiewe aflewering in Bombaai se beroemde, doeltreffende kosblikafleweringstelsel verbind ’n jong huisvrou en ’n ouer man in die skemer van sy lewe en hulle bou saam ’n fantasiewêreld deur notas in die kosblik. Wenner van 28 internasionale toekennings.

A mistaken delivery in Mumbai's famously efficient lunchbox delivery system connects a young housewife to an older man in his twilight years as they build a fantasy world together through notes in the lunchbox. Winner of 28 international awards.

Tye: 17 Jul 14:00; 20 Jul 09:30

 

The salt of the earth

Frankryk/Brasilië, 2014, dokumentêr, 110 min, PG12, regie: Wim Wenders, met Sebastião Salgado

Fotojoernalis Sebastião Salgado reis al 40 jaar lank oor die wêreld heen, agter die veranderende gesigte van die mensdom aan.  Hy het groot gebeurtenisse in ons onlangse geskiedenis sien gebeur: internasionale konflik, hongersnood en uittogte.  Nou ontdek hy ongerepte gebiede, wilde fauna en flora, en grootse landskappe as deel van ‘n massiewe fotografieprojek, ‘n huldeblyk aan die wêreld se skoonheid.  Kom deel in sy avontuurlike lewe en fantastiese fotografiese rekord.  Wenner van die Cannes Un Certain Regard-jurietoekenning.

Over 40 years, photojournalist Sebastião Salgado has been travelling the world following an ever-changing humanity. He has witnessed major events of our recent history: international conflicts, starvation, and exodus. He is now discovering pristine territories, wild fauna and flora, and grandiose landscapes as part of a huge photographic project, a tribute to the planet's beauty. Come share in his adventurous life and amazing photographic records. Winner of the Cannes Un Certain Regard Jury Award.

Tye: 17 Jul 17:00

 

Son of Saul

Hongarye/Hungary,  2015, drama, 107 min, PG12 (V), regie: László Nemes, met Géza Röhrig, Levente Molnár, Urs Rechn

In die haglike omstandighede van Auschwitz in 1944, word ‘n gevangene gedwing om die lyke van sy eie mense van die gaskamers na die krematoriums te skuif.  Hy vind morele oorlewing wanneer hy die lyk van ‘n seun wat hy vir sy eie aansien, van die vlamme probeer red. Hy probeer ‘n rabbi opspoor om die seun ’n ordentlike begrafnis te gee.  Wenner van 2016 se Oscar en Golden Globe vir beste buitelandse film.

In the horror of 1944 Auschwitz, a prisoner, who is forced to move the corpses of his own people from the gas chambers to the crematoriums, finds moral survival upon trying to salvage the body of a boy he takes for his son from the flames. He tries to find a rabbi who can give the child a proper burial. Winner of 2016’s Oscar and Golden Globe for best foreign movie.

Tye: 17 Jul 11:30, 19 Jul 17:30

 

Theeb

Verenigde Arabiese Emirate/United Arab Emirates, 2014, avontuur, 100 min, PG12 (V), regie: Naji Abu Nowar, met: Jacir Eid Al-Hwietat, Hussein Salameh Al-Sweilhiyeen

In die Ottomaanse provinsie Hijaz tydens die Eerste Wêreldoorlog, moet ’n jong Bedoeïen gou leer om soos ‘n grootmens te dink wanneer hy ‘n gevaarlike tog deur die woestyn aanpak om sy ouer broer te help om ’n Britse offisier na ‘n geheime bestemming te lei.  Wenner van 10 internasionale toekennings.

In the Ottoman province of Hijaz during World War I, a young Bedouin boy experiences a greatly hastened coming-of-age as he embarks on a perilous journey through the desert to help his older brother guide a British officer to his secret destination. Winner of 10 international awards.

Tye: 18 Jul 15:00, 19 Jul 09:30

 

Timbuktu

Mauritania, 2014, drama, 97 min PG12 (V), regie: Abderrahmane Sissako, met Ibrahim Ahmed, Abel Jafri, Toulou Kiki

Nie ver van die antieke Malinese stad van Timboektoe, leef ’n trotse beesherder, Kidane, rustig tussen die duine saam met sy gesin en Issan, hul twaalfjarige skaapwagter. In die dorpie ly die mense onder die terreur-regime wat deur die Jihadiste ingestel is om hul geloof te beheer. Musiek, lag, sigarette, selfs sokker is verban. Elke dag reik die nuut ingestelde howe tragiese en absurde vonnisse uit. Kidane en sy gesin word die chaos gespaar, maar hul noodlot verander skielik. Wenner van sewe Franse César-toekennings.

Not far from the ancient Malian city of Timbuktu, proud cattle herder Kidane lives peacefully among the dunes with his family, and Issan, their twelve-year-old shepherd. In town, the people suffer from the regime of terror imposed by the Jihadists to control their faith. Music, laughter, cigarettes, even soccer have been banned. Every day, the new improvised courts issue tragic and absurd sentences. Kidane and his family are spared the chaos, but their destiny changes abruptly. Winner of seven of France’s César Awards.

Tyd: 19 Jul 12:00

 

Verspeelde Lente

SA, 1983, drama, 220 min, pouse ingesluit (3¾ uur), A, regie: Manie van Rensburg, met Elize Cawood, Ian Roberts, Brian O’Shaughnessy

Manie van Rensburg's classic TV adaptation of the novel by J van Melle about a beautiful, but poor young woman who marries the rich landowner instead of the man she loves. The story follows Pop le Roux's decision to marry the much older Jan Greyling and the consequences for her young love Hermaans Cronjé, her parents, and for Jan Greyling's son Gert.

Tyd: 22 Jul 13:00

 

The wall

Oostenryk/Austria, 2012, drama. 107 min, PG12 (V), regie: Julian Roman Pölsler, met Martina Gedeck

Ons hou almal van die uitdaging: “Wat as…?” In dié geval is jy alleen in die wêreld.  Gegrond op Marlen Haushofer se gelyknamige klassieke feministiese roman, is The Wall ‘n hoogs oorspronklike verkenning van die ervaring van eensaamheid en oorlewing, wat afspeel in ‘n pragtige Oostenrykse berglandskap. Martina Gedeck, die briljante tolk van die Oscarwenner, The Lives of Others, verleen ‘n rare en duidelike intensiteit aan haar rol in dié kontemporêre vroue-Robinson Crusoe verhaal.  Wenner van vier internasionale pryse.

We all like the challenge: what if . . . ? In this case, you’re alone in the world. Based on Marlen Haushofer's eponymous feminist classic novel, The wall is a highly original exploration of the experience of solitude and survival set in a spectacularly beautiful Austrian mountain landscape. Martina Gedeck, the brilliant interpreter of the Oscar-winning The Lives Of Others, brings a rare and vivid intensity to her role in this contemporary female Robinson Crusoe tale. Winner of four international prizes.

Tye: 18 Jul 09:30; 20 Julie 15:00

 

Jans Rautenbach-huldiging/tribute: Die kandidaat

Suid-Afrika/South Africa, 1968, drama, 105 min, regie: Jans Rautenbach, met Roelf Jacobs, Gert van den Bergh, Cobus Rossouw, Don Leonard

Jans Rautenbach se omstrede eerste fliek oor 'n stigting wat Afrikaner-belange bevorder, en ’n nuwe direkteur moet aanstel. Daar is net een kandidaat, die hoof van ’n verbeteringskool vir seuns. Die kandidaat bevind hom uiteindelik verstrengel tussen twee wêrelde: dié van armoede en die verlede; en die een van ’n ryk toekoms – versinnebeeld deur ’n moderne raadsaal waar besluitnemers redeneer oor die eienskappe van die ideale Afrikanerleier.

Tyd: 21 Jul, 11:00

 

Jans Rautenbach-huldiging/tribute: Jannie totsiens

Suid-Afrika/South Africa, 1970, sielkundige riller, 108 min, regie: Jans Rautenbach, met Hermien Dommisse, Katinka Heyns, Jill Kirkland, Patrick Mynhardt, Cobus Rossouw

’n Wiskunde-professor wat aan ’n Oedipus-kompleks ly, word in ’n psigiatriese inrigting opgeneem. Sy mede-pasiënte probeer hom moed inpraat en genees. Maar dan pleeg een van die pasiënte selfmoord as gevolg van die professor en almal se houding verander. Nou word ’n nuwe plan namens hom gesmee: moord. Die inrigting word gesien as ’n mikrokosmos van die Suid-Afrikaanse samelewing in die sewentigerjare.

A Mathematics professor with an Oedipus complex is admitted to a psychiatric institution. His fellow patients try to encourage and heal him. But then one of the patients commit suicide because of the professor, and everyone changes their attitude towards him. Now, a new plan is being concocted on his behalf: murder. The institution is seen as a microcosm of South African society in the seventies.

Tyd: 21 Jul, 15:00

TAALLOJAAL:

“Crowd funding campaign”

Approximately two years ago Xword launched the first Afrikaanse blokraaitoernooi (cross word tournament) in South Africa which is based on the cross word tournament hosted by the New York Times for the last 31 years.

The tournament became an annual event during the Free State arts festival in July and is hosted in collaboration with the Department Afrikaans and Dutch, German and French at the UFS. RSG acts as the media sponsor of the event.

Our department takes the initiative to try and generate enough funds to make this tournament possible in 2018 as well. During 2016 and 2017 Xword funded the tournament mainly from their own budget, which is not sustainable for the future.

The link to the funding campaign: www.thundafund.com

Take a look at the video of the first tournament and the VIP launch in 2016.

Take a look at a few links to articles and photos of the previous tournaments.


CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept