http://www.liplekker.co.za/

Bestanddele:

200 g donker sjokolade
125 g botter
150 g suiker
6 eiers, geskei
Versiersuiker
Vars mentblare, as versiering

Metode:

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smelt die sjokolade en botter saam in ’n vuurvaste glasbak oor ’n kastrol met kokende water (of doen dit in die mikrogolf as jy haastig is). Meng die suiker en die eiergele met die gesmelte sjokolademengsel. Klits die eierwitte tot styf en vou dit versigtig by die res van die bestanddele in.

Skep die mengsel in ’n klein, diep koekpan (of in ses oondvaste bakkies) wat met botter gesmeer is. Bak vir 20 minute (vir ’n groot koek) of 12 minute (vir die bakkies). Na 10 minute kan jy die tert met foelie bedek om te keer dat dit uitdroog. Die tert lyk nog effens loperig wanneer jy dit uithaal, maar word droër namate dit afkoel. Bestuif met versiersuiker en versier met mentblare.

Lewer ses porsies.

Wenk: Gebruik sjokolade met die hoogste persentasie kakaobotter wat jy kan bekostig: 50 – 70% sal werk


CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept