Enige Iemand vir Ontbyt?

Enige Iemand vir Ontbyt?

Wanneer Shirley se vriendin Jane besluit om ‘n aand van plesier te reël met ‘n jong man wat sy by die muurbalklub ontmoet het, is Shirley maar net te gretig om haar huis vir Jane te leen. Dit beteken vir Shirley ‘n aand van plesier met die liefde van haar lewe - Jane se man Rodger! Maar wanneer Shirley se man Gilbert onverwags by die huis opdaag met ‘n fraai Engelse lugwaardin, gevolg deur Rodger wat by Shirley kom kuier, word ‘n toneel geskep vir 24 uur van losbandige misverstande soos die skuldige partye desperaat probeer om hulle geheime te bewaar. Teen die einde van hierdie prettige komedie oor “huweliksongevalle” kom ons tot die besef dat die komplikasies en konfrontasies nog lank nie opgelos is nie, maar net die begin is ...

Enige Iemand vir Ontbyt? ‘n vertaling van Derek Benfield se komedie, Anyone for Breakfast, beloof om groot pret te wees. Die teks is vertaal deur Thys Heydenrych wat ook die regie behartig. Die produksie word aangebied deur Aspris Produksie.

Enige Iemand vir Ontbyt? word geborg deur: Kovsiekultuur, The National Art Council en Textile Curtain & Upholstery.

Die rolverdeling is as volg:
Thys Heydenrych
Marijda Kamper
Madre van Straten
Christopher Mey
Laura Drennan
Alec Debbo

Plek:  Wynand Moutonteater op die UV kampus
Datum: 3-6 Februarie
Tyd: 19h00.

R 35.00 vir volwassenes
R 25.00 vir groepsbesprekings van of meer mense
R 20.00 vir studente en pensionarisse

Kaartjie is beskikbaar by Computicket of by die deur.
 

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept