Dramafees, 1 - 9 February

Dramafees, 1 - 9 February

 
Harambe - Seeking for fresh air.

(Dance production)

We leave in the world that is constantly divided by every trick and scheme of the enemy, racial aggression has divided us, culture and religion has divided us, status and position has divided. We can only overcome this distraction by listening to the song within us and the movement of our soul dancing like a breath of fresh air. The play explores the lives of two first year students, one white one black, sharing a room in a hostel at the University coming from different backgrounds. They learn about each other"s cultures through dance.

Datums & tye:
1, 2, 3, 5, 6 Feb: 19h30

4 Feb: 18h00

Venue: Scaena teater

Choreografie: Angelo Mockie & Godfrey Manenye

 
 

My Liewe Meneer Malan
(Komedie)

Na laasjaar se suksesvolle vertoning word My Liewe Meneer Malan weer aangebied.

"My liewe Meneer Malan" is 'n gelukkige man, getroud met twee vrouens, Natasja en Amoré. Malan werk nie en al sy sake word behartig deur, Mej van Aarde, sy preutse sekretaresse. Skreeusnaakse intriges word deur die verloop van die stuk opgebou en oop gekrap. Om alles te kroon daag sy ou pel van Namibië op en alhoewel hy op die oog af baie temerig voorkom, sit daar baie meer in sy broek ...

Hierdie is 'n baie stuitige komedie uit die pen van Nico Luwes wat hy vir die destydse Kampustoneelkompetisie geskryf is. Die produksie is 11 jaar gelede, in 1998 deur PACOFS in Bloemfontein opgevoer en Volksblad het dit beskryf as "Veerligte en stuitige vermaak op die planke" (Volksblad 1998). Al die akteurs wat in die produksie speel is opgelei deur Prof. Nico Luwes.

Datums & tye:
5,6,8,9 Feb: 19h30

Venue: Wynand Mouton teater

Teks: Nico Luwes

Regie: Thys Heydenrych & Pieter Venter
 
 

Boer Manie se melk word suur
(Kinderproduksie)

'n Opwindende kinderstuk vir oud en jonk. Boer Manie en sy trawante moet rondspring om te keer dat Bella se melk nie suur word nie. Wat voer die aaklige Tersia Tandeheks in die mou en waarheen het die tandmuis verdwyn?

Datums & tye:
3 Feb: 18:00
6 Feb: 11:00
10 Feb: 10:00

Venue: Rep-teater
Teks: Ilne Fourie
Regie: Heinrich Keogh

 
 

Rugby, die Ga(y)me
(Eenmanvertoning)

"en so het ek groot geword as Johan du Plessis." Maar hoe sê jy vir jou pa jy is anders, hoe sê jy vir hom jy is self aan die anderkant van die pale as jy self nie eens weet of jy pienk of blou sokkies dra nie.

Datums & tye:
4 Feb: 19:30
6 Feb: 18:00
13 Feb: 19:30

Venue: Rep-teater
Teks: Ilne Fourie
Regie: DeBeer Cloete
 
 
Impi
(Eenvrouvertoning )

Ilne Fourie (Wenner van SPAT-prys – Beste Akteur KKNK 2008) vermaak weer met haar eerste skerpskets eenvrouvertoning Impi (Volksblad, KKNK, Aardklop). Ons almal baklei tog daagliks om te oorleef, om kop-bo-water te hou ... om te blêrrie survive en ons is tog almal gebore met daai impi-bloed in ons ... Ons hou van baklei en ons hou net so baie van struggle. Of ons dit nou wil weet of nie! Impi is "n komiese verhaal uit die pen van Ilne Fourie van "n meisie genaamd Meisie, wat vanaf die middel van die platteland na die GROOT STAD kom.
En so tussendeur die kerkkoor, Dettol-pluisies en diskusse, moet Meisie leer om te oorleef, te survive ... blêrrie vas te byt! Haar spies is skerpgemaak en sy is reg vir die fight! Want Meisie is "n impi en sy gaan not te hell laat los!


Datums & tye:
5 Feb: 18:00
10 Feb: 20:00
11 Feb: 18:00

Venue: Scaena-teater
Teks: Ilne Fourie
Regie: Pieter Venter

Kaartjies vir al die vertonings is R30,00 per persoon en R20,00 vir groepsbesprekings van 10 of meer. Kaartjies beskikbaar by Computicket.

Vir meer inligting kontak Thys Heydenrych by 051 401 3390 of Marijda Kamper by 051 401 2160.

 

FACULTY CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Neliswa Emeni-Tientcheu: +27 51 401 2536
Phyllis Masilo: +27 51 401 9683

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept