Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
News Items

News Archive

Apparatus to register the eye fixations of computer users
2006-01-23

Die Departement Rekenaarwetenskap en Informatika aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het 'n gesofistikeerde apparaat ter waarde van R230 000,00 in gebruik geneem waarmee die oogfiksasies van rekenaargebruikers geregistreer kan word.  Die UV is die eerste tersiêre instelling in Afrika wat met 'n hierdie apparaat, genaamd die Eye Tracker, kan spog. 

 

Die Eye Tracker bepaal die presiese punt op die rekenaarskerm waarna 'n gebruiker kyk en sal aangewend word om gebruikerinteraksie met rekenaarprogrammatuur te bestudeer.  Terugvoer aan rekenaarprogramontwikkelaars sal verseker dat programme gebruikersvriendelik is sodat gebruikers nie noodsaaklike interaksie-elemente miskyk nie.  Die Eye Tracker sal ook onder meer deur die UV se Departement Mikrobiese, Biochemiese & Voedselbiotegnologie  gebruik word om te bepaal of studente na die korrekte data in grafieke kyk.

Van links:  Prof. Janse Tolmie (Voorsitter:  Departement  Rekenaar-wetenskap en Informatika aan die UV), me Anne Jansen (van Tobii Technologies in Swede, verskaffer van die Eye Tracker) en prof. Pieter Blignaut (dosent aan die UV se Departement Departement Rekenaarwetenskap en Informatika). Foto: Lacea Loader

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept