Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
News Items

News Archive

Kovsies oorheers Cheetahs-span
2004-10-22

Altesaam 13 huidige en oud-Kovsies is ingesluit in die Cheetah-span van 22 spelers wat sal meeding om ‘n plek in die span wat hierdie naweek teen die Blou Bulle op Loftus Versveld te staan sal kom in die eindstryd om die Curriebeker.

“Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is trots op sy rugbyspelers en beskou hierdie mylpaal as net nog ‘n toonbeeld van ons verbintenis tot die handhawing van gehalte sportprestasies,” sê prof Frederick Fourie, Rektor en Visekanselier van die UV.

Prof Fourie is dit eens dat die UV hierdie naweek bankvas agter die Cheetahs sal staan sodat die Curriebeker weer Vrystaat toe kan kom.

“Dit is nie aldag dat ons kan spog met so ‘n groot verteenwoordiging in ‘n provinsiale span nie. Elkeen van hierdie spelers het homself bewys as ‘n ware sportman en meeste van hulle is ook Springbok-rugbyspelers, wat die eer vir die UV net nog soveel groter maak,” sê prof Fourie.

Die huidige en oud-Kovsie spelers is Naka Drotské (haker); CJ van der Linde (vasskop voorry); Boela du Plooy (slot); Gerrie Britz (slot); Henro Scholtz (flank); Juan Smith (flank); Jacques Claassen (senter, agterlyn); Barry Goodes (senter, agterlyn); Frederich Lombaard (vleuel); Rhyno Gerber (vasskop voorry); Gutro Steenkamp (losskop voorry); Johan Erasmus (agsteman) en Noël Oelsich (skrumskakel).

CJ van der Linde en Juan Smith was ook ‘n finaliste in vanjaar se Kovsie Sportman van die Jaar-toekenning.

Media release
Issued by: Lacea Loader
Media Representative
Tel: (051) 401-2584
Cell: 083 645 2454
E-mail: loaderl.stg@mail.uovs.ac.za
22 October 2004

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept