Kovsie-driemanskap oorheers die mans-afdeling van die Suid-Afrikaanse pluimbalkampioenskap.
Die Kovsie-driemanskap, Chris en Roelof Dednam en Wiaan Viljoen, saam met hul ervare spanmaat, Johan Kleingeld, oorheers, soos verwag is, totaal die mans-afdeling van die Suid-Afrikaanse pluimbalkampioenskap.
Chris Dednam het sy nasionale enkelspeltitel suksesvol verdedig deur onder andere Kleingeld in die half-eindronde 15-2, 15-3, en Viljoen in die eindronde met 15-5, 15-0, te klop. Hy het ook die dubbelspeltitel behou, die keer saam met broer Roelof, deur Viljoen en Dorian James (WP) in die eindronde met 17-16, 15-7, te verslaan. In die gemengde dubbelspel wou die kombinasie nie vlot nie, en is hy en Antoinette Uys (Bol) in die half-eindronde uitgeskakel.
Roelof Dednam het benewens die dubbelspeltitel (sy eerste senior nasionale titel), in die enkelspel die half-eindronde gehaal waar hy naelskraap in drie stelle teen Viljoen verloor het. Hy het ook in die gemengde dubbelspel die half-eindronde gehaal.
Wiaan Viljoen het benewens die eindrondes in enkelspel en dubbelspel die kwart-eindronde van die gemengde dubbelspel gehaal.