Wat zeg je? CNaVT-examen voor Nederlands
Na ‘n volledige semester Nederlands (taalverwerwing en letterkunde in die tweede studiejaar) kan studente in die dept. Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en geleentheidstudente (UV) ook via die departement inskryf vir die internasionale eksamen in Nederlands, Certificaat Nederlands als Vreemde Taal (CNaVT).
Detail oor die eksamen kan bekom word by die dosent van die kursus of op die webblad: www.cnavt.org
Op die foto’s is 2018 se suksesvolle kandidate van die Certificaat Nederlands als Vreemde Taal examen. Die eksamen word jaarliks aan die begin van Mei by die UV afgeneem en belangstellendes moet teen einde Februarie daarvoor registreer via die dosent, prof Angelique van Niekerk, vnieka@ufs.ac.za