Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
21 February 2019 | Story Rulanzen Martin | Photo Rulanzen Martin
Jennifer Östlings and Elin Stengvist,
Jennifer Östlings and Elin Stenqvist, two of our international students from Sweden also celebrated #WorldMotherTongueDay.

Back in 2000, UNESCO declared 21 February as World Mother Tongue Day. It is an effort to raise the importance of multilingualism across the world. Every year, the day is commemorated through various projects and campaigns all over the world.

At the University of the Free State (UFS), we pride ourselves in the diverse languages spoken by our staff and students across the three campuses.  Read below what some of our language academics at the UFS wrote on #WorldMotherTongueDay.

#WorldMotherTongueDay: Keteka puo ya hao ya Mme

UNESCO e ile ya phatlalatsa letsatsi la la 21 Hlakola jwalo ka letsatsi la lefatshe la puo ya Mme morao kwana ka 2000. Ke boikgathatso bo boholo ho hlahisa poaneng bohlokwa ba dipuo tse ngata tse fapaneng ho parola le lefatshe. Selemo se seng le se seng letsatsi lena le ketekwa ka diprojeke tse fapaneng le ka matsholo lefatsheng ho pota.

Mona Yunivesithing ya Freistata (UFS) re motlotlo ka hore re na le dipuo tse fapaneng tse sebediswang ke moifo wa rona le baithuti ho parola le dikhamphase tse tharo.  Bala hore na ke eng e boletsweng ke diakhamemiki tse ding tsa puo mona UFS ho #WorldMotherTongueDay.

#Wêreldmoedertaaldag: Vier jou moedertaal

UNESCO het in 2000 reeds 21 Februarie as Wêreldmoedertaaldag verklaar. Dit is ’n poging om die belangrikheid van veeltaligheid oor die wêreld heen te beklemtoon. Hierdie dag word elke jaar wêreldwyd deur middel van verskeie projekte en veldtogte herdenk.

By die Universiteit van die Vrystaat (UV) is ons trots op die verskillende tale wat ons personeel en studente op die drie kampusse praat.  Lees hieronder wat sommige taalakademici aan die UV oor #Wêreldmoedertaaldag geskryf het.


English is a blend of different lexicons ( Dr Susan Brokensha, Department of English)

Celebrating My Mother Tongue (Menzi Thango, Department of African Languages)

Meertaalighied skep ruimte vir diversiteit(Prof Angeqliue van Niekerk, Department of Afrikaans and Dutch, German and French)


 


News Archive

Opera in Odeion
2005-03-11

Nols Nieman - Volksblad
DIE eerste opera op die Volksbladkunstefees, 'n konsert van klavierduette deur die vermaarde pianiste Albie van Schalkwyk en Anneke Lamont, drie konserte deur die Nasionale Jeugsimfonie-orkes en 'n uitvoering deur die bekende Rosamundestrykkwartet.

Dit is van die hoogtepunte wat vir liefhebbers van klassieke musiek op die Volksblad-kunstefees van 12 tot 17 Julie in Bloemfontein beplan word. Op 'n kunstefeesvergadering gister op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het mev. Doks Briers, hooforganiseerder, bekend gemaak dat die Nasionale Jeugsimfonie-orkes drie konserte gaan hou, waarvan twee volle simfoniekonserte gaan wees. Dié orkes hou tydens die fees 'n kamp op die Kovie-kampus.

Me. Hanna van Niekerk, sangdosent en konsertkoördineerder van die departement musiek aan die UV, het gesê die plan is om die sprokie-opera Hansie en Grietjie van Humperdinck in die Odeion op die kampus aan te bied. Die Skool vir Musiek in Potchefstroom van die Noordwes-universiteit onder leiding van Werner Nel voer dit uit.

Ook word 'n konsert deur die Rosamunde-strykkwartet beplan. Van Niekerk beskou Rosamunde as die beste strykkwartet in die land. Die vier vroue in die kwartet is Denise Sutton (viool), Suzanne Swanepoel-Martens (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Marian Lewin (tjello)

Die beplande konsert van klavierduette deur Van Schalkwyk en Lamont behoort ook 'n vol saal te trek.

Volksblad - Woensdag 23 Februarie 2005

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept