Dit is absoluut beeldskone, hartskeurende musiek. … Waar ‘n mens gewoonlik niks vroeër as Bach oor Kersfees en Handel oor Paasfees kry nie, is Membra Jesu nostrl ‘n onverwagse geluk … Hou dadelik op met lees en gaan koop nou ‘n kaartjie!
(Willem Bester, KKNK KRIT, 27 Maart 2005)
‘n Ander juweel … was die Universiteit van die Vrystaat se Membra Jesu nostri deur Buxtehude. Dié siklus van sewe cantatas oor die kruisiging van Christus is bedrewe deur die studente uitgevoer, met talle hoendervleis-oomblikke.
(Willem Bester, Die Burger, 31 Maart 2005)