English     Afrikaans     isiZulu    

Multilingual Mokete 'n ‘unieke Qwaqwa gevoel’ vir hierdie jaar
—STORIE: Dr Peet van Aardt, Akademie vir Veeltaligheid (UV)


In ooreenstemming met ons universiteit se multikampusmodel is die tema van vanjaar se Veeltalige Mokete Ons luister na mekaar. Wat vanjaar se fees spesiaal maak, is die feit dat dit ’n unieke Qwaqwa-geur het. Baie van die aktiwiteite wat tydens vanjaar se fees aangebied word, is afkomstig van talent wat in die groter Qwaqwa-streek gekweek is. Kunstenaars en talentvolle geeste van ons Suid- en Bloemfontein-kampus sal ook deelneem. Die fees getuig van die UV se verbintenis daartoe om in plaaslike gemeenskappe te belê.

Ons is opgewonde daaroor om professionele musikante en denkleiers, tradisionele kunstenaars en lofsangers bekend te stel. SAMA-genomineerde en UV-student Azana sal ’n paar van haar liedjies opvoer. Ons het akademiese vakkundiges van UKZN en Wits wat by ons sal aansluit. ’n Huldeblyk aan wyle dr Khotso Pieter David Maphalla sal ook voorgelees word.

Ons is besonder trots om aktiwiteite onder leiding van ons studente aan te bied, soos voorlesings van kortverhale uit die Initiative for Creative African Narratives (iCAN), poësievoordragte en dansuitvoerings. Agt tale sal aangebied word: Engels, Suid-Sotho, Zulu, Noord-Sotho, Xhosa, Afrikaans, Swazi en Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL).

Die fees vind virtueel op Vrydag 17 September van 12:00 plaas. Besoek die UV webblad en YouTube-kanaal op die dag.

‘Hearing you, hearing me.’ | ‘Ons luister na mekaar.’ | ‘Ukungizwa, ukukuzwa.’ | ‘Mmamele ke o mamele.’

Umthombo Wegazi Art Installation with Poem
Sivelaphi, Singobani? (Poem) paired with Umthombo Wegazi Art Installation

Een van die kunsinstallasies in die Scaena-teaterkompleks tydens die 2019 Kovsies Veeltalige Fees, getitel ‘Umthombo Wegazi’ (kunstenaar: Sibemoxolo Foji). Hierdie kunswerk is gekoppel aan ’n Xhosa-gedig deur Nkululeko Mdodu, met die titel ‘Sivelaphi, Singobani?’

Foto’s: Eugene Seegers