Die Veeltalige Mokete (fees) is ’n inisiatief van die Universiteit van die Vrystaat (UV) om veeltaligheid te bevorder.
Die mokete behels en vier verskillende kulturele uitdrukkings – in die vorm van visuele kuns, poësie, storievertelling, drama, musiek en sang – deur verskillende taalgroepe en in die verskillende tale wat dominant is aan die UV (d.i. Engels, Afrikaans, Suid-Sotho, Zoeloe en Gebaretaal).