ulfe_banner_afr

         Capture
         Prof Theo du Plessis

         anja
         Anja van der Merwe

"Die SATRM bied ’n ryk bron van inligting oor ’n hele aantal taalverwante onderwerpe, van taalregte-litigasie en -aktivisme, tot taalkultuur en ‑bevordering.”

Die dekking van inligting aangaande die taalregte van sowel individue as taalgroepe is uiters belangrik. Dusdanige inligting kan bydra tot ’n bewuswording van taalregte en taalregte-aangeleenthede, ’n gesindheid wat op sy beurt kan help om ’n proaktiewe taalregtekultuur in Suid-Afrika te bevorder. So ’n ingesteldheid is noodsaaklik om gevalle van taaldiskriminasie aan die kaak te stel, te bekamp en uiteindelik te voorkom. Uiteindelik dra dit by tot die verbreding van die demokrasie en bevorder dit sosiale kohesie.

Juis met die oog daarop om ’n bydrae tot die verspreiding van tersaaklike inligting te lewer, het die Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging (ETFB) aan die Universiteit van die Vrystaat, onder leiding van prof. Theo du Plessis, besluit om die inligting voortaan in digitale, blog-formaat beskikbaar te stel. Hierdie gebruikersvriendelike blog is maklik toeganklik vir enige belangstellende. Die kategorisering van die verskillende taalgebruiksdomeine asook die funksionele soekfunksie het ’n moeitelose soekproses tot gevolg. Die publiek word betrek om deel te word van hierdie projek deur hulle menings uit te spreek oor die ontplooiing van taalregte asook ’n nuusskakel aan die ETFB-span te stuur wat vir plasing oorweeg kan word.

In die nuus

"Die vraag na die sin van taalregtelitigasie het ironies genoeg ontstaan na aanleiding van die Skoolbeheerliggaam van Hoërskool Overvaal se onlangse (voorlopige) oorwinning in dié se litigasie teen die Hoof van die Gautengse Departement Onderwys, waarin die Gautengse Hooggeregshof die litigant gelyk gegee het (Governing Body Hoërskool Overvaal v. Head of Department of Education. Judgment 2018). Soos ons weet, het die Hof ’n departementele direktief van 5 Desember 2017 aan die betrokke skoolhoof, naamlik dat die skool bykomende (Engelstalige) leerlinge in 2018 moet inneem, met koste tersyde gestel. Ons weet ook dat die betrokke Lid van die Uitvoerende Raad (LUR), soos ons verwag het, reeds geappelleer het, omdat die skool na 20 jaar van demokrasie skynbaar steeds byna uitsluitlik wit is en dus nie sy omliggende gemeenskap dien nie (Legal Brief 2018). Die slegte nuus omtrent die appèl is dat ons uit die Kovsie-saak agtergekom het hoe die twee onderskeie hoër howe se taalsentimente loop, dat beide die Appèlhof en die Konstitusionele Hof moeite het met objektiwiteit wanneer onse koloniale erfenistaal, Engels, in ’n regsgeding ter sprake kom.

Dus, sonder om nou die saak vooruit te loop, duik die vraag onwillekeurig op of die kool die sous werd is indien regter Prinsloo se uitspraak in die Overvaal-saak na alle waarskynlikheid tog maar uiteindelik omgekeer gaan word. Des te meer in die lig van die protesaksie wat op die uitspraak gevolg het en die grootliks negatiewe publisiteit daaromheen. Het ons hier te make met ’n tipiese geval van “slag gewonnen maar oorlog verloren”?" (Litnet, 2018).|

Die sin van taalregtelitigasie as onderdeel van taalaktivisme (Litnet, 7 Maart  2018)

AfriForum blitskonferensie oor Afrikaans in tersiêre onderwys: Prof Theo du Plessis (YouTube, 23 Februarie 2018)

Litigeer of retireer? Litigasie, taalaktivisme en die posisie van Afrikaans_Maroela Media_22 Februarie 2018

Die Departement van Basiese Onderwys versoek dat alle skole binne die volgende vier jaar Afrikatale in die kurrikulum moet inkorporeer. Hulle versoek ook verder dat veranderinge in skoolkurrikulums aangebring moet word om meer oor die Afrika-realiteit wat betref geskiedenis en taal te reflekteer. Die media het ook die kwessie rondom die Departement van Basiese Onderwys se refleksie oor die ‘dekolonisering’ van skoolkurrikulums onder die loep geneem. Die besinning fokus daarop dat kurrikulums van Shakespeare en sy literêre werke moet wegbeweeg en meer Afrika- en Suid-Afrikaanse drama, letterkunde en poësie in die kurrikulum moet inkorporeer.

Die voormalige grondwetlike regter, Zak Yacoob, is van mening dat SA Gebaretaal die status as die twaalfde amptelike taal gaan aanneem. ’n Belangrike hoogtepunt is die eerste meestersgraad wat in Gebaretaal, in plaas van geskrewe Engels, geskied. 

Die duidelike segregasie in terme van taal, ras en geloof by die 'slegs Afrikaans' De Goede Hoop-koshuis (Universiteit van Pretoria) het groot opspraak in die media verwek. “'De Goede Hoop-koshuis aan die Universiteit van Pretoria is van mening dat die koshuis slegs beskikbaar is vir studente wat lief is vir Afrikaans”. 

'n Vurige taaldebat is gevoer oor die taalstryders vir Afrikaans se geveg om Afrikaans aan universiteite te behou. Die debat loop samehangend met die Appèlhof in Bloemfontein se besluit om Afriforum en Solidariteit se aansoek om die beleid vir die uitfasering van Afrikaans as onderrigtaal tersyde te stel en met koste te verwerp. Dit het groot ontsteltenis onder Afrikaanse studente veroorsaak: “Afrikaans is my moedertaal en dit is wie ek is. Ek was bevoorreg om in my moedertaal onderrig te kry, myself te kan ontdek en uit te druk; asook in my taal my reis om my identiteit binne ’n veeltalige milieu te kan uitleef”, het een student gereageer. 

Het ons iets misgekyk?

Stuur gerus 'n nuuskakel wat u onder ons aandag wil bring na salrm@ufs.ac.za

FACULTY CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept