Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
04 August 2020 | Story Rulanzen Martin | Photo Supplied

 

Dr Nadine Lake, gender studies expert from the Centre for Gender and Africa Studies at the UFS, will participate in a streamed online Facebook discussion on ‘men and masculinities and finding ways of solving conflict and work towards healing the victims, the survivors, the perpetrators.’  This is the 13th episode of the #DigtallyYours discussion series initiated by the embassies of Sweden and the Kingdom of the Netherlands in SA, with support from the European Union in SA. The discussion will be moderated by renowned journalist, Redi Tlhabi.

Other panellists will include Mmatshilo Motsei, S’busiso Malope, Ruben Richards, and Xabiso Vili.

The discussion will be livestreamed on the Facebook page of the Embassy of Sweden as well as the Facebook page of the UFS on Wednesday 5 August 2020 from 15:00.

News Archive

UV belê in gehalte met strategiese fokusgroepe - Volksblad
2006-02-09

Verslaggewer
DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan vanjaar R10 miljoen beskikbaar stel om sekere van sy akademiese en navorsingsaktiwiteite in strategiese fokusgroepe te bedryf.

 

Volgens prof. Frederick Fourie, rektor en visekanselier van die UV, is hierdie ’n belegging in gehalte wat sal help om die UV nasionaal en internasionaal van ander universiteite in die wêreld te onderskei.

Tydens die amptelike opening van die UV verlede week het Fourie beklemtoon dat die strategiese fokusgroepe veel meer behels as net ’n herorganisering van gevestigde navorsingsgebiede.

“Sulke fokusgroepe behels ’n gefokusde deskundigheidsgebied en nie slegs navorsing nie, maar ook sterk voorgraadse en veral nagraadse onderrig en ’n potensieel sterk wetenskaplike grondslag vir samelewingsdiens.

“Strategiese fokusgroepe sal georganiseer word op die grondslag dat hierdie kennisgebiede op kort termyn die vlagskepe van die UV kan word. Dit beteken dat hierdie die gebiede is waarin die UV nou of in die toekoms waarskynlik ’n kompeterende voorsprong sal hê.”
Hy het gesê dit is belangrik dat die UV hom in die volgende fase van sy ontwikkeling posisioneer, nie net as ’n goeie onderrig- en navorsingsuniversiteit nie, maar ook as ’n universiteit wat in strategies belangrike kennisgebiede uitblink. Dit is noodsaaklik om energie en hulpbronne so te rig.

Nie alle akademiese en navorsingsaktiwiteite gaan egter hierdeur geraak word nie. ’n Breë ondersteuningsgrondslag is die afgelope paar jaar geskep vir uitnemende navorsing deur alle akademiese personeellede in hul eie navorsingsgebiede. Dié inisiatief sal naas die nuwe fokusgroepinisiatief steeds voortgaan.

Fourie sê die strategiese fokusgroepbenadering sal in lyn wees met die benadering wat ontwerp word deur die Nasionale Navorsingsraad (NNR) om nasionale prioriteite in berekening te bring. Breedweg is die vyf strategiese gebiede vir die UV voorlopig die volgende:
1. Voedselproduksie, voedselgehalte en voedselsekuriteit vir Afrika.
2. Ontwikkeling en streeksontwikkeling binne die Afrika-konteks.
3. Maatskaplike transformasie binne die Suider-Afrikaanse en Afrika-konteks.
4. Waterhulpbron- en ekostelselbestuur.
5. Tegnologie vir die toekoms. (’n Aparte fokusgroep rakende die chemiese nywerheid kan dalk bepaal word).

“Binne elk van hierdie gebiede kan ’n aantal nisgebiede geïdentifiseer word. Die fokusgebiede dek sowel die geestes- as die natuurwetenskappe, maar uiteraard kan en moet dit nie alles vir almal probeer wees nie,” sê Fourie.

Die presiese formulering en inhoud van die fokus- en nisgebiede sal nog bepaal word tydens gesprekke op die kampus. Dit sal met die hulp van kundiges buite die UV geskied.
Hy sê dit het sin dat ’n mediumgrootte universiteit soos die UV sy menslike hulpbronne, infrastruktuur, finansiële hulpbronne en intellektuele kundigheid sal konsentreer om te verseker dat ’n bydrae gelewer word tot Bloemfontein, die Vrystaat, die land en die Afrika-vasteland.

Hy sê van die uitvloeisels kan ’n belangrike impak op nywerheidsontwikkeling hê, byvoorbeeld in die chemiese bedryf, en dit mag ook ’n grondslag skep vir samewerking met provinsiale, nasionale en internasionale vennote.

Behalwe die R10 miljoen vir die vestiging van die fokusgroepe is daar die afgelope paar jaar groot bedrae beskikbaar gestel vir talle projekte om gehalte in onderrig en leer, in navorsing en ander gebiede te verbeter.

Berig verskyn in Volksblad - Dinsdag, 7 Februarie 2006

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept