Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
17 August 2020 | Story Nitha Ramnath | Photo istock

Within the next five years, 60% of the world’s population will be living in urban areas.  Urban living comes with large-scale economic advantages and society benefits from economies of scale. But, COVID-19 is challenging urban living. We have introduced the term ‘social distancing’ and some policy analysts have even argued for the de-densification of cities.

Join us for a discussion where our panellists will analyse this perceived conflict.

Date: Thursday, 27 August 2020
Time: 14:00 to 15:30 (South African Standard Time – GMT +2)

Please RSVP to Elelwani Mmbadi at mmbadiE@ufs.ac.za  no later than 25 August, upon which you will receive a Skype for Business meeting invite and link to access the webinar.

Speakers: 

Prof Ivan Turok
Dr Geci Karuri-Sebina
Mr Thiresh Govender

Moderator: 
Lochner Marais

News Archive

Verklaring - Afsterwe van student
2005-03-07

Afsterwe van eerstejaarstudent - Verklaring deur Die Rektor en Visekanselier van die UV, Prof Frederick Fourie

Die bestuur van die UV is diep ontsteld oor die tragiese dood van een van ons studente, Hannes van Rensburg, die afgelope naweek. Ons het reeds met die ouers geskakel en ons innige simpatie aan hulle oorgedra.

“Ek is ook erg bekommerd oor die aard van die bewerings oor drankgebruik en -misbruik, en neem elkeen van die bewerings ernstig op.” Die UV-bestuur is, net soos besture by ander universiteite, uiters bekommerd oor die drinkkultuur onder studente, veral ook die element daarvan wat met gewaande manlikheid te doen het. Ook ander elemente van koshuiskultuur en –gesagsverhoudinge hou dalk hiermee verband.

“Ek is ook ten sterkste gekant teen praktyke wat studente dwing tot sekere gedrag soos byvoorbeeld gedwonge drankgebruik”.

Iets soos ‘n “pa-seun” aand is ‘n verskynsel wat by verskeie universiteite voorkom. By die UV is dit geensins deel van die oriënteringsfase van eerstejaars nie. Dit vind juis etlike weke na die ontheffing van die eerstejaars plaas. Dit is ‘n normale funksie waarin seniors en eerstejaars saam sosiaal verkeer in die seniorbonde van koshuise.

Die UV-bestuur het streng beheermaatreëls in plek om drankgebruik te reguleer en dit binne perke te hou. Baie word gedoen om die verantwoordelike gebruik van alkohol aan te moedig. Dit is egter nie altyd moontlik om die individuele gedrag van studente te reguleer nie.

Ek kondig dus die volgende stappe aan, wat onmiddellik van krag is:

  • Die reg van alle seniorbonde op die UV kampus om alkoholiese drank te bedien word onmiddellik teruggetrek, tot verdere kennisgewing.
  • ‘n Indringende ondersoek onder leiding van dr Ezekiel Moraka, Viserektor: Studentesake, na die omstandighede rondom hierdie tragiese gebeurtenis is reeds geloods.
  • ‘n Breër ondersoek na die drinkkultuur en verwante elemente van koshuistradisies sal deel van hierdie ondersoek wees.

Dissiplinêre stappe sal geneem word teen persone wat skuldig bevind word aan wangedrag met betrekking tot hierdie tragiese voorval.


Uitgereik deur: Lacea Loader
Mediaverteenwoordiger
Tel: (051) 401-2584
Sel: 083 645 2454
E-pos: loaderl.stg@mail.uovs.ac.za
7 Maart 2005

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept