Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
17 August 2020 | Story Nitha Ramnath | Photo istock

Within the next five years, 60% of the world’s population will be living in urban areas.  Urban living comes with large-scale economic advantages and society benefits from economies of scale. But, COVID-19 is challenging urban living. We have introduced the term ‘social distancing’ and some policy analysts have even argued for the de-densification of cities.

Join us for a discussion where our panellists will analyse this perceived conflict.

Date: Thursday, 27 August 2020
Time: 14:00 to 15:30 (South African Standard Time – GMT +2)

Please RSVP to Elelwani Mmbadi at mmbadiE@ufs.ac.za  no later than 25 August, upon which you will receive a Skype for Business meeting invite and link to access the webinar.

Speakers: 

Prof Ivan Turok
Dr Geci Karuri-Sebina
Mr Thiresh Govender

Moderator: 
Lochner Marais

News Archive

Volksblad (Editorial) Transformation recipe (Afrikaans)
2007-02-13

(Editorial - Afrikaans)

Dinsdag 13 Februarie 2007
Hoofartikelblad

Transformasie-resep

DIE transformasieproses in Suid-Afrika kan vooruitgang pootjie as dit nie reg aangepak en deurgevoer word nie.
 
 

Anders gestel: 'n Onbekookte, ondeurdagte proses kan soveel skade aanrig dat dit die land jare gaan neem net om weer op die been te kom.

 
 
Dit is hierdie slaggate waarteen prof. Adam Habib, direkteur van demokrasie en regering by die RGN, waarsku. Transformasie in die hoër onderwys is hier ter sprake, maar belangrike lesse is ook vir die res van die staatshuishouding te leer.
 

Habib het op 'n gespreksgeleentheid op die Wits-kampus gesê universiteite kan binne 10 tot 15 jaar sterf as niks gedoen word om nuwe, jong akademici van gehalte te werf nie. In hul poging om te transformeer en "swart boude op sitplekke te kry" het universiteite so agtergeraak met hul doelwitte dat hulle nou selfs van swakker gehalte is as vroeër. "Speletjies" word met transformasie gespeel en 'n "malheid" rondom syfers is aan die gang.
 

Instellings fokus so daarop om hul kwota-mikpunte te bereik, sê die professor, dat dienslewering en kundigheid die kreeftegang gaan. "So kry 'n mens 'n situasie waar die adjunk-president dan aankondig sy moet Indië toe gaan om vaardige mense te kry."
 

'n Mens kan net hoop dat hierdie waarskuwings op die regte ore val.
 

Transformasie is nodig, maar beslis nie tot elke prys nie.
 

Dit kan die hoëronderwys-sektor loon om te kom kyk waarheen die Universiteit van die Vrystaat met sy Institusionele Manifes op pad is.
 

Die manifes, tans nog 'n besprekingsdokument, gaan die transformasieproses van die UV rig met as einddoel 'n instelling waar alle Suid-Afrikaners plek sal hê en tuis sal voel, maar waarin kernwaardes soos akademiese gehalte en die volgehoue versterking van kernbevoegdhede en -vermoëns ononderhandelbaar is.
 

Dit is sekerlik die enigste pad na transformasie-welslae wat Suid-Afrika kan en moet loop.

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept