Latest News Archive
Please select Category, Year, and then Month to display items
The academic calendar for 2021 was approved by the Executive Committee of Senate (ECS) on Friday 4 December 2020. The calendar has been compiled with the assumption that Level 1 of the national lockdown level will continue. Click here to view:
UFS 2021 Academic Calendar
Student excels in martial arts
2007-05-17
Me. Liza Coetzee, 'n Ph.D.-student aan die Departement Fisika van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Krygkunskampioenskappe wat in Nelspruit, Mpumalanga plaasgevind het vier goue en een silwer trofeë verower. Sy is ook aangewys as die beste senior damestudent by die byeenkoms. Me. Coetzee is die afrigter van die White Tigers Combat Tang Soo Do-klub in Bloemfontein. Die span het 36 trofeë op die nasionale kampioenskappe verower. Agt van haar studente is gekies vir die Nasionale en Presidentsontwikkelingspanne wat Suid-Afrika se titel as huidige wêreldkampioen later vanjaar in Nederland gaan verdedig. Hier is me. Coetzee saam met Grand Master Jeong Seong Kim van Suid-Korea.
Foto: Verskaf
|
 |