Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
01 September 2020 | Story Dr Nitha Ramnath | Photo Supplied
Devina Harry Kader Asmal Fellowship
The UFS’ Devina Harry was accepted into the Kader Asmal Fellowship Programme.

The UFS’ own Devina Harry is set to travel to Ireland in September 2020 to begin a year-long Fellowship Programme for a Master of Business. As one of 20 students selected from the African continent, Devina was recently accepted into the Kader Asmal Fellowship Programme, which affords her the opportunity to study in Ireland during the 2020/21 academic year.

A research assistant in the Department of Business Management, Devina holds an Honours in Marketing. “I am very grateful to be awarded this scholarship and excited about this new journey,” says Devina, who is scheduled to begin the programme in October 2020. “I hope to come back to South Africa and contribute to my field of study,” she says.

Devina went through a rigorous application process and had to meet the criteria for selection, one of which is having a minimum average grade point of 75% for her honours.

Prof Brownhilder Nene, Head of Department: Business Management, gave Devina some words of encouragement: “You will never know how far you can go unless you try. Thank you, Devina, for stepping out of your comfort zone and getting this scholarship.” 

The Kader Asmal Fellowship Programme is a South African strand of a broader Ireland-Africa Fellows Programme managed by the Irish Department of Foreign Affairs and Trade. It was set up in 2012 in honour of the late Professor Kader Asmal, and is a fully-funded scholarship opportunity for those who want to develop skills and knowledge to contribute to the achievement of the Sustainable Development Goals in South Africa.

News Archive

Twee broers lewer intreerede
2004-06-10

‘n Unieke geleentheid sal homself môre, 9 Junie 2004, voordoen wanneer twee broers - proff Francois en Janse Tolmie - tydens dieselfde geleentheid hul intreeredes aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal lewer.

Prof Francois Tolmie is verbonde aan die UV se Departement Nuwe Testament en die onderwerp van sy lesing is Die impak van die metodologie op die verstaan van die Nuwe Testament. Prof Janse Tolmie, sy jonger broer, is verbonde aan die UV se Departement Rekenaarwetenskap en Informatika en die onderwerp van sy lesing is Die rol van inligtingstegnologie in kennisbestuur.

Hoewel die studievelde vér verwyderd staan, klop die twee broers se missies wat betref die terugploeg van die verworwe vakkennis ten bate van die gemeenskap. Prof Francois Tolmie is nóú betrokke by dowes en Prof Janse Tolmie tap weer kunsmatige intelligensie ten bate van die mediese wetenskap en geestesgesondheid.

Prof Francois Tolmie verwerf die grade BA, BA Honneurs (Grieks), MA (Grieks), B Th en M Th almal cum laude aan die UV. In 1992 verwerf hy 'n D Th (Nuwe Testament) en in 2004 'n Ph D (Grieks) aan dieselfde universiteit. Na sy militêre diens as kapelaan in Walvisbaai aanvaar hy 'n beroep na die NG-gemeente Walvisbaai. Hy begin sy akademiese loopbaan op 1 April 1990 as senior lektor in die Departement Nuwe Testament en word in 1999 tot medeprofessor en in 2003 tot professor bevorder.

Sy navorsingspesialiteit is die Johannesevangelie en die Brief aan die Galasiërs. Hy is tesourier van die Nuwe Testamentiese Werksgemeenskap van Suid-Afrika, lid van die Society of Biblical Literature en die Studiorum Novi Testamenti Societas, redakteur van Acta Theologica en assistent-redakteur van Neotestamentica. Hy het reeds 34 artikels in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer, asook drie populêr-wetenskaplike boeke en talle bydraes in populêr-wetenskaplike boeke. Hy het twee akademiese boeke in die buiteland gepubliseer - onderskeidelik in Nederland en in die VSA. Later vanjaar verskyn 'n derde akademiese boek in Duitsland. Hy is ook een van die vertalers van die Afrikaanse Bybel vir Dowes.

Prof Janse Tolmie verwerf die grade B Sc, B Sc (Hons) en M Sc (Cum Laude) in Rekenaarwetenskap aan die UV.

Hy is vanaf 1989 betrokke by die UV en was ook ’n dosent aan die Militêre Akademie in Saldanhabaai in 1990/91 en het klas gegee by DePaul Universiteit in Chicago in 2002.

In 1992 is hy vir ses maande gesekondeer na ’n patologiese firma, Van Drimmelen en Vennote, in Johannesburg vir die ontwikkeling van kennisgebaseerde sagteware. Met hierdie projek word hy een van slegs ’n handjievol navorsers in die wêreld wat daarin kon slaag om ’n mediese kundigheidstelsel te ontwikkel wat werklik gebruik word.

Hy verwerf sy Ph D in 1994 en in 1994/95 doen hy navorsing aan die Besigheidskool van Carleton Universiteit in Ottawa, Kanada. Hy word in 1997 bevorder tot mede-professor en in 2003 tot volprofessor. Vanaf 2003 tree hy op as departementele voorsitter van die UV se Departement Rekenaarwetenskap en Informatika.

Hy het meer as 30 publikasies al die lig laat sien, insluitend verskeie internasionale kongresbydraes en artikels in geakkrediteerde joernale. Hy was ook vir 2 siklusse geëvalueer by die NRF. Sy portfolio sluit in die ontwikkeling van sagteware of prototipes vir groot maatskappye soos Van Drimmelen en Vennote en Bayer Diagnostics (VSA). Sy privaatbesigheid fokus op die ontwikkeling van nismarksagteware vir tersiêre instellings. Die sagteware word tans gebruik deur afdelings aan verskeie universiteite in Suid-Afrika.

Die geleentheid vind om 19:00 in die CR Swart-ouditorium op die kampus plaas.

MEDIAVERKLARING

Uitgereik deur: Lacea Loader
Mediaverteenwoordiger
Tel: (051) 401-2584
Sel: 083 645 2454
E-pos: loaderl.stg@mail.uovs.ac.za
 

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept