Baie geluk uit ‘n feesvierende Kovsie-land! Ons is een en almal trots op jou insluiting in die Bokspan vir die komende toer en sien uit daarna om jou vordering dop te hou.
Ons hier op die Bult staan ‘n oomblik op en bring graag eer aan ons vyf Kovsies in die span – uit ‘n wenspan gekies tot ‘n wenspan.
Wees daarvan verseker dat ons deel van die pawiljoen uitmaak en julle in ons hart en gebede koester.
Beste wense!
Frederick C v N Fourie Rektor en Visekanselier
2004-10-29
Dr Derik Coetzee Menslike Bewegingskunde
Beste Derik
Jou insluiting as biokinetikus van die Springbok-rugbyspan na Engeland is ‘n bewys van die vertroue wat na die afgelope drie nasie reeks in jou gestel word. Baie geluk daarmee!
Dis besonders om te sien hoedat jy die Kovsie-visie van uitnemendheid uitleef.
Dis nie aldag dat Kovsies kan spog met 'n personeellid wat deel is van die Springbok-rugbyspan se ondersteuningsgroep nie, asook vyf (5) spelers wat in die span speel. Jy het jouself bewys as 'n waardige ambassadeur vir Kovsies. Ons is trots op jou.
Beste wense
Frederick CvN Fourie Rektor en Visekanselier
Economic and Management Sciences
Education
Health Sciences
The Humanities
Law
Natural and Agricultural Sciences
Theology and Religion
Open Distance Learning
Business School
We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.