Visit our dedicated Africa Month webpage here
Die Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs ‘n seminaar oor trustreg aangebied. Die aanbieder was prof. Willie van der Westhuizen, hoof van die Trustreg- en Boedelbeplanningsafdeling van die George- en Kaapstadkantore van Millers Ing. Prof. van der Westhuizen het gefokus op holistiese boedelbeplanning en die vermyding van slaggate in trustaktes. Die seminaar is bygewoon deur vyftig mense bestaande uit prokureurs, advokate, akademici, besigheidsmanne, dokters en studente. Die sentrum beoog soortgelyke seminare in die toekoms. Hier is, van links voor: adv. Bradley Smith, Departement Privaatreg aan die UV, mnr. Pieter Brits, Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die UV; agter: mnr. Kenneth Mould, Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die UV, mnr. Louis van Vuuren, BOE Bank en hoofborg van die seminaar, prof. Van der Westhuizen, en mnr. James Faber, Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die UV. Foto: Stephen Collett
Economic and Management Sciences
Education
Health Sciences
The Humanities
Law
Natural and Agricultural Sciences
Theology and Religion
Open Distance Learning
Business School
We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.