Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
13 October 2021 | Story Dr Nitha Ramnath


The Rector and Vice-Chancellor of the University of the Free State (UFS), Prof Francis Petersen, has the pleasure of inviting you to the 2020/21 virtual presentation of Recognition of Service Awards and recognition of staff members retiring from service in 2020 and 2021. Join us in celebrating the milestones of our dedicated staff. 

RSVP: Please confirm your attendance with Alicia Pienaar at pienaaran1@ufs.ac.za by 22 October 2021, after which the link will be shared.


News Archive

UFS tennis player off to World Games in Turkey
2005-04-06

Kovsie se nommer 1 gekeurde tennisspeler Michelle van Staden is na afloop van die SASSU Oefenkamp van 28 Maart - 2 April 2005 te Pretoria in die SA Studente span verkies om aan die 23ste Studente Wêreldspele in Turkye, Izmar vanaf 10 - 21 Augustus 2005 deel te neem.

Van Staden het te same met 3 ander Kovsie wat in die SA Studente oefengroep opgeneem is, nl. Dillon van der Haer  (Kovsie se nr. 1 mansspeler), Elliott Hogan  (2de agtereen volgende jaar tot oefengroep verkies)  en Lizelle Smith  (Kovsies se nr. 2 gekeurde damesspeler)  aan die oefenkamp in Pretoria deelgeneem.  Die week het bestaan uit fiksheidstoetse en rondomtalie wedstryde.  Uit die 8 mans- en 8 damesspelers van verskeie Tersiêre Instellings in SA is slegs 3 mans en 3 dames verkies tot die span wat na Turkye sal reis.

Die span is:  Mans:  Heinrich Heyl  (Tuks), Warwic Spence  (UJHB), Joshua Nkachela  (Tuks).  Reserwe: Mark Prior  (UJHB).

Dames:  Michelle van Staden  (Kovsies), Catherine Perkins  (UKZN), Zanele Tshabalala  (TUT).  Reserwe:  Leentjie Oosthuizen  (Maties).

Michelle het gedurende verlede jaar se SASSU toernooi nie een wedstryde afgestaan en is nie-amptelik as die nr. 1 damesspeler in SA studente tennis aangewys.  Smith was ook deel van die Kovsie vrouespan wat die goue medalje verower het tydens die toernooi.

Die UV se afrigter, mnr. Marnus Kleinhans sal die SA Studente span as spanbestuurder na Turkye vergesel.  Die afrigter is mnr. Gerrie Dippenaar van die UJHB.

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept