Latest News Archive
Please select Category, Year, and then Month to display items
13 October 2021
|
Story Dr Nitha Ramnath

The Rector and Vice-Chancellor of the University of the Free State (UFS), Prof Francis Petersen, has the pleasure of inviting you to the 2020/21 virtual presentation of Recognition of Service Awards and recognition of staff members retiring from service in 2020 and 2021. Join us in celebrating the milestones of our dedicated staff.
RSVP: Please confirm your attendance with Alicia Pienaar at pienaaran1@ufs.ac.za by 22 October 2021, after which the link will be shared.
Varsity Cup launched at the UFS
2008-02-14
|
Eerste Nasionale Bank (ENB) het onlangs die ENB Varsitybeker-kompetisie, waarin Suid-Afrika se top-universiteite teen mekaar gaan meeding, aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) bekend gestel.
Die Varsitybeker-konsep bestaan uit agt spanne wat op Maandae teen mekaar sal meeding, gevolg deur twee halfeindstryde en ‘n eindstryd. Die wedstryde skop 18 Februarie 2008 af en die laaste wedstryd sal op 7 April 2008 gespeel word. Die Shimlas se wedstryde (4) begin op 25 Februarie 2008 teen die Universiteit van Johannesburg en eindig op 15 Maart 2008 teen die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.
‘n ENB Varsitybeker-feestoernooi word oor die Paasnaweek in April vanjaar in George beplan waar al agt spanne elk drie ligawedstryde sal speel. ‘n Koshuis van elk van die agt spanne se universiteit sal ook die geleentheid kry om teen mekaar in George te speel. Dit sal die eerste keer in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis wees dat universiteitskoshuise in ‘n toernooi teen mekaar sal meeding.
By die loodsing was, van links: prof. Frederick Fourie (Rektor en Visekanselier van die UV), mnr. James Letuka (Direkteur: KovsieSport) mnr. Francois Pienaar (voormalige Springbokkaptein en direkteur van die ENB Varsitybeker), en mnr. De Wet Ras (KovsieSport).
Foto: Leonie Bolleurs
|