Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
27 March 2023 | Story Valentino Ndaba

This year, the University of the Free State will witness one of its biggest graduation seasons yet. A total of 19 ceremonies will take place this April. The Qwaqwa Campus will host four ceremonies from 14 to 15 April and the Bloemfontein Campus will host fifteen celebrations from 18 to 22 April 2023. 

A grand total of 8 628 graduates will walk across the stage throughout the seven days. In addition, four honorary doctorates will also be conferred. Prof Stephen Brown will be awarded the Council Medal, Prof Mattheus Lötter is to receive the Chancellor's Medal.

Qwaqwa Campus Graduation Ceremonies

 

 

Bloemfontein and South Campus Graduation Ceremonies

For more information on guides and attires, click here.

Download the graduation schedule here.

News Archive

UV Voices Kamerkoor by die KKNK
2005-03-10

Membra Jesu nostri – Buxtehude (1637 – 1707)
 

Membra Jesu nostri patientis sanctissima (Die allerheilige liggaam van die lydende Jesus aan die kruis) deur Buxtehude het die Kruisiging van Jesus as tema.

Die uurlange werk word in Latyn gesing en handel in elk van die sewe dele oor ‘n deel van Jesus se liggaam aan die kruis: voete, knië, hande, die sy, bolyf, hart en gesig. Voices Inc – Kovsie kamerkoor word bygestaan deur die Odeion Strykkwartet met Francois Henkins, Abrie de Wet, John Wille en Michaela Haller. Die kontrabas word deur Alba Henkins-Molller bespeel en Jan Beukes is die orrelis.

Die woorde in Latyn wat buitengewoon was vir ‘n werk deur Buxtehude, is geneem uit die Latynse Bybel (Vulgate) en van die Rhytmica Oratio Sancti Bernadi, ‘n strofiese gedig deur St Bernard van Claivaux (c1090 – 1153).

Die wyse waarop Jesus se pyn aan die kruis uitgebeeld word asook die gebed en uitroep van versoening tussen God en die mensdom was deel van die Piëtiste se oortuigings van die tyd.

Die werk is saamgestel uit sewe afsonderlike dele wat telkens deur ‘n instrumentale sonate aangekondig word. Die koor lui die vokale bydrae in en sluit elke deel ook af. Die res van die werk bestaan uit verskillende groeperings van solo’s en trio’. Interessante vokale kombinasies kan gehoor word, bv. twee soprane en bas asook sopraan, alt en tenoor.

Hierdie opwindende aanbieding van Membra Jesu nostri, ‘n juweel uit die Baroktydperk, word aangebied deur ‘n groep energieke studente van Kovsies. Die jeugdige klank van die soliste – almal studente aan die Universiteit van die Vrystaat - dra by tot die egtheid van die Barok-klank. Die koor staan onder leiding van Leona Geldenhuys, dosent in Koorleiding aan die UV.

Optreedatums in die Moederkerk op Oudtshoorn. is:

 

  • Vrydag 25 Maart om 19:00
  • Saterdag 26 Maart om 13:00
  • Sondag 27 Maart om 19:00
  • Maandag 28 Maart om 16:00
  • Dinsdag 29 Maart om 10:00

Toegang is R50,00

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept