Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
14 August 2025 | Story Gerda Marié van Rooyen | Photo Stephen Collett
Prof Angelique van Niekerk
The Top Management of the UFS was represented by Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the guests in Afrikaans. With him is Prof Angelique van Niekerk, who delivered her inaugural lecture; Dr Francois Smith, Head of the Department of Afrikaans and Dutch, German and French; and Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities.

In her inaugural lecture on 5 August 2025, Prof Angelique van Niekerk emphasised that linguistic choices in persuasive communication, specifically advertising communication, carry ideological implications. This is referred to as ‘linguistic capital’, which includes all the language instruments available to a competent language practitioner and/or copywriter.

The inaugural lecture, titled ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025 (A cultural and psycholinguistic perspective on how a worldview is influenced based on advertising communication: 1995-2025), offered an overview of some of her published research concerning the use of different linguistic instruments within the disciplines, such as syntax, sociolinguistics, morphology, semantics, pragmatics, etc.

Prof Van Niekerk, a lecturer in the Department of Afrikaans and Dutch, German and French at the University of the Free State (UFS), also elaborated on aspects such as nostalgia, controversy, intertextuality, identity, etc., from her research within applied linguistics, based on Afrikaans and English print advertisements.

The lecture concluded with examples from Afrikaans magazines and archives of the Loerie and Pendoring advertisements from 2020 onwards. These examples illustrated the importance of cultural congruence and intellectual challenge (play) in an effective (good) advertisement. 

“Recent examples (data) emphasise the importance of social issues as a point of reference; that with which the speaker (marketer) and audience (target market) identify – their good cause,” said Prof Van Niekerk. She referred to significant patterns from recent South African print advertising, stating that South African advertisements involve inclusivity, interactivity through the use of web addresses, QR codes, etc., acknowledgement of the market’s heritage/roots, cultural norms, etc., social consciousness, and a world without pretentiousness.

 

Prestigious attendees

In attendance was Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the attendees in Afrikaans. He described the event not only as a ceremonial right, but also as the celebration of a milestone, the sharing of knowledge, a goal, and setting the course for the future. “This (the inaugural lecture) is a joyous occasion, especially because it coincides with the official centenary of Afrikaans.” 

Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities and Vice-Dean: Teaching and Learning, introduced the star of the evening and highlighted some of Prof Van Niekerk's academic achievements, including a PhD in Afrikaans and Dutch and a master’s degree in Communication Sciences (cum laude), as well as a C rating from the National Research Foundation, underlining her contribution to academic research.

The final word of the evening belonged to Head of Department, Dr Francois Smith. “It is significant how you have proved how applied linguistics can get a grip on who and what we are and how we shape our world through language. Science allows us to take a step back and contemplate how language gives us the leverage to take hold of our world. This lecture underscores that our work is of value and has something to offer the world, because language can widen borders and gives us a way to look at the future.”

 


 

Vakmanskap van advertensiewese in intreerede bespreek

 

Prof Angelique van Niekerk, dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, het gedurende haar intreerede op 5 Augustus 2025 beklemtoon dat taalpraktyk, oftewel taalkeuse, in oorredende en spesifiek advertensiekommunikasie ideologiese implikasie inhou. Daar word hierna verwys as ‘linguistiese kapitaal’ en sluit in al die taalverwante instrumente in die hand van ʼn vaardige taalpraktisyn (kopieskrywer). 

Prof Van Niekerk het in haar intreerede, getitel ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025, eerstens ’n oorsig gebied van die navorsing wat sy reeds gedoen het oor die funksionele aanwending van die verskillende taalinstrumente binne die teoretiese dissiplines soos sintaksis, sosiolinguistiek, morfologie, semantiek, pragmatiek, ens.

Daarna het sy ’n oorsig gebied uit die toegepaste linguistiek (in Afrikaans en Engels) op grond van Suid-Afrikaanse advertensiekommunikasie. Die gebruik van aspekte soos nostalgie, kontroversie, intertekstualiteit, identiteit, ens. in die advertensiewese is juis om hierdie rede op data van 1995-2025 geskoei. Prof Van Niekerk het haar intreerede afgesluit met voorlopige insigte oor die aard van gedrukte advertensiekommunikasie uit datastelle sedert veral 2020 (Afrikaanse tydskrifte, advertensies uit die Pendoring- en Loerie-argief).

Die belangrikheid van kulturele kongruensie en intellektuele uitdaging (spel) in ʼn goeie/ doeltreffende advertensie – soos ook aangedui deur Gevorgyana en Manucharovab (2015) – is ook uitgelig. Onlangse advertensies (datastelle) blyk die belangrikheid te toon van sosiale kwessies as verwysingspunt; dit waarmee die spreker en ontvanger identifiseer (jou good cause). 

Die patroonmatigheid en opvallendhede uit meer onlangse Suid-Afrikaanse advertensies is uitgelig. Plaaslike advertensies behels multi-identiteite en ʼn (ras)-inklusiewe samelewing waarin tale saam gebruik en afgewissel word binne een teks/konteks; verhoogde interaktiwiteit deur webadresse, QR-kodes, ens.; erkenning van die teikenmark se herkoms, sosiale bewustheid (bv. genderregte en omgewingsbewaring) en ’n wêreld gestroop van valse skyn.

 

Vooraanstaande gaste

Prof Vasu Reddy, Adjunk-Visekanselier: Navorsing en Internasionalisering, het die gehoor in Afrikaans verwelkom. Hy het die geleentheid nie bloot as ʼn seremoniële reg beskryf nie, maar ook as die viering van ’n mylpaal, die deel van kennis, ʼn doelwit en as padkaart vir die toekoms. “Dit (die intreerede) is ’n vreugdevolle gebeurtenis, veral omdat dit saamval met die amptelike eeufeesviering van Afrikaans.”

Prof Marlize Rabe, waarnemende Dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe en Visedekaan: Onderrig en Leer, het die ster van die aand aan die gehoor bekendgestel en sommige van haar akademiese prestasies uitgelig. Dit sluit in ʼn PhD in Afrikaans en Nederlands en ’n meestersgraad (cum laude) in Kommunikasiewetenskap, sowel as ‘n C-gradering van die Nasionale Navorsingstigting wat prof Van Niekerk se bydrae tot akademiese navorsing staaf.

Die laaste woord van die aand het aan die Departementshoof, dr Francois Smith, behoort. “Dit is besonders hoe jy gewys het hoe toegepaste linguistiek ons ’n greep kan gee op wie en wat ons is en ons wêrelde skep deur taal, hoe ons verlei en verlok word. Wetenskap laat ons terugtree en sien hoe taal gebruik word en ons ’n vashouplek gee. Dis ’n bevestiging dat ons wetenskap en loopbane iets bied aan die wêreld waarin ons is. Taal is ’n manier om ons wêreld te verbreed, grense oop te maak en ’n manier te gee om na die toekoms te kyk.” 

News Archive

UV vestig hom afgelope eeu as leier op verskeie terreine
2004-05-11

Michelle O'Connor - Volksblad - 11 Mei 2004

Ondank terugslae nou 'n 'gesonde volwassene'

HOEWEL die Universiteit van die Vrystaat (UV) vanjaar sy eeufees vier en met 23 000 studente die grootste universiteit in die sentrale deel van die land is, was dié instelling se geboorte glad nie maklik nie. MICHELÉ O'CONNOR het met prof. Frederick Fourie, rektor, oor die nederige begin van dié instelling gesels.

DIE behoefte aan 'n eie universiteit in die Vrystaat het reeds in 1855, kort ná die stigting van Grey-kollege, kop uitgesteek.

Grey se manne het hulleself teen 1890 begin voorberei om die intermediêre B.A.-eksamens af te lê. Dié eksamen het hulle toegang gegee tot die tweede jaar van 'n B.A.-graad aan die destydse University of the Cape Good Hope, nou die Universiteit van Kaapstad.

"Presidente F.W. Reitz en M.T. Steyn het destyds albei die stigting van 'n universiteit hier bepleit. Die grootste rede was sodat die seuns van die Vrystaat nie weggestuur word nie.

"Dié twee se droom is op 28 Januarie 1904 bewaarheid toe ses studente hulle onder dr. Johannes Bril, as hoof/rektor van Grey-kollege, vir die graad B.A. ingeskryf het. Dié graad is aanvanklik deur die Kaapse universiteit toegeken.

"Net die klassieke tale soos Latyns en Grieks, die moderne tale, Nederlands, Duits en Engels, filosofie, geskiedenis, wiskunde, fisika, chemie, plant- en dierkunde is aanvanklik aangebied.

"Die UV se geboue het gegroei van 'n klein tweevertrek-geboutjie wat nou naby Huis Abraham Fischer staan, en verblyf in die Grey-kollege se seunskoshuis," sê Fourie.

Volgens hom is die universiteit se eerste raad en senaat tussen 1904 en 1920 saamgestel. Die eerste dosente is aangestel en die eerste geboue opgerig. "Dié tyd was egter baie moeilik.

"Die instelling het teen 1920 net 100 studente gehad en was geldelik in die knyp. Daar was geen vaste rektor nie en geen vooruitgang nie. Vrystaatse kinders is steeds na ander universiteite gestuur.

"Ds. J.D. Kestell, rektor van 1920 tot 1927, het egter dié instelling finaal gevestig.

"Hy het self studente van oor die hele Vrystaat gewerf en geld by onder meer kerke en banke ingesamel. Kestell het selfs Engelse ouers oortuig om hul kinders na die Greyuniversiteitskollege (GUK) te stuur en teen 1927 het dié instelling met 400 studente gespog.

"In die tydperk tussen 1927 en 1950 het die GUK weer verskeie terugslae beleef.

"In dié tyd was dit onder meer die Groot Depressie en die Tweede Wêreldoorlog. Die armblanke-vraagstuk het regstreeks op studente en dosente ingewerk en die politieke onderstrominge van dié tyd het die instelling ontwrig.

"Die GUK het egter oorleef en die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat (UKOVS) is in 1935 gebore," sê Fourie.

Hy sê in dié tyd is verskeie fakulteite gevestig en teen 1950 het die UKOVS met 1 000 studente gespog.

Teen 1950 het dit 'n onafhanklike universiteit geword en die naam is verander na die Universiteit van die OranjeVrystaat (UOVS).

Dié tydperk is gekenmerk deur Afrikaner- en blanke selfvertroue en heerskappy. Studentegetalle het tot 7 000 in 1975 gegroei en heelwat vooruitgang het in dié tyd plaasgevind.

"Tussen 1976 en 1989 sukkel dieuniversiteit weer met onder meer ekonomiese krisisse, die land se politieke onstabiliteit en word die UOVS geï soleer.

"Een ligpunt in dié tyd is die toelating van die eerste swart studente, die nuwe Sasol-biblioteek en die fakulteit teologie wat die lig sien.

"Tussen 1990 en vanjaar het die UOVS verskeie op- en afdraandes beleef. Die universiteit doen nie net die eerste stappe van transformasie nie, maar begin ook aan 'n beleid van multikulturaliteit werk.

"Die UOVS se naam verander in 1996 na die Universiteit van die Vrystaat/University of the Free State en in 2001 word die Sotho-vertaling bygevoeg.

"Geldelike druk en probleme neem drasties toe en personeel word gerasionaliseer.

"Teen 2000 begin die UV met 'n draaistrategie en studentegetalle neem tot meer as 23 000 toe," sê Fourie.

Hy sê die UV het die afgelope eeu nie net verskeie terugslae oorleef nie, maar homself ook op verskeie gebiede as 'n leier gevestig.

Die universiteit behaal sy eie geldelike mikpunte, neem 'n nuwe taalbeleid van veeltaligheid aan en herbelê in personeel.

Die instelling inkorporeer die kampusse van die Vista- en Qwaqwa-universiteit en groei internasionaal.

Die UV vestig ook fondamente van 'n institusionele kultuur van verdraagsaamheid, geregtigheid en diversiteit.

"Die baba het in die afgelope eeu 'n gesonde volwassene geword."

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept