Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
14 August 2025 | Story Gerda Marié van Rooyen | Photo Stephen Collett
Prof Angelique van Niekerk
The Top Management of the UFS was represented by Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the guests in Afrikaans. With him is Prof Angelique van Niekerk, who delivered her inaugural lecture; Dr Francois Smith, Head of the Department of Afrikaans and Dutch, German and French; and Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities.

In her inaugural lecture on 5 August 2025, Prof Angelique van Niekerk emphasised that linguistic choices in persuasive communication, specifically advertising communication, carry ideological implications. This is referred to as ‘linguistic capital’, which includes all the language instruments available to a competent language practitioner and/or copywriter.

The inaugural lecture, titled ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025 (A cultural and psycholinguistic perspective on how a worldview is influenced based on advertising communication: 1995-2025), offered an overview of some of her published research concerning the use of different linguistic instruments within the disciplines, such as syntax, sociolinguistics, morphology, semantics, pragmatics, etc.

Prof Van Niekerk, a lecturer in the Department of Afrikaans and Dutch, German and French at the University of the Free State (UFS), also elaborated on aspects such as nostalgia, controversy, intertextuality, identity, etc., from her research within applied linguistics, based on Afrikaans and English print advertisements.

The lecture concluded with examples from Afrikaans magazines and archives of the Loerie and Pendoring advertisements from 2020 onwards. These examples illustrated the importance of cultural congruence and intellectual challenge (play) in an effective (good) advertisement. 

“Recent examples (data) emphasise the importance of social issues as a point of reference; that with which the speaker (marketer) and audience (target market) identify – their good cause,” said Prof Van Niekerk. She referred to significant patterns from recent South African print advertising, stating that South African advertisements involve inclusivity, interactivity through the use of web addresses, QR codes, etc., acknowledgement of the market’s heritage/roots, cultural norms, etc., social consciousness, and a world without pretentiousness.

 

Prestigious attendees

In attendance was Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the attendees in Afrikaans. He described the event not only as a ceremonial right, but also as the celebration of a milestone, the sharing of knowledge, a goal, and setting the course for the future. “This (the inaugural lecture) is a joyous occasion, especially because it coincides with the official centenary of Afrikaans.” 

Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities and Vice-Dean: Teaching and Learning, introduced the star of the evening and highlighted some of Prof Van Niekerk's academic achievements, including a PhD in Afrikaans and Dutch and a master’s degree in Communication Sciences (cum laude), as well as a C rating from the National Research Foundation, underlining her contribution to academic research.

The final word of the evening belonged to Head of Department, Dr Francois Smith. “It is significant how you have proved how applied linguistics can get a grip on who and what we are and how we shape our world through language. Science allows us to take a step back and contemplate how language gives us the leverage to take hold of our world. This lecture underscores that our work is of value and has something to offer the world, because language can widen borders and gives us a way to look at the future.”

 


 

Vakmanskap van advertensiewese in intreerede bespreek

 

Prof Angelique van Niekerk, dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, het gedurende haar intreerede op 5 Augustus 2025 beklemtoon dat taalpraktyk, oftewel taalkeuse, in oorredende en spesifiek advertensiekommunikasie ideologiese implikasie inhou. Daar word hierna verwys as ‘linguistiese kapitaal’ en sluit in al die taalverwante instrumente in die hand van ʼn vaardige taalpraktisyn (kopieskrywer). 

Prof Van Niekerk het in haar intreerede, getitel ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025, eerstens ’n oorsig gebied van die navorsing wat sy reeds gedoen het oor die funksionele aanwending van die verskillende taalinstrumente binne die teoretiese dissiplines soos sintaksis, sosiolinguistiek, morfologie, semantiek, pragmatiek, ens.

Daarna het sy ’n oorsig gebied uit die toegepaste linguistiek (in Afrikaans en Engels) op grond van Suid-Afrikaanse advertensiekommunikasie. Die gebruik van aspekte soos nostalgie, kontroversie, intertekstualiteit, identiteit, ens. in die advertensiewese is juis om hierdie rede op data van 1995-2025 geskoei. Prof Van Niekerk het haar intreerede afgesluit met voorlopige insigte oor die aard van gedrukte advertensiekommunikasie uit datastelle sedert veral 2020 (Afrikaanse tydskrifte, advertensies uit die Pendoring- en Loerie-argief).

Die belangrikheid van kulturele kongruensie en intellektuele uitdaging (spel) in ʼn goeie/ doeltreffende advertensie – soos ook aangedui deur Gevorgyana en Manucharovab (2015) – is ook uitgelig. Onlangse advertensies (datastelle) blyk die belangrikheid te toon van sosiale kwessies as verwysingspunt; dit waarmee die spreker en ontvanger identifiseer (jou good cause). 

Die patroonmatigheid en opvallendhede uit meer onlangse Suid-Afrikaanse advertensies is uitgelig. Plaaslike advertensies behels multi-identiteite en ʼn (ras)-inklusiewe samelewing waarin tale saam gebruik en afgewissel word binne een teks/konteks; verhoogde interaktiwiteit deur webadresse, QR-kodes, ens.; erkenning van die teikenmark se herkoms, sosiale bewustheid (bv. genderregte en omgewingsbewaring) en ’n wêreld gestroop van valse skyn.

 

Vooraanstaande gaste

Prof Vasu Reddy, Adjunk-Visekanselier: Navorsing en Internasionalisering, het die gehoor in Afrikaans verwelkom. Hy het die geleentheid nie bloot as ʼn seremoniële reg beskryf nie, maar ook as die viering van ’n mylpaal, die deel van kennis, ʼn doelwit en as padkaart vir die toekoms. “Dit (die intreerede) is ’n vreugdevolle gebeurtenis, veral omdat dit saamval met die amptelike eeufeesviering van Afrikaans.”

Prof Marlize Rabe, waarnemende Dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe en Visedekaan: Onderrig en Leer, het die ster van die aand aan die gehoor bekendgestel en sommige van haar akademiese prestasies uitgelig. Dit sluit in ʼn PhD in Afrikaans en Nederlands en ’n meestersgraad (cum laude) in Kommunikasiewetenskap, sowel as ‘n C-gradering van die Nasionale Navorsingstigting wat prof Van Niekerk se bydrae tot akademiese navorsing staaf.

Die laaste woord van die aand het aan die Departementshoof, dr Francois Smith, behoort. “Dit is besonders hoe jy gewys het hoe toegepaste linguistiek ons ’n greep kan gee op wie en wat ons is en ons wêrelde skep deur taal, hoe ons verlei en verlok word. Wetenskap laat ons terugtree en sien hoe taal gebruik word en ons ’n vashouplek gee. Dis ’n bevestiging dat ons wetenskap en loopbane iets bied aan die wêreld waarin ons is. Taal is ’n manier om ons wêreld te verbreed, grense oop te maak en ’n manier te gee om na die toekoms te kyk.” 

News Archive

Verslag: SA studente atletiek (Afrikaans)
2005-04-28

Absa-kovsieatletiek
SA studente atletiekkampioenskap - 22 en 23 April 2005 Johannesburg Universiteit

 

Weereens baie goed!!! Dit is hoe ons die Kovsieatlete se vertonings op en af van die baan af kan beskryf. Die 22 medaljes vanjaar teenoor die 25 van 2004, die 14 van 2003 en die 10 van 2002 spreek boekdele, veral as ons in ag neem dat ons in die laaste week 4 van ons top atlete weens beserings verloor het (Antonie Rossouw, Nico Oosthuizen, Jaco Claasen en Renè Kalmer).

Ons het op 20 April om 09:00 vanaf Pelliespark per bus na Johannesburg vertrek en tuisgegaan in die Randburg Road Lodge hotel.

'n Totaal van 43 atlete – 18 vroue en 25 mans het die Kovsies verteenwoordig (spanlys aangeheg).

Die bestuurspan het bestaan uit Danie Cronjé bestuurder mans, Sarina Cronjé bestuurder vroue, Bertus Pretorius afrigter mans, Ans Botha afrigter vroue, Hendrik Cronjé (Video), Jan du Toit, Sidney van Biljon, DB Prinsloo sportbestuurder.

Die mediese span het bestaan uit Dr. Org Strauss en Daleen Lamprecht(bio).

Die volgende lede van die ABSA KOVSIESPAN het medaljes verwerf.

GOUD    
     
Jan vd Merwe  400   46,37
     
Johan Cronjé    1500 mans   3:50.20
     
Boy Soke  10000   30:23,40
     
Charlene Henning   Driesprong vroue  12.62m
     
Francois Potgieter      Tienkamp  6862 punte
     
Magdel Venter    Diskusgooi vroue     46.94m
     
Kovsiespan mans   4x400 Aflos  3:10,17
     
(Dirk Roets, Francois Lötter, Johan Cronjé, Jan van der Merwe)
     
     
SILWER    
     
Charlene Henning  Verspring vroue    6,16m
     
Magdel Venter  Gewigstoot vroue  13,21m
     
Sanè du Preez   Hamergooi vroue     44,71m
     
Boy Soke     5000m    14:36,60
     
Francois Potgieter  110 Hekkies mans    14,00sek
     
Christine Kalmer  1500m vroue    4:35,40
     
Cobus Marais    3000m hindernis   9:32,80
     
     
BRONS    
     
Gustav Kukkuk     110 Hekkies mans    14.00sek
     
Mariana Banting    Driesprong vroue  12.36m
     
Helen-Joan Lombaard   Sewekamp vroue    3354 punte
     
Clive Wessels   Paalspring   4,05m
     
Johan Cronjé  800m  1:52,01
     
Kovsiespan vroue   4x100 Aflos    47,56
     
(Denise Polson, Elmie Hugo, Carlene Henning, Minette Albertse)
     
Kovsiespan mans    4x100 Aflos   42,21
     
( Tiaan Pretorius, Gustav Kukkuk, Marno Meyer, Wiaan Kriel)
     
     
Kovsies wat ook onder die eerste 8 geëindig het sien as volg daaruit:
     
     
4de Plek    
     
Mariana Banting   Hoogspring vroue  1.70m
     
Stefan van Heerden   Driesprong  15,12m
     
Elmie Hugo   200m   24,12sek
     
Ronè Reynecke     400m  57,31sek
     
     
5de Plek    
     
Jackie Kriel    100 Hekkies    13,90sek
     
Jackie Kriel     400 Hekkies   65,40sek
     
Riana Rossouw    Gewigstoot    10,59m   
     
Kenny Jooste   Verspring   7,23m
     
Elmie Hugo    100m  11,86sek
     
Helen-Joan Lombard  Paalspring    3,25m
     
Ronè Reynecke     800m   2:17,58
     
Christine Kalmer   5000m      17:38,32
     
     
6de Plek    
     
Tiaan Pretorius  Verspring   7,21m
     
Francois Pretorius    800m     1:52,67
     
Riana Rossouw   Spiesgooi      38,12m
     
Kovsiespan vroue   4x400 Aflos  4:06,56
     
(Ronè Reynecke, Denise Polson, Lise du Toit, Elmie Hugo)
     
     
7de Plek    
     
Gerda Rust    Hamergooi   36,37m
     
Schalk Roestoff     1500m      3:55,80
     
Francois Lotter    400m       47,94
     
Pienaar j v Rensburg    10000m   32:12,21
     
Kovsie mans  ”A”  en  B span  4x400     3:15,44
     
     
8ste Plek    
     
Charles le Roux   Verspring   7,06m
     
Tiaan Pretorius  Driesprong  14,06m

In die spankompetisie het die Vroue 4de geëindig en die mans 4de. In die algehele kompetisie het die Kovsies ook die 4de plek behaal (aangeheg).

Die gees en gedrag van die toergroep was uitstekend en was die atlete goeie ambassadeurs vir die Kovsies.

Danie Cronjé     Sarina Cronjé
Spanbestuurder  Mans   Spanbestuurder Vroue

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept