Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
14 August 2025 | Story Gerda Marié van Rooyen | Photo Stephen Collett
Prof Angelique van Niekerk
The Top Management of the UFS was represented by Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the guests in Afrikaans. With him is Prof Angelique van Niekerk, who delivered her inaugural lecture; Dr Francois Smith, Head of the Department of Afrikaans and Dutch, German and French; and Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities.

In her inaugural lecture on 5 August 2025, Prof Angelique van Niekerk emphasised that linguistic choices in persuasive communication, specifically advertising communication, carry ideological implications. This is referred to as ‘linguistic capital’, which includes all the language instruments available to a competent language practitioner and/or copywriter.

The inaugural lecture, titled ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025 (A cultural and psycholinguistic perspective on how a worldview is influenced based on advertising communication: 1995-2025), offered an overview of some of her published research concerning the use of different linguistic instruments within the disciplines, such as syntax, sociolinguistics, morphology, semantics, pragmatics, etc.

Prof Van Niekerk, a lecturer in the Department of Afrikaans and Dutch, German and French at the University of the Free State (UFS), also elaborated on aspects such as nostalgia, controversy, intertextuality, identity, etc., from her research within applied linguistics, based on Afrikaans and English print advertisements.

The lecture concluded with examples from Afrikaans magazines and archives of the Loerie and Pendoring advertisements from 2020 onwards. These examples illustrated the importance of cultural congruence and intellectual challenge (play) in an effective (good) advertisement. 

“Recent examples (data) emphasise the importance of social issues as a point of reference; that with which the speaker (marketer) and audience (target market) identify – their good cause,” said Prof Van Niekerk. She referred to significant patterns from recent South African print advertising, stating that South African advertisements involve inclusivity, interactivity through the use of web addresses, QR codes, etc., acknowledgement of the market’s heritage/roots, cultural norms, etc., social consciousness, and a world without pretentiousness.

 

Prestigious attendees

In attendance was Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the attendees in Afrikaans. He described the event not only as a ceremonial right, but also as the celebration of a milestone, the sharing of knowledge, a goal, and setting the course for the future. “This (the inaugural lecture) is a joyous occasion, especially because it coincides with the official centenary of Afrikaans.” 

Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities and Vice-Dean: Teaching and Learning, introduced the star of the evening and highlighted some of Prof Van Niekerk's academic achievements, including a PhD in Afrikaans and Dutch and a master’s degree in Communication Sciences (cum laude), as well as a C rating from the National Research Foundation, underlining her contribution to academic research.

The final word of the evening belonged to Head of Department, Dr Francois Smith. “It is significant how you have proved how applied linguistics can get a grip on who and what we are and how we shape our world through language. Science allows us to take a step back and contemplate how language gives us the leverage to take hold of our world. This lecture underscores that our work is of value and has something to offer the world, because language can widen borders and gives us a way to look at the future.”

 


 

Vakmanskap van advertensiewese in intreerede bespreek

 

Prof Angelique van Niekerk, dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, het gedurende haar intreerede op 5 Augustus 2025 beklemtoon dat taalpraktyk, oftewel taalkeuse, in oorredende en spesifiek advertensiekommunikasie ideologiese implikasie inhou. Daar word hierna verwys as ‘linguistiese kapitaal’ en sluit in al die taalverwante instrumente in die hand van ʼn vaardige taalpraktisyn (kopieskrywer). 

Prof Van Niekerk het in haar intreerede, getitel ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025, eerstens ’n oorsig gebied van die navorsing wat sy reeds gedoen het oor die funksionele aanwending van die verskillende taalinstrumente binne die teoretiese dissiplines soos sintaksis, sosiolinguistiek, morfologie, semantiek, pragmatiek, ens.

Daarna het sy ’n oorsig gebied uit die toegepaste linguistiek (in Afrikaans en Engels) op grond van Suid-Afrikaanse advertensiekommunikasie. Die gebruik van aspekte soos nostalgie, kontroversie, intertekstualiteit, identiteit, ens. in die advertensiewese is juis om hierdie rede op data van 1995-2025 geskoei. Prof Van Niekerk het haar intreerede afgesluit met voorlopige insigte oor die aard van gedrukte advertensiekommunikasie uit datastelle sedert veral 2020 (Afrikaanse tydskrifte, advertensies uit die Pendoring- en Loerie-argief).

Die belangrikheid van kulturele kongruensie en intellektuele uitdaging (spel) in ʼn goeie/ doeltreffende advertensie – soos ook aangedui deur Gevorgyana en Manucharovab (2015) – is ook uitgelig. Onlangse advertensies (datastelle) blyk die belangrikheid te toon van sosiale kwessies as verwysingspunt; dit waarmee die spreker en ontvanger identifiseer (jou good cause). 

Die patroonmatigheid en opvallendhede uit meer onlangse Suid-Afrikaanse advertensies is uitgelig. Plaaslike advertensies behels multi-identiteite en ʼn (ras)-inklusiewe samelewing waarin tale saam gebruik en afgewissel word binne een teks/konteks; verhoogde interaktiwiteit deur webadresse, QR-kodes, ens.; erkenning van die teikenmark se herkoms, sosiale bewustheid (bv. genderregte en omgewingsbewaring) en ’n wêreld gestroop van valse skyn.

 

Vooraanstaande gaste

Prof Vasu Reddy, Adjunk-Visekanselier: Navorsing en Internasionalisering, het die gehoor in Afrikaans verwelkom. Hy het die geleentheid nie bloot as ʼn seremoniële reg beskryf nie, maar ook as die viering van ’n mylpaal, die deel van kennis, ʼn doelwit en as padkaart vir die toekoms. “Dit (die intreerede) is ’n vreugdevolle gebeurtenis, veral omdat dit saamval met die amptelike eeufeesviering van Afrikaans.”

Prof Marlize Rabe, waarnemende Dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe en Visedekaan: Onderrig en Leer, het die ster van die aand aan die gehoor bekendgestel en sommige van haar akademiese prestasies uitgelig. Dit sluit in ʼn PhD in Afrikaans en Nederlands en ’n meestersgraad (cum laude) in Kommunikasiewetenskap, sowel as ‘n C-gradering van die Nasionale Navorsingstigting wat prof Van Niekerk se bydrae tot akademiese navorsing staaf.

Die laaste woord van die aand het aan die Departementshoof, dr Francois Smith, behoort. “Dit is besonders hoe jy gewys het hoe toegepaste linguistiek ons ’n greep kan gee op wie en wat ons is en ons wêrelde skep deur taal, hoe ons verlei en verlok word. Wetenskap laat ons terugtree en sien hoe taal gebruik word en ons ’n vashouplek gee. Dis ’n bevestiging dat ons wetenskap en loopbane iets bied aan die wêreld waarin ons is. Taal is ’n manier om ons wêreld te verbreed, grense oop te maak en ’n manier te gee om na die toekoms te kyk.” 

News Archive

Volksblad: Moshoeshoe Memorial Lecture
2006-05-27

27 Mei 2006

Moshoeshoe het mense saamgebind
KONING MOSHOESHOE kon bewys dat verskeidenheid ’n bindende eienskap kan wees. Dit blyk ’n sleutelbeginsel van sy leierskap te wees – en dit is nie ’n maklike een om te begryp nie.

Jy bereik die grootste eenheid tussen onderskeidende entiteite waar jy relatief vrye ruimte aan hulle gee om hul eiesoortige kenmerke na vore te bring.

Dít blyk uit prof. Njabulo Ndebele se gedenklesing oor koning Moshoeshoe.
Lesotho; het; onder Moshoeshoe se leierskap mense van verskeie dele van die subkontinent gelok.
Dié mense het hierheen gevlug van die verwoesting wat as lifaqane bekend geword het toe Shaka sy koninkryk met militêre onderwerping verstewig het.

Ndebele het gesê daar is algemene ooreenkoms dat die oorloë wat hieruit gespruit het, die maatskaplike grondslae van talle samelewings in Suider-Afrika geskud het.

“Dit was in dié konteks dat Moshoeshoe leierskap getoon het.”
Prof. Frederick Fourie, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het gesê die lesing vorm deel van ’n groter debat oor leierskapmodelle, veral die konsep van Afrika-leierskap, en die voortgesette diskoers oor nasiebou en versoening.

Die Moshoeshoe-projek is in 2004 aan die UV begin om met Suid-Afrika se eerste dekade van demokrasie saam te val.
Die projek was deel van die UV se eeufeesvieringe in 2004.
Met dié projek word geprobeer om ’n groot Afrika-leier te vereer en die UV se verbintenis tot transformasie te toon sodat ’n ware inklusiewe en nie-rassige universiteit geskep kan word.

“As die stigter van die Basoeto-nasie, word daar wyd erkenning aan koning Moshoeshoe vir sy buitengewone leierskapstyl gegee.

“Diplomasie, versoening en vreedsame naasbestaan is van die kenmerke van sy leierskap, soos getoon in sy pogings om verskillende groepe in een nasie te verenig,” sê Fourie.

KONING MOSHOESHOE, een van Afrika se eertydse groot leiers. Hy is meer as 130 jaar gelede dood. Foto: verskaf

Waarde van openbare spraak ‘nou bedreig’
AANDUIDINGS bestaan dat die waarde van openbare spraak wat hoog deur koning Moshoeshoe van Lesotho op prys gestel is, nou onder ernstige bedreiging kan wees.

Om dié rede dra hy die koning Moshoeshoe-gedenklesing op aan al dié mense in Suid-Afrika en elders wat die moed het om hul oorwoë mening uit te druk oor belangrike sake wat die samelewing in die gesig staar, het prof. Njabulo Ndebele, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, gesê.

Ndebele, wêreldbekende skrywer, het gesê dié lesing kom op ’n kritieke punt in Suid-Afrika se nuwe demokrasie.
Dié lesing, om die buitengewone nalatenskap van een van Afrika se groot leiers te eer, is eergisteraand op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gelewer en het ’n staande toejuiging deur ’n groot gehoor uitgelok.

Ndebele het gesê die mense wat hul menings uitdruk oor belangrike sake, kan rubriekskrywers, redakteurs, kommentators, alle soorte kunstenaars, akademici, koerantbriefskrywers, nie-gewelddadige optoggangers met plakkate en strokiesprentkunstenaars wees “wat ’n spieël voor ons oë sit”.

“Selfs wanneer hulle dit waag op heilige gebied, soos sommige strokiesprentkunstenaars onlangs gedoen het, herinner hulle ons net dat selfs die heilige misbruik kan word vir doeleindes wat min met heiligheid te doen het.

“Dit is hul manier om ons te help, dalk meer diepsinnig as wat ons besef, om daardie einste ruimte van heiligheid in ons lewe te bewaar.

“Hulle verdiep ons insigte deur ons begrip te verdiep.
“Dit is gepas om hul dapperheid te vier,” het Ndebele gesê.
“Hulle herinner ons dat leierskap nie al is wat ons doen wanneer ons in ’n sekere magsposisie geplaas is om ’n organisasie of ’n sekere instelling te stuur nie.”

Hy het gesê onder die mense wat gevier moet word, sluit hy nie dié in wat deur haatspraak ander aanhits om geweld te pleeg; teen; mense; wat hul andersdenkende menings lug nie.

“Dit is nie met dapperheid dat hulle aanhits nie, maar weens hul toevlug tot die narkotiese beskerming van die skare.”

Mense voel glo ál kwesbaarder
Vise-kanselier lewer Moshoeshoe-gedenklesing
’n TOENEMENDE aantal hoogs intelligente, sensitiewe en toegewyde Suid-Afrikaners oor die klas-, ras- en kulturele spektrum heen bely dat hulle – soos nog nooit tevore nie – onseker en kwesbaar voel sedert 1994.

Só het prof. Njabulo Ndebele, vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad, gesê in die Universiteit van die Vrystaat (UV) se eerste koning Moshoeshoe-gedenklesing.

Die onderwerp was Reflections on the leadership challenges in South Africa.
Wanneer ontembare optimiste beken hulle voel dinge is van stryk, versprei die naarheid van angs. “Dit moet iets te doen hê met ’n ophoping van gebeure wat die gevoel van dreigende inploffing oordra.”

’n Gevoel heers dat Suid-Afrika ’n baie komplekse samelewing het wat liewer eenvoudige, gesentraliseerde beheer voortbring in die hoop dat dienslewering dan beter en vinniger gedryf kan word. Die kompleksiteit van beheer word dan in ’n enkele struktuur van gesag gevestig, eerder as in die afgewentelde strukture soos wat in die Grondwet beoog word.

Dat die afgewentelde strukture nie hul grondwetlik-gedefinieerde rolle verwerklik nie, moenie toegeskryf word aan die mislukking van die beheermeganisme nie.

“Dit is te vroeg om te sê dat wat ons sedert 1994 bereik het, nie gewerk het nie,” het Ndebele gesê.
Dit lyk of ’n kombinasie van omstandighede tot die “gevoel van ontknoping” lei.
“Ek wil dit vermy om te sê: ‘Kyk na Khutsong’, asof u sal verstaan wat ek bedoel wanneer ek sê u moet na Khutsong kyk.”
Sulke kennis lei tot wanhoop, want dit roep ’n werklikheid op wat só oorweldigend is dat dit fatalisties kan wees.
Ndebele het gesê niks kon meer vreesaanjaend wees as toe ’n komplot van die Boeremag oopgevlek en sekere Boeremaglede aangekeer is nie.

Sekere Boeremaglede het van ’n maksimum-sekuriteit-tronk ontsnap. “Sover ek weet, is hulle nie weer gevang nie.
“Wat is gedoen om die gaping te oorbrug?” was een van sy vrae hieroor.
“Van só ’n belangrike saak weet die publiek nie baie nie. Die karige kommunikasie kan die gevaarlike boodskap uitdra dat óf niks gedoen word nie, óf die staat in dié saak misluk.”

Hy het gevra: “Hoekom het die kwessie van munisipale afbakening tot die situasie in Khutsong gelei? Dit lyk of die probleem voortgaan, sonder ’n oplossing in sig.”

’n Aantal soortgelyke, oënskynlik plaaslike rebellies het oor die land heen plaasgevind. “Is hier ’n patroon?”
Ndebele het na die onlangse verhoor van oud-adj.pres. Jacob Zuma, wat van verkragting aangekla was, verwys.
Dié drama blyk ver van oor te wees. Dit beloof “om ons almal sonder verligting te hou, in ’n toestand van angs”.
Die gemene draad van dié gebeure is die gevoel van ’n oneindige spiraal van probleme wat vertroue tap. Daar kan ’n sterk suggestie in al dié gebeure wees “dat ons dalk nooit sosiale samehang in Suid-Afrika gehad het nie...”

“Wat ons sekerlik oor dekades gehad het, is ’n mobiliserende visie. Kan dit wees dat die mobiliserende visie onder die gewig van die werklikheid en omvang van maatskaplike heropbouing kraak en dat die legitieme raamwerk om oor dié probleme te debatteer ineenstort?”

‘Swart mense staar hulself in die gesig’
DIE swart meerderheid staar homself nou in die gesig: dalk werklik vir die eerste keer sedert 1994.
Só het prof. Njabulo Ndebele gesê toe hy die koning Moshoeshoe-gedenklesing by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gelewer het.

Hy het gesê dit lyk of Suid-Afrika ’n meganisme nodig het om selfvertroue te bou.
Deur dié meganisme “kan ons die situasie waarin ons is, erken, wat dit ook al is”.
“Ons het ’n meganisme nodig wat die verskillende posisies van die mededingers sal bevestig en hul eerlikheid sal bekragtig op ’n manier wat die publiek vertroue sal gee dat werklike oplossings moontlik is.”

Dit is dié soort “openheid wat nooit maklik kom nie”, wat lei tot deurbraak-oplossings.
Ndebele het gesê ’n komplekse demokrasie soos Suid-Afrika s’n kan nie oorleef met ’n enkele gesag nie.
Net veelvuldige owerhede binne ’n grondwetlike raamwerk “het ’n ware kans”.
“Kan ’n deel van die probleem wees dat ons nie in staat is om die idee van ‘opposisie’ te hanteer nie?
“Ons is verskrik dat enige van ons ‘die opposisie’ kan word.
“Dit is tyd dat ons die koms voorsien van ’n oomblik wanneer daar nie meer ’n enkele, oorweldigende, dominante politieke mag is soos wat nou die geval is nie.”

Ndebele het gesê: “Ek glo ons het dalk ’n oomblik bereik wat nie fundamenteel verskillend is nie van die ontnugterende, tóg hartversterkende nasiebourealiteite wat gelei het tot Kemptonpark in die vroeë jare negentig.”

“Die verskil tussen toe en nou is dat die swart meerderheid nie nou na wit landgenote oor die onderhandelingstafel kyk nie.

“Die swart meerderheid staar homself in die gesig: dalk werklik vir die eerste keer sedert 1994.”
Dit is weer “tyd vir visie”, het Ndebele gesê.

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept