Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
14 August 2025 | Story Gerda Marié van Rooyen | Photo Stephen Collett
Prof Angelique van Niekerk
The Top Management of the UFS was represented by Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the guests in Afrikaans. With him is Prof Angelique van Niekerk, who delivered her inaugural lecture; Dr Francois Smith, Head of the Department of Afrikaans and Dutch, German and French; and Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities.

In her inaugural lecture on 5 August 2025, Prof Angelique van Niekerk emphasised that linguistic choices in persuasive communication, specifically advertising communication, carry ideological implications. This is referred to as ‘linguistic capital’, which includes all the language instruments available to a competent language practitioner and/or copywriter.

The inaugural lecture, titled ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025 (A cultural and psycholinguistic perspective on how a worldview is influenced based on advertising communication: 1995-2025), offered an overview of some of her published research concerning the use of different linguistic instruments within the disciplines, such as syntax, sociolinguistics, morphology, semantics, pragmatics, etc.

Prof Van Niekerk, a lecturer in the Department of Afrikaans and Dutch, German and French at the University of the Free State (UFS), also elaborated on aspects such as nostalgia, controversy, intertextuality, identity, etc., from her research within applied linguistics, based on Afrikaans and English print advertisements.

The lecture concluded with examples from Afrikaans magazines and archives of the Loerie and Pendoring advertisements from 2020 onwards. These examples illustrated the importance of cultural congruence and intellectual challenge (play) in an effective (good) advertisement. 

“Recent examples (data) emphasise the importance of social issues as a point of reference; that with which the speaker (marketer) and audience (target market) identify – their good cause,” said Prof Van Niekerk. She referred to significant patterns from recent South African print advertising, stating that South African advertisements involve inclusivity, interactivity through the use of web addresses, QR codes, etc., acknowledgement of the market’s heritage/roots, cultural norms, etc., social consciousness, and a world without pretentiousness.

 

Prestigious attendees

In attendance was Prof Vasu Reddy, Deputy Vice-Chancellor: Research and Internationalisation, who welcomed the attendees in Afrikaans. He described the event not only as a ceremonial right, but also as the celebration of a milestone, the sharing of knowledge, a goal, and setting the course for the future. “This (the inaugural lecture) is a joyous occasion, especially because it coincides with the official centenary of Afrikaans.” 

Prof Marlize Rabe, acting Dean of The Humanities and Vice-Dean: Teaching and Learning, introduced the star of the evening and highlighted some of Prof Van Niekerk's academic achievements, including a PhD in Afrikaans and Dutch and a master’s degree in Communication Sciences (cum laude), as well as a C rating from the National Research Foundation, underlining her contribution to academic research.

The final word of the evening belonged to Head of Department, Dr Francois Smith. “It is significant how you have proved how applied linguistics can get a grip on who and what we are and how we shape our world through language. Science allows us to take a step back and contemplate how language gives us the leverage to take hold of our world. This lecture underscores that our work is of value and has something to offer the world, because language can widen borders and gives us a way to look at the future.”

 


 

Vakmanskap van advertensiewese in intreerede bespreek

 

Prof Angelique van Niekerk, dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, het gedurende haar intreerede op 5 Augustus 2025 beklemtoon dat taalpraktyk, oftewel taalkeuse, in oorredende en spesifiek advertensiekommunikasie ideologiese implikasie inhou. Daar word hierna verwys as ‘linguistiese kapitaal’ en sluit in al die taalverwante instrumente in die hand van ʼn vaardige taalpraktisyn (kopieskrywer). 

Prof Van Niekerk het in haar intreerede, getitel ’n Kulturele en psigolinguistiese perspektief op hoe 'n wêreldbeskouing beïnvloed word aan die hand van advertensiekommunikasie: 1995-2025, eerstens ’n oorsig gebied van die navorsing wat sy reeds gedoen het oor die funksionele aanwending van die verskillende taalinstrumente binne die teoretiese dissiplines soos sintaksis, sosiolinguistiek, morfologie, semantiek, pragmatiek, ens.

Daarna het sy ’n oorsig gebied uit die toegepaste linguistiek (in Afrikaans en Engels) op grond van Suid-Afrikaanse advertensiekommunikasie. Die gebruik van aspekte soos nostalgie, kontroversie, intertekstualiteit, identiteit, ens. in die advertensiewese is juis om hierdie rede op data van 1995-2025 geskoei. Prof Van Niekerk het haar intreerede afgesluit met voorlopige insigte oor die aard van gedrukte advertensiekommunikasie uit datastelle sedert veral 2020 (Afrikaanse tydskrifte, advertensies uit die Pendoring- en Loerie-argief).

Die belangrikheid van kulturele kongruensie en intellektuele uitdaging (spel) in ʼn goeie/ doeltreffende advertensie – soos ook aangedui deur Gevorgyana en Manucharovab (2015) – is ook uitgelig. Onlangse advertensies (datastelle) blyk die belangrikheid te toon van sosiale kwessies as verwysingspunt; dit waarmee die spreker en ontvanger identifiseer (jou good cause). 

Die patroonmatigheid en opvallendhede uit meer onlangse Suid-Afrikaanse advertensies is uitgelig. Plaaslike advertensies behels multi-identiteite en ʼn (ras)-inklusiewe samelewing waarin tale saam gebruik en afgewissel word binne een teks/konteks; verhoogde interaktiwiteit deur webadresse, QR-kodes, ens.; erkenning van die teikenmark se herkoms, sosiale bewustheid (bv. genderregte en omgewingsbewaring) en ’n wêreld gestroop van valse skyn.

 

Vooraanstaande gaste

Prof Vasu Reddy, Adjunk-Visekanselier: Navorsing en Internasionalisering, het die gehoor in Afrikaans verwelkom. Hy het die geleentheid nie bloot as ʼn seremoniële reg beskryf nie, maar ook as die viering van ’n mylpaal, die deel van kennis, ʼn doelwit en as padkaart vir die toekoms. “Dit (die intreerede) is ’n vreugdevolle gebeurtenis, veral omdat dit saamval met die amptelike eeufeesviering van Afrikaans.”

Prof Marlize Rabe, waarnemende Dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe en Visedekaan: Onderrig en Leer, het die ster van die aand aan die gehoor bekendgestel en sommige van haar akademiese prestasies uitgelig. Dit sluit in ʼn PhD in Afrikaans en Nederlands en ’n meestersgraad (cum laude) in Kommunikasiewetenskap, sowel as ‘n C-gradering van die Nasionale Navorsingstigting wat prof Van Niekerk se bydrae tot akademiese navorsing staaf.

Die laaste woord van die aand het aan die Departementshoof, dr Francois Smith, behoort. “Dit is besonders hoe jy gewys het hoe toegepaste linguistiek ons ’n greep kan gee op wie en wat ons is en ons wêrelde skep deur taal, hoe ons verlei en verlok word. Wetenskap laat ons terugtree en sien hoe taal gebruik word en ons ’n vashouplek gee. Dis ’n bevestiging dat ons wetenskap en loopbane iets bied aan die wêreld waarin ons is. Taal is ’n manier om ons wêreld te verbreed, grense oop te maak en ’n manier te gee om na die toekoms te kyk.” 

News Archive

You touch a woman, you strike a rock
2004-11-02

Prof. Engela Pretorius van die Departement Sosiologie in die Fakulteit Geesteswetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat het die kwessie omtrent feminisme aangespreek tydens haar intreerede met die onderwerp, You touch a woman, you strike a rock: Feminism(s) and emancipation in South Africa .

Prof. Pretorius het gesê: “Die geskiedenis van feminisme oor die algemeen kan in drie fases verdeel word, waarna verwys word as golwe. Eerste-golf-feminisme (19de eeu) het die fokus geplaas op die beskerming van vroueregte in die openbare terrein, spesifiek die reg om te stem, die reg tot onderrig en die reg om middelklas beroepe en professies te betreë.

Vroeë tweede-golf-feminisme word onthou vir hoe dit moederskap geteoretiseer het as synde ‘n onderdrukkende instelling. Slagspreuke van die 1970s was die persoonlike is polities en susterskap is magtig. Prof. Pretorius sê beide slagspreuke bevestig die idee dat vroue universeel onderdruk en uitgebuit word en slegs deur erkenning van dié situasie kan vroue die strukture wat hul onderdruk verander.

‘n Belangrike aspek van die derde golf van die feminisme-teorie is post-moderne feminisme wat diversiteit en verskille onderstreep. Die poging van hierdie feministe is afgestem op alle vorme van onderdrukking. Vroue van kleur het ook hul ontevredenheid uitgespreek gedurende die derde-golf-feminisme. Die feminisme van vroue van kleur word gekenmerk deur verskeie kwessies en talryke intellektuele standpuntinnames wat neerslaga vind in verskillende terme, soos Afrika feminisme of ‘womanism, sê prof. Pretorius.

Afrika-feminisme dui protes aan teen die wit/westerse geskiedenis en die wit/westerse dominansie binne feminisme. Afrika-vroue het besef dat hul onderdrukking verskillend is van dié van wit vroue en daarom is ‘n ander proses van bevryding nodig. Die Westerse feministiese praktyk om swart vroue by die bestaande feministiese ontologie te voeg, is nie voldoende nie omdat hul unieke ondervindings van slawerny, kolonialisme, onderdrukking deur mans en armoede nie uitgedruk word nie.

‘Womanism’ het tot stand gekom as gevolg van ‘n eksplisiete rassekritiek teen feminisme. Dit is ten gunste van die positiewe uitbeelding van swart mense. Dit word gekenmerk deur kulturele kontekstualisasie, die sentraliteit van die gesin en die belangrikheid daarvan om mans in te sluit.

Die geskiedenis van vroue in Suid-Afrika is verwant aan hul geskiedenis van onderdrukking as gevolg van patriargie. Vroue van verskillende rasse, kulture en klasse het patriargie op verskillende wyses in en variërende mate van erns ervaar. Onder voor-koloniale patriargie het vroue min sê gehad oor huwelikskeuses omdat mans dié besluite gedomineer het.

Die Nederlandse en Britse patriargale erfenis het neerslag gevind in die ideologie van die volksmoeder. Onderwyl dit veral manlike skrywers was wat die beeld van die vrou as versorger en tuisteskepper bevorder het, het vroue self ook hieraan ‘n aandeel gehad, sodat die volksmoeder volwaardig deel geword het van die Afrikaner nasionalistiese mitologie. Alhoewel middel- en werkersklas vroue met dié beeld geïdentifiseer het, het nie alle Afrikaanse vroue die ideologie aanvaar nie.

Onder die Victoriaanse erfenis was Britse vroue beperk to die private eerder as die openbare lewe. Die skeefgetrekte onderrigsisteem wat vroue in huishoudelike loopbane gekanaliseer het, die mag van mans oor hul vroue se eiendom en ‘n tekort aan toegang tot mag en geld het verseker dat vroue by die huis gebly het.

Wit Engelssprekende-vroue het die grootste geleentheid gehad om patriargie uit te daag vanweë hul toegang tot onderwys en die blootstelling aan liberale waardes, sê prof. Pretorius. Liberale vroue soos Helen Joseph en Helen Suzman het ‘n belangrike rol gespeel om in 1930 stemreg vir wit vroue in Suid-Afrika te verseker en het voortgegaan om ‘n rol te speel in die bevryding van swart vroue gedurende die vryheidstryd.

Die feminisme wat onder swart vroue ontwikkel het, was ‘n erkenning van die gemeenskaplike stryd met swart mans om die verwydering van die juk van eksterne onderdrukking en eksploitasie. Swart vroue in aktiewe en onafhanlike politiese rolle het tegelykertyd mans se aannames omtrent hul meerderwaardigheid asook die rassewette van die staat uitgedaag. Daarom kan ons sê dat die feminisme wat hier ontwikkel het, te voorskyn gekom het as gevolg van vroue se betrokkenheid by en toewyding tot nasionale bevryding, sê prof. Pretorius.

Institusionalisering is nie herlei tot magsvoordele nie, want gelykheid is nie in beleidsprogramme geïnkorporeer nie. Die hervestiging van sleutel aktiviste van die vrouebeweging in die regering het die stryd om genderbillikheid verander na ‘n projek wat deur die regering gelei word, sê prof. Pretorius. Ongelukkig word terreine van verandering buite die grense van die regering verwaarloos. Dit kan slegs aangespreek word deur ‘n aktiewe en feministiese stem in die burgerlike samelewing.

“Dit is my oortuiging dat formele instellings vir vroue binne die staat oor die lang termyn slegs effektief kan wees indien daar ‘n effektiewe feministiese vroue-beweging buite die staat in stand gehou word wat die grondslag waarop sosiale beleid gevorm word, kan uitdaag en bevraagteken. Daarom, A luta continua (die stryd duur voort),” sê prof. Pretorius.

Mediaverklaring
Uitgereik deur: Lacea Loader
Mediaverteenwoordiger
Tel: (051) 401-2584
Sel: 083 645 2454
E-pos: loaderl.stg@mail.uovs.ac.za
2 November 2004

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept