Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Years
2019 2020 2021 2024
Previous Archive
08 April 2020 | Story Prof Francois Vreÿ, and Prof Hussein Solomon

The international response to the Corona Virus Disease 2019 (COVID-19) as a health security threat stimulated an international response that commenced with drastic, but localised actions in China, but responses rapidly manifested in more extreme measures in the rest of the world. Amidst international efforts imposing extraordinary national and international movement restrictions and a rush to find a medical cure, two questions arise. First, how does COVID-19 as a health security threat feature within the global security debate and second, how to explain the harsh responses that one observes.

Read more...


News Archive

Opera in Odeion
2005-03-11

Nols Nieman - Volksblad
DIE eerste opera op die Volksbladkunstefees, 'n konsert van klavierduette deur die vermaarde pianiste Albie van Schalkwyk en Anneke Lamont, drie konserte deur die Nasionale Jeugsimfonie-orkes en 'n uitvoering deur die bekende Rosamundestrykkwartet.

Dit is van die hoogtepunte wat vir liefhebbers van klassieke musiek op die Volksblad-kunstefees van 12 tot 17 Julie in Bloemfontein beplan word. Op 'n kunstefeesvergadering gister op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het mev. Doks Briers, hooforganiseerder, bekend gemaak dat die Nasionale Jeugsimfonie-orkes drie konserte gaan hou, waarvan twee volle simfoniekonserte gaan wees. Dié orkes hou tydens die fees 'n kamp op die Kovie-kampus.

Me. Hanna van Niekerk, sangdosent en konsertkoördineerder van die departement musiek aan die UV, het gesê die plan is om die sprokie-opera Hansie en Grietjie van Humperdinck in die Odeion op die kampus aan te bied. Die Skool vir Musiek in Potchefstroom van die Noordwes-universiteit onder leiding van Werner Nel voer dit uit.

Ook word 'n konsert deur die Rosamunde-strykkwartet beplan. Van Niekerk beskou Rosamunde as die beste strykkwartet in die land. Die vier vroue in die kwartet is Denise Sutton (viool), Suzanne Swanepoel-Martens (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Marian Lewin (tjello)

Die beplande konsert van klavierduette deur Van Schalkwyk en Lamont behoort ook 'n vol saal te trek.

Volksblad - Woensdag 23 Februarie 2005

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept