Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Years
2019 2020 2021
Previous Archive
08 April 2020 | Story Prof Francois Vreÿ, and Prof Hussein Solomon

The international response to the Corona Virus Disease 2019 (COVID-19) as a health security threat stimulated an international response that commenced with drastic, but localised actions in China, but responses rapidly manifested in more extreme measures in the rest of the world. Amidst international efforts imposing extraordinary national and international movement restrictions and a rush to find a medical cure, two questions arise. First, how does COVID-19 as a health security threat feature within the global security debate and second, how to explain the harsh responses that one observes.

Read more...


News Archive

Scaena Theatre: Boom! (Afrikaans) 7-9 May
2009-05-08

Produksie: Boom!
Regie: Adriaan Meyer
Teks: Nataniël
Kostuums: Errol Arendz
Stelontwerp: Strijdom van der Merwe
Datum: 7-9 Mei
Venue: Scaena-teater
Kaartjie-pryse: R65 & R95
Besprekings: Computicket

BLOEMFONTEIN: Nataniël-aanhangers wat nog nie Boom! gesien het nie, moet gou spring vir kaartjies. Die produksie is gedurende Mei-maand moontlik vir die laaste keer in Bloemfontein te sien.

Boom! is deur Nataniël geskryf. Al die 2008-vertonings van die stuk op Aardklop en die Volksbladfees is al uitverkoop. Ekstra vertonings moes gereël word. Die produksie was ook op ander feeste, soos die Woordfees op Stellenbosch te sien. Die eenvrou-tragikomedie is `n vertoonstuk vir die vaardige spel van met Hilletje Möller.

Hilletje Moller verwerf in 2005 haar B.A Drama en Teaterkuns aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy Universiteits erekleure vir teaterkuns verwerf. Hilletjie maak haar professionele debuut, tydens haar vertolking van die hoofrol in Skerp-sin (oorspronklike teks deur Pulitzer pryswenner Margaret Edson). Verder was sy al op die verhoog te sien in produksies soos “Die Huweliksaansoek" , “Nag van Legio", “Bloedbruilof", “Weer" en “Bewys" wat in 2008 Beste Debuut Produksie by die Volksblad Kunstefees aangewys is. Hilletje is in 2008 gekeur om haar studies aan die Lee Strasberg drama instituut in New York voort te sit.

Op 7-9 Mei om 19:30 is BOOM! In die Scaena-teater op die UV-kampus te sien. `n Middagvertoning om 14:30 is ook op Saterdag gereël. Kaartjies is beskikbaar teen R65. Teen slegs R95 per persoon is 20 sitplekke per vertoning beskikbaar op die leerbanke en sluit sjerrie in.

Besprekings is deur Computicket (Mimosa Mall en Checkers).
 

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept