Years
2019 2018
Noises Off
2018-09-29

Script by: Michael Frayn

Directed by: Thys Heydenrych

Vanue:  Wynand Mouton Theatre, UFS-Main Campus

Language: English

Genre: Comedy

 

Date and times:

26 September @ 19h30

27 September @ 19h30

28 September @ 19h30

29 September @ 19h30

 

Tickets: 

R 40.00 per person

R30.00 for students, scholars,

R25.00 for oensioners

Bookings:  Computicket (0861 915 8000) 

The British play Noises Off is bound to have you in stitches. Written by Michael Frayn, Noises Off can be considered a farce within a comedy and gives an inside look at all the antics of the theatre: the ups, downs, backstabbing, and relationships that form while a play is being produced and performed.

Noises Off follow a group of actors preparing for a cringe-worthy production called “Nothing-On.” What follows is on-stage misdirection, misunderstandings, doors that will not work, and props that aren’t there. Theatregoers are promised a glimpse of what happens backstage as the stage will literally turn. The actor’s best and worst sides are displayed, revealing their mysteries of trying to keep track of their newspapers, plants, lovers, missing cast members and a few plates of Sardines.

Noises Off will be featuring third-year students of the Department of Drama and Theatre Arts of the University of the Free State. Directed by Thys Heydenrych. It will be performed from 26 to 29 September 2018 at the Wynand Mouton Theatre, UFS campus, at 19:30. Tickets are available at Computicket.

This production is appreciated by an audience of age 15 and over because of a more … grown-up storyline.

The production is made possible with the support from Creative Kilowatt and Iewers Nice.


Back
Die Seemeeu

Produksie: Die Seemeeu
Dramaturg: Anton Tsjechow
Vertaler: Andre P Brink
Regisseur: Gerben Kamper
Venue: Wynand Moutonteater
Datum: 17-20 Maart 2009
Tyd: 19:30
Besprekings: Computicket (Mimosa Mall en Checkers)

 

“Laat alles op die verhoog net so ingewikkeld wees, en tegelyk net so eenvoudig as in die lewe. Mense is besig om te eet, bloot te eet, maar op daardie oomblik word hulle geluk gevorm, of hul lewens word verpletter” (Anton Tsjechow).

Die Universiteit van die Vrystaat se tweede jaars by die Drama departement bring ‘n besondere produksie op die planke onder leiding van Gerben Kamper. Die Seemeeu deur Anton Tsjechow word beskou as een van sy beste toneelstukke en word vanaf die 17de tot die 20ste Maart 2009 in die Wynand Mouton Teater opgevoer. Hierdie is een van die drie realisme toneelstukke wat deel vorm van die module produksies wat die departement terug gebring het.

Anton Tsjechow, 1860 – 1904, het, volgens André P. Brink wat die Afrikaanse vertaling van Die Seemeeu behartig het, vier van die teaterwêreld se grootste stukke geskryf: Die Seemeeu, Oom Wanja, Die drie susters en Die kersieboord. Tsjechow het met hierdie stukke die hoogtepunt in die Naturalistiese - en Impressionistieseteater bereik. Alhoewel Die Seemeeu met die openingsaand in Sint Petersburg in 1896 hopeloos misluk het, was dit wel ‘n reuse sukses twee jaar later toe die Moskouse Kunsteater dit op die planke gebring het. Die mislukking van die eerste opvoering van die stuk het ‘n knou toegedien aan Tsjechow se skrywersdrif en hy het maar min geskryf hierna.

In Die Seemeeu, ‘n komedie, is daar skrywers, aktrises, die dood en hope onbeantwoorde liefde. Om ‘n rowwe idee te gee: Nina, ‘n jong aspirerende aktrise, is verlief op Trigorin, ‘n bekende skrywer, terwyl Trepliow, die seun van die groot aktrise Madame Arkadina, verlief is op Nina. Trigorin, op sy beurt het ‘n verhouding met Arkadina. Tussendeur is daar dan ook Sorin, broer van Arkadina en ook die eienaar van die landgoed waar die handeling plaasvind. Sy voorman, Sjamrajew, se vrou, Polina, het ‘n buite-egtelike verhouding.

Een van die ander, sal ons sê temas, wat in die stuk voorkom is die vernuwing in teater. Waar Arkadina se generasie net gefokus het net op die voorkoms van die opvoering en die oor wat gesê word nie, wil Trepliow dit so verander dat daar gefokus word op die betekenis van dit wat oorgedra word. As gevolg hiervan kry Arkadina en Trepliow stry.

Die rolverdeling vir Die Seemeeu is as volg:

Irina Nikolajewna Arkadina - Edelweiss Bester
Konstantin Gawrilowitsj Treplew - Drikus Saayman
Pjotr Nikolajewitsj Sorin - Quintus Aslett
Nina Mikhailowna Zaretsjnaja - Sanli Jooste
Ilja Afanasjewitsj Sjamrajew - Brandon Hewetson
Paulina Andrejewna - Corma Steyn
Masja - Mieke du Plessis
Boris Alexejewitsj Trigorin - Caval Goodyear
Jewgeni Sergejewitsj Dorn - Frantz Birkholtz
Semjon Semjonowitsj Medwedenko - Frans Fourie
Jakow - Makara Makara
Kok - Kgomotso Lebakeng
Huisbediende - Lerato Chipfupa

Kaartjies vir Die Seemeeu is beskikbaar by Computicket en is R25 – R30.
 

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept