Speech, Rector and Vice-Chancellor: Prof. Frederick Fourie
Op 28 Januarie 2004 het ons die honderdste herdenking van die geboorte van hierdie hoër onderwys instelling gevier met ‘n groot partytjie voor die Hoofgebou. Dit was ‘n wonderlike en vreugdevolle aand.
Die historiese prosessie tydens die amptelike opening van 6 Februarie 2004, in kleurvolle akademiese togas, vanaf ons wortels in Grey-Kollege tot by die Hoofgebou, het die reistog vanaf die verlede na die hede treffend gesimboliseer.
Talle ander eeufeesgeleenthede het gedurende hierdie jaar plaasgevind. Woensdagaand het ons die premiêre van ‘n dokumentêre film oor koning Moshoeshoe beleef – ‘n belangrike eeufeesprojek van die UV wat onder meer gemik is op die ontwikkeling van ‘ n gedeede geskiedenisbesef – a shared sense of history – and the celebration of a very special leadership, of a spirit of nation-building and reconciliation, in somebody like king Moshoeshoe (also MT Steyn and others…)
Last night we experienced a wonderful and moving honorary doctorary ceremony, with a wonderful group of South Africans like Khotso Mokhele, Antjie Krog, Jakes Gerwel, Van Zyl Slabbert, Jaap Steyn, Saleem Badat, and others - giving so much food for thought.
This evening, where we honour outstanding contributors to the development of this University, is a suitable moment to reflect on the course of the first 100 years of the University of the Free State.
1. ‘n Voëlvlug oor die geskiedenis: die vyf fases
1.1 Eerste fase: 1904 – 1927 (Eerste kwarteeu)
Eerste wankelende treë in die totstandkoming van die
Grey Universiteitskollege
Gedurende 1904 – 1920 word die eerste en mees basiese vakke in geestes- en natuurwetenskappe ingestel, eerste Senaat en eerste Raad saamgestel, en eerste geboue opgerig (hoofgebou en manskoshuis). Teen 1920 was daar egter slegs ongeveer 100 studente, die instelling was finansieel in die knyp, met geen vooruitgang en groei, en ook nie ‘n vaste rektor nie – klaarblyklik was die GUK nog geen lewensvatbare instelling nie. Vrystaatse kinders word steeds eerder na ander universiteite gestuur.
Hierna maak ds JD Kestell, rektor 1920 – 1927, ‘n reuse bydrae om ‘n versukkelde, arm, klein universiteitskollege lewensvatbaat te kry. Hy slaag met fondsinsameling en oortuig Afrikaanse én Engelse ouers om hulle kinders na die GUK te stuur. Teen 1927, met 420 studente, word die eerste nederige mylpale van kritiese massa bereik te midde van ‘n steeds armoedige Vrystaatse gemeenskap en ‘n studentekorps met gelapte klere. [Maar ook die tyd waarin die Reitz-saal, waarin hierdie plegtigheid plaasvind, gebou is.]
1.2 Second phase: 1927 – 1950 (Tweede kwarteeu)
The Grey University College becomes a fully fledged university
By 1950 the establishment of main basic and career-oriented faculties were completed – Faculty of Commerce in 1937; Faculty of Law as wel as the Faculty of Education in 1945. Student numbers reached 1000 in 1950.
Die UKOVS beleef en oorleef die Groot Depressie, die armblankevraagstuk, die Tweede Wêreldoorlog, taal- en politieke stryd onder Afrikaners, en die stryd van Nat vs Sap, ook op die kampus. Die tydperk word veral gestempel deur die taalstryd met DF Malherbe (rektor 1929 – 1934) as sterk kampvegter vir Afrikaans. Veral na 1948 volg rektor Van der Merwe Scholtz ‘n doelbewuste enkeltalige Afrikaanse rigting (Christelik-nasionaal).
1.3 Derde fase: 1950 – 1976 (Derde kwarteeu)
Ongekompliseerde groei ná onafhanklikheid
Hierdie periode word gestempel deur verkryging van onafhanklikheid as universiteit op 18 Maart 1950. Daarna beleef die UOVS onder rektore Scholtz, Flippie Groenewoud en Benedictus Kok stelselmatige groei sonder beduidende finansiële kommer. Die UV is duidelik ‘n Afrikaanse ‘volksuniversiteit’ op Christelik-nasionale grondslag, onlosmaaklik ingebed in die dominante politieke bedeling van apartheid en afsonderlike ontwikkeling. Dit is die hooggety van Afrikaner (en blanke) selfvertroue en heerskappy. Vir personeel sowel as studente is dit ‘n relatief ongekompliseerde tyd getipeer deur groeiende voorspoed in die blanke en Afrikaanse gemeenskap, goeie werksvooruitsigte vir studente, kommerlose studentepret, en min spanning op die kampus.
The academic focus is on teaching, especially to provide staff for the growing public service and education sectors. Research has a low profile. More career-oriented or professional faculties are established: agriculture in 1958 and the medical faculty in 1970. Student numbers reach 2000 in 1960, 4000 in 1970 en 7000 in 1975. Many new residences and academic buildings are erected, especially in the Kok-era.
Teen 1976 was die vernaamste boustene van ‘n medium-grootte universiteit in posisie: onafhanklikheid, genoeg fakulteite, genoeg koshuise en akademiese geboue, goeie sport en kultuur. Op die oog af is die ideaal van volwaardige, onafhanklike universiteit verwesenlik.
1.4 Vierde fase: 1976 – 1989
Op koers na die jaar 2000: van die statiese na vernuwing
Politieke onstabiliteit en oorgang in die land begin met die Soweto-onluste, die drie-kamer parlement, PW Botha se Rubicon-toespraak, noodtoestande, die ‘struggle’ en opkoms van UDF, en so meer. Die UOVS is swaar onder die indruk van die ‘totale aanslag’ en die regering se totale teen-strategie. Die Universiteit word polities en akademies geïsoleer en intellektueel gemarginaliseer. Ekonomies is dit moeiliker tye na die oliekrisis en die begin van hoë inflasie, en die Staat se finansies wat begin knyp.
Academically this period is distinguished by the strong stimulation and support of the research capacity and orientation by rector Wynand Mouton, which leads to a significant growth in research, especially in the natural sciences. The faculty of Theology is establishyed, the Sasol-UFS library erected. Student numbers continue to grow, but at a much slower rate then before.
Twee ander fasette kenmerk hierdie tydperk: eerstens die toelating van die eerste swart studente (nagraadse 1978, voorgraads 1988) en die begin van die era van multikulturaliteit; tweedens, die begin van subsidie- en finansiële probleme en die eerste rasionalisasie van personeel. Albei hierdie is voortekens van ingewikkelde jare wat sou volg vanaf 1990.
1.5 Fifth phase: 1990 – 2004: The turn of the century brings winds of change
(a) 1990 – 1996:
Die Francois Retief era word gedomineer deur die gevolge van die politieke veranderinge deur president FW de Klerk en die vrylating van Nelson Mandela. Die UV ontwaak tot die realiteit van die oorgang na ‘n post-apartheid samelewing en komende ANC regering. Die eerste versigtige transformasiestappe word ingestel, multikulturaliteit word die groot uitdaging, en die eerste fasiliterende strukture (bv. die Multikulturele Komitee) word gevestig. Die eerste senior swart personeel word aangestel.
The dramatic decision about the introduction of parallel-medium teaching in 1993 signals the start of multilingualism as well as a significant growth in the admission of black students. Total student numbers are stable at approximately 9000, but black student numbers grow to 36% in 1995. Initially the change to parallel-medium impact negatively on staff teaching load and hence onresearch outputs.
Die inkrimping in staatsubsidie lei tot ernstige finansiële probleme, besparingspogings, grootskaalse rasionalisasie van personeel in veral die fakulteit Lettere en Wysbegeerte, spanning tussen Senaat en rektoraat oor finansies – en mismoedigheid onder personeel.
(b) 1997 – 2004:
The time of rector Stef Coetzee and his successor is the era of the new democracy and transformation. At the beginning of this phase Afrikaans parents start sending their children to other Afrikaans universities; residence become half full. Tensions arise between student groups. This is followed by the large breakthroughs in student transformation in 1997, which normalises the situation. The University becomes a leader in transformation. This leads to the acceptance of the multicultural and multilingual character, on a Christian foundation, of the University. The name changes to the University of the Free State (UFS).
Met ‘n finansiële krisis en verdere rasionalisasie van personeel op hande word die akademiese en finansiële ‘draaistrategie’ in Januarie 2000 geloods. ‘n Dramatiese finansiële ommekeer lei tot herinvestering in kampusfasiliteite en toerusting, ‘n toename in personeel en beduidende verhoging in vergoeding bokant inflasie. Terselfdertyd is daar ‘n opbloei in die akademie: innoverende onderrigprogramme, e-leer, ‘n fokus op programgehalte. Konsolidering van fakulteite vind plaas, die Bestuurskool word gestig, daar is sterk internasionalisering en groei in navorsing. Professionele bemarking en strategiese kommunikasie verander die beeld van die UV.
Studentegetalle groei dramaties van 10 000 in 2000 na meer as
23 000 in 2003/4; groei moet nou beperk word. Afrikaanse studente keer terug; koshuise kry lang waglyste. Die verhouding tussen wit en swart studente op die hoofkampus is rondom 50:50.
The period ends with the incorporation of the Qwaqwa en Vista Bloemfontein campuses, the approval of a new language policy which also established multilingualism in management and administration, and purposeful efforts to consolidate the foundations of an institutional culture of multiculturalism, multilingualism, non-racialism and non-sexism – a culture of tolerance, embracement and justice in diversity. The Centenary is celebrated with harmony and prosperity on the campus in 2004 (although always with a good sprinkling of unexpected challenges and problems).
2. Vanaand bring ons hulde, en sê ons dankie aan, die bouers van die UV
Oor ‘n honderd jaar het honderde, duisende mense ‘n bydrae gelewer tot die UV se ontwikkeling.
Kom ons eer en dank diegene wat, 100 jaar gelede in a baie arm gemeenskap wat bykans verwoes is deur die Anglo-Boere oorlog, nooit opgehou droom het oor ‘n eie universiteit om die jongmense te dien, om die mense te dien – die arm Vrystaatse mense van daardie tyd.
Let us honour and thank all those who painstaking built this university from very humble beginnings, from the first fragments and embrio of a university – through a hundred years of various wars, of the struggle, of poverty, of bad times but also good times.
In elke dekade, in elke een van die honderd jaar, is hierdie instelling gebou deur die harde werk, idealisme en verbintenis (“commitment”) van leiers, akademiese personeel, steundienspersoneel, dienswerkers. Laat ons hulle eer en dank.
Let us honour the spirit of commitment and ‘vasbyt’, of ‘never let go’, the determination to overcome obstacles, of timely and pre-emptive adjustment to new challenges and new needs, which made that possible.
Kom ons vier en eer die duisende studente wat in die 100 jaar hier was, wat die spesiale tradisies en spesiale gees geskep het van Kovsiekampus, van Kovsie studentelewe – en wat gedurig nuwe tradisies en gebruike geskep (en gepleeg) het, soos net studente dit kan doen.
Let us celebrate the way this University has, in the last 20 years, once again taken up the challenge of transformation and adjusting to new needs, serving all the people, especially those most in need at this time of our history – thereby closing the circle, going fully “from post Anglo-Boer War to Post-Apartheid”.
Kom ons vier, en wees innig dankbaar vir, die wyse waarop hierdie Universiteit in die laaste 5 jaar gedraai het, finansieel sowel as akademies, en die wonderlike periode van akademiese groei en ontwikkeling en verdieping waarin ons nou staan – tesame met die geleenthede wat QwaQwa en Vista Bfn vir ons bied. Hierdie voorspoed sien ons in die nuwe fisiese aangesig van die kampus, insluitend hierdie wonderlike Eeufeeskompleks.
Let us thank God, the Almighty, who has guided this university through a tumultuous century, for always being there for us, for blessing us in so many ways. In Deo Sapientiae Lux
* * *
So: vanaand is ons hier om erkenning te gee en dankie te sê…
Soveel mense het veel vroeër hul fondament-leggende bydraes gelewer, en alles wat ons vandag hier sien, moontlik gemaak. Selfs mense uit meer onlangse jare is reeds oorlede – enkeles terwyl hulle nog in diens van die UV was, ander na hul aftrede.
‘n Bepaalde groep was bevoorreg en geseend om in die laaste ongeveer 30 jaar by die UV betrokke te kon wees, én om vandag nog in die lewe te wees. Dit is van hulle wat vanaand hier is, en wat vanaand Eeufeesmedaljes ontvang.
Geweldige moeite is gedoen om hierdie proses van seleksie en keuring so billik en deeglik as moontlik te doen. Uiteraard is so ‘n proses nie volmaak nie en sal almal nie saamstem met die uitkomste van die proses nie. Groot moeite is egter gedoen in hierdie fase om mense nie verkeerdelik uit te laat uit of in te sluit in die toekenningslys nie, in volle bewustheid dat daar waarskynlik steeds foute gemaak sal word. Onvermydelik sal daar foute wees, of mense wat uitgelaat is. Ons vra daarvoor nederig om verskoning en begrip.
Billikheid, so ‘n belangrike rigsnoer vir hierdie Universiteit, veral in hierdie tye, lei ons ook dat ons oë oop is vir die bydraes vir mense uit alle afdelings van die Universiteit, wat lei tot ‘n bepaalde balans tussen fakulteite, tussen fakulteite en steundienste, tussen poskategorieë, tussen geslag en ras, en individue soveel as mense in spanverband.
In Deo Sapientiae Lux
God bless this university / Modimo o thlonolofatse yunivesithi ena
Khotso Pula Nala