Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
11 June 2021 | Story Rulanzen Martin | Photo Courtesy of artists and the Johannes Stegmann Gallery.

Liminality is an exhibition of first-, second- and third-year student’s work in the Department of Fine Arts at the University of the Free State (UFS). The works are from 2019 and 2020. Created during the hard lockdown of 2020, the artworks provide a glimpse of what students had to deal with and overcome during these times.
 
In a proposal for the exhibition, Angela de Jesus, Curator of the UFS Art Galleries, wrote: “The subtitle of the exhibition is ‘threshold, transition, transformation’ and it refers to the creative processes that students engaged with in these adverse circumstances resulting in a wide array of artworks in both traditional and adapted mediums.”

The exhibition speaks to our shared experiences of insecurity, fragility, and discord, and to the resourcefulness and immutability of creative expression.

The virtual exhibition runs until 2 July 2021.

The exhibition is also currently available for viewing at the Johannes Stegmann Art Gallery, Sasol Library, UFS Bloemfontein Campus. Monday - Friday  09:00 - 16:00.


News Archive

Krieket - Kovsies klop SUT
2005-01-31

Johan de Jager - Volksblad OFSKOON die spanne nie op volsterkte was nie, was die superligawedstryd tussen die Universteit van die Vrystaat (UV) en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat (SUT), Saterdag op Tokkiepark in Bloemfontein 'n toonbeeld van goeie klubkrieket. Die Kovsies het hul onoorwonne rekord behou toe hulle met ses paaltjies geseëvier het. Hulle het die wenteiken van 233 lopies in die 48ste boulbeurt oortref. Die voormalige kaptein Gerald Fourie (95 nun) het die aanslag gelei, terwyl die wenspan se Ryan McLaren (2/46 en 46) 'n veelsydige vertoning gelewer het. McLaren het hom op 'n driekuns bevind toe hy die laaste twee paaltjies ingeoes en toe byna 'n vyftigtal gemoker het. Die tuisspan het goed begin. Hy het egter ses paaltjies in die laaste tien boulbeurte verloor. Die Kovsies het mooi herstel nadat hulle 24/2 gehad het. Die tuisspan se Dewald Pretorius het met 2/11 ná agt boulbeurte gespog . Die wedstryd op CBCOB se veld tussen die tuisspan en SUT II is ná 'n ruk se spel aanvanklik afgelas omdat toestande as te gevaarlik bestempel is, maar is later die middag hervat en oor 25 boulbeurte aan 'n kant beslis . SUT II is vir 82 lopies uitgehaal, waarna CBCOB die wenlopies behaal het met nog vier paaltjies staande . Schoemanpark was in Mangaung met vyf paaltjies aan die wenkant teen Rocklands, terwyl Polisie sy tweede agtereenvolgende nederlaag in die tweede ronde gely het nadat die Peshawars hom naelskraap met 'n paaltjie op die UV-ovaal geklop het. Die tuisspan se Ferdi Botha (116) se honderdtal het gehelp dat die Peshawars die wedstryd met nog twee aflewerings oor kon wen nadat Polisie vroeër 221/8 aangeteken het. Die beknopte telkaarte is: SUT 232 (I. O'Neill 37, H. von Rauenstein 67, G. Liebenberg 26, G. McLaren 28; C. Deacon 2/47, R. McLaren 2/46, G. Perry 2/29, C. Ingram 2/44); UV 234/4 (R. McLaren 46, G. Fourie 95 nun, C. Linde 27, E. Weirich 27 nun; D. Pretorius 2/29). Kovsies wen met ses paaltjies. SUT II 82 (J. Labuscagne 21, A. van Deventer 16; J. Chemaly 3/11, M. Mashimbyi 2/7, J. Malao 2/19); CBCOB 84/6 (M. Mashimbyi 22, T. van der Westhuizen 21, P. Stander 21; R. Daniël 2/6, R. Wessels 2/17). CBCOB wen met vier paaltjies. Rocklands 107 (D. Makopanele 22); Schoemanpark 108/5 (J. Smith 37; N. Sefuthi 2/14). Schoemanpark wen met vyf paaltjies. Polisie 221/8 (W. Nel 86, B. Hector 62; N. de Bruin 4/49, J. Mostert 1/19, R. de Kock 2/50); Peshawars 222/9 (F. Botha 116, J. Mostert 26; W. Thies 3/30, E. van Niekerk 3/43). Peshawars wen met 'n paaltjie.

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept