Latest News Archive

Please select Category, Year, and then Month to display items
Previous Archive
27 March 2023 | Story Valentino Ndaba

This year, the University of the Free State will witness one of its biggest graduation seasons yet. A total of 19 ceremonies will take place this April. The Qwaqwa Campus will host four ceremonies from 14 to 15 April and the Bloemfontein Campus will host fifteen celebrations from 18 to 22 April 2023. 

A grand total of 8 628 graduates will walk across the stage throughout the seven days. In addition, four honorary doctorates will also be conferred. Prof Stephen Brown will be awarded the Council Medal, Prof Mattheus Lötter is to receive the Chancellor's Medal.

Qwaqwa Campus Graduation Ceremonies

 

 

Bloemfontein and South Campus Graduation Ceremonies

For more information on guides and attires, click here.

Download the graduation schedule here.

News Archive

Media: Moshoeshoe-lesing waardevol
2006-05-29



Hoofartikel
29 Mei 2006

 

Waardevolle lesing

DIE eerste koning Moshoeshoe-gedenklesing van die Universiteit van die Vrystaat het sommer met die intrapslag prikkelende gedagtes opgelewer en wys dat dit ’n paslike en nuttige manier is om ook die bydraes van swart leiers in Afrika te eer.

Terselfdertyd verskaf die eerste gedenklesing wat deur prof. Njabulo Ndebele, vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad gelewer is, diep stof tot nadenke en debat.

Die gedenklesing kom juis terwyl al hoe meer wenkbroue gelig word oor die skepping van ’n ander forum, die Native Club, waarvan wit Afrikane uitgesluit word.

Dis die geesteskind van mnr. Titus Mafolo, politieke raadgewer van pres. Thabo Mbeki, en die doel daarvan is om ’n forum te verskaf vir Afrika-intelligentsia.

In teenstelling met die ras-eksklusiewe Native Club wat ’n ongelukkige teruggryp is na rasgegronde instellings onder die apartheidsbewind, het prof. Ndebele in die gees van die inklusiewe leierskap van koning Moshoeshoe van Lesotho die gedenklesing opgedra aan al dié mense in Suid-Afrika en elders wat die moed het om hul oorwoë mening uit te druk oor belangrike sake wat die samelewing in die gestig staar.

Hy het tereg bygevoeg dié lesing kom op ’n kritieke punt in Suid-Afrika se nuwe demokrasie.
Prof. Ndebele het daarop gewys dat koning Moshoeshoe – Lesotho het onder sy leierskap mense van verskeie dele van die subkontinent gelok – kon bewys dat verskeidenheid ’n bindende eienskap kan wees.
Jy bereik die grootste eenheid tussen onderskeidende entiteite waar jy relatief vrye ruimte aan hulle gee om hul eiesoortige kenmerke na vore te bring.

Prof. Ndebele het ook opgemerk ’n toenemende aantal hoogs intelligente, sensitiewe en toegewyde Suid-Afrikaners oor die klas-, ras- en kulturele spektrum heen, bely dat hulle soos nooit tevore nie, onseker en kwesbaar voel sedert 1994.

Hierdie koerant spreek ter aansluiting hierby die wens uit dat die ANC-regeringsalliansie sal toesien dat wie ook al die leiding vorentoe in dié alliansie oorneem, ook daardie saambindende eienskappe moet besit wat koning Moshoeshoe gehad het. En wat hy gebruik het om sy land uit te bou en te verenig.

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful. To better understand how they are used, read more about the UFS cookie policy. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept