Kovsies onoorwonne in tennis
2004-12-02

DIE mans- en vrouetennisspanne van die Universiteit van die Vrystaat het hul groepwedstryde gister onoorwonne afgesluit.

Die Kovsie-mans het die Randse Afrikaanse Universiteit 4-3 in sy laaste groepwedstryd geklop, terwyl die vroue met dieselfde telling oor Pukke geseëvier het.

Die wedstryde wat Maandagmiddag weens reën nie voltooi kon word nie, is ook gistermid dag afgehandel.

Die UV-mans het TUT toe met 4-3 geklop, terwyl die vroue hul wedstryd teen die Universiteit van Kaapstad 4-3 gewen het.

In vandag se halfeindrondes van die A-afdeling (mans) kom Kovsies teen Maties en Tukkies teen RAU te staan, en in die vroue-afdeling pak Kovsies vir RAU, terwyl Tukkies en die Pukke sake sal uitspook.


FACULTY CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Neliswa Emeni-Tientcheu: +27 51 401 2536
Phyllis Masilo: +27 51 401 9683

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept