Seminar on trust law
2008-10-16

 

Die Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs ‘n seminaar oor trustreg aangebied. Die aanbieder was prof. Willie van der Westhuizen, hoof van die Trustreg- en Boedelbeplanningsafdeling van die George- en Kaapstadkantore van Millers Ing. Prof. van der Westhuizen het gefokus op holistiese boedelbeplanning en die vermyding van slaggate in trustaktes. Die seminaar is bygewoon deur vyftig mense bestaande uit prokureurs, advokate, akademici, besigheidsmanne, dokters en studente. Die sentrum beoog soortgelyke seminare in die toekoms. Hier is, van links voor: adv. Bradley Smith, Departement Privaatreg aan die UV, mnr. Pieter Brits, Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die UV; agter: mnr. Kenneth Mould, Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die UV, mnr. Louis van Vuuren, BOE Bank en hoofborg van die seminaar, prof. Van der Westhuizen, en mnr. James Faber, Sentrum vir Boedelbeplanningsreg aan die UV.
Foto: Stephen Collett


FACULTY CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Neliswa Emeni-Tientcheu: +27 51 401 2536
Phyllis Masilo: +27 51 401 9683

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept