Dr Louis Holtzhausen (foto regs) en mnr Jacques Nienaber (foto links) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is onlangs gekies as onderskeidelik spandokter en fisioterapeut van die Suid-Afrikaanse rugby A-span.
Benewens bogenoemde is dr Holtzhausen ook onlangs gekies om as spandokter van die CATS se Super 12 Streekspan op te tree. Mnr Nienaber is vir 'n geruime tyd al die fisioterapeut van dieselfde span.
Dr Holtzhausen is die direkteur van Kovsiegesondheid en hoof van die UV se Sportgeneeskundekliniek en mnr Nienaber is 'n fisioterapeut aan die UV.
Mediaverklaring
Uitgereik deur: Lacea Loader
Mediaverteenwoordiger
Tel: (051) 401-2584
Sel: 083 645 2454
E-pos: loaderl.stg@mail.uovs.ac.za
22 Oktober 2004