Lank nadat paddavissies begin kwaak het
die maan begin gaap het
en wind die pampoene van die dak afgerol het
sal ons só bly sit
(knie teen knie)
in die draadstoele in die tuin
en besef:
die sitkamer is leeg van al die rondstaan
en die vlekkie op jou voorkop
is nes ‘n vlekkie op die maan.

Maar ek besef
al is die liggies daarbo
doodgebore
voel ek hiér tuis
en met die gat in die osoonlaag
is die aarde net ‘n glorified sterretjieskombuis.


CONTACT

T: +27 51 401 2240 or humanities@ufs.ac.za

Postgraduate:
Marizanne Cloete: +27 51 401 2592

Undergraduate:
Katlego Mabulana: +27 51 401 2495
Juanita Hlongwane: +27 51 401 3269

Humanities photo next to contact block

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept