Years
2019 2018
OSM Wind Bands Gala Concert
2018-04-14

14 April 2018

Odeion

18:00

The Odeion School of Music (OSM) will present the OSM Wind Bands Gala Concert at the Odeion Auditorium on Saturday 14 April as a culmination of their Wind Bands Festival and Conductor’s Workshop. The Free State Youth Wind Ensemble, conducted by main workshop presenter Gerben Grooten, will première Noel Stockton’s Marche Amusant as the concert overture. Thereafter each conductor will have the opportunity to conduct their specific works. The conductors include Anton Esterhuyse, Hatting Davel, Itumeleng Pooe, Joseph Carlo, Joseph Moilwa, Joas Erasmus, Heinrich Lategan, Eslon Hindundu, Tuhafeni Michael and Renier de Bruin.

Some of the works that will be conducted include Majestia (James Swearingen), Ammerland (Jacob De Haan), Whirlwind (James Curnow), March from the Second Suite in F (Gustav Holst), Acclamations (Ed Huckeby), and Sinatra in Concert (Jerry Nowak). After interval, the Johannesburg Youth Wind Band, under the baton of Etienne Mecloen, will thrill audiences with The Light Eternal (Swearingen), Dam Busters March (Eric Coates), Florentiner March (Julius Fucik) and The Mask of Zorro (James Horner).

ADMISSION: R50

Tickets available at Computicket, at the doors or online at http://online.computicket.com/web/

ENQUIRIES

Ninette Pretorius (tel. 051 401 2504)


Back
Die Seemeeu

Produksie: Die Seemeeu
Dramaturg: Anton Tsjechow
Vertaler: Andre P Brink
Regisseur: Gerben Kamper
Venue: Wynand Moutonteater
Datum: 17-20 Maart 2009
Tyd: 19:30
Besprekings: Computicket (Mimosa Mall en Checkers)

 

“Laat alles op die verhoog net so ingewikkeld wees, en tegelyk net so eenvoudig as in die lewe. Mense is besig om te eet, bloot te eet, maar op daardie oomblik word hulle geluk gevorm, of hul lewens word verpletter” (Anton Tsjechow).

Die Universiteit van die Vrystaat se tweede jaars by die Drama departement bring ‘n besondere produksie op die planke onder leiding van Gerben Kamper. Die Seemeeu deur Anton Tsjechow word beskou as een van sy beste toneelstukke en word vanaf die 17de tot die 20ste Maart 2009 in die Wynand Mouton Teater opgevoer. Hierdie is een van die drie realisme toneelstukke wat deel vorm van die module produksies wat die departement terug gebring het.

Anton Tsjechow, 1860 – 1904, het, volgens André P. Brink wat die Afrikaanse vertaling van Die Seemeeu behartig het, vier van die teaterwêreld se grootste stukke geskryf: Die Seemeeu, Oom Wanja, Die drie susters en Die kersieboord. Tsjechow het met hierdie stukke die hoogtepunt in die Naturalistiese - en Impressionistieseteater bereik. Alhoewel Die Seemeeu met die openingsaand in Sint Petersburg in 1896 hopeloos misluk het, was dit wel ‘n reuse sukses twee jaar later toe die Moskouse Kunsteater dit op die planke gebring het. Die mislukking van die eerste opvoering van die stuk het ‘n knou toegedien aan Tsjechow se skrywersdrif en hy het maar min geskryf hierna.

In Die Seemeeu, ‘n komedie, is daar skrywers, aktrises, die dood en hope onbeantwoorde liefde. Om ‘n rowwe idee te gee: Nina, ‘n jong aspirerende aktrise, is verlief op Trigorin, ‘n bekende skrywer, terwyl Trepliow, die seun van die groot aktrise Madame Arkadina, verlief is op Nina. Trigorin, op sy beurt het ‘n verhouding met Arkadina. Tussendeur is daar dan ook Sorin, broer van Arkadina en ook die eienaar van die landgoed waar die handeling plaasvind. Sy voorman, Sjamrajew, se vrou, Polina, het ‘n buite-egtelike verhouding.

Een van die ander, sal ons sê temas, wat in die stuk voorkom is die vernuwing in teater. Waar Arkadina se generasie net gefokus het net op die voorkoms van die opvoering en die oor wat gesê word nie, wil Trepliow dit so verander dat daar gefokus word op die betekenis van dit wat oorgedra word. As gevolg hiervan kry Arkadina en Trepliow stry.

Die rolverdeling vir Die Seemeeu is as volg:

Irina Nikolajewna Arkadina - Edelweiss Bester
Konstantin Gawrilowitsj Treplew - Drikus Saayman
Pjotr Nikolajewitsj Sorin - Quintus Aslett
Nina Mikhailowna Zaretsjnaja - Sanli Jooste
Ilja Afanasjewitsj Sjamrajew - Brandon Hewetson
Paulina Andrejewna - Corma Steyn
Masja - Mieke du Plessis
Boris Alexejewitsj Trigorin - Caval Goodyear
Jewgeni Sergejewitsj Dorn - Frantz Birkholtz
Semjon Semjonowitsj Medwedenko - Frans Fourie
Jakow - Makara Makara
Kok - Kgomotso Lebakeng
Huisbediende - Lerato Chipfupa

Kaartjies vir Die Seemeeu is beskikbaar by Computicket en is R25 – R30.
 

We use cookies to make interactions with our websites and services easy and meaningful, to better understand how they are used and to tailor advertising. You can read more and make your cookie choices here. By continuing to use this site you are giving us your consent to do this.

Accept